Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Baie sterkte vir almal en 'n…
Baie sterkte vir almal en 'n spoedige herstel word vir Len toegewens.
Ek wonder of Wessel reg kom…
Ek wonder of Wessel reg kom met sy reis na Pretoria vandag, en of die stakings wel plaas vind?
Afspraak eers....
More vriende
....om 11hoo, dus gaan ons eers om 9h45 in pad val. Volgens radio nuus is daar geen betogings amptelik, maar daar is wel gebeurlikheidsplanne in plek.
Dus, ons gaan maar ry in goeie geloof.
Len se op terugvoering ...
Ek het vanoggend net na 06h00 dié boodskap van Sarinda gekry.
Goeie more. Die operasie was net na 22h00 gisteraand klaar. Die dr was baie tevrede en als het goed verloop. My ma en Lennie kon my pa darem vir n paar minute sien. My ma het eers 23h30 by die huis gekom, en was stokflou. Het haar gesê om vanoggend bietjie later te lê. Ek en Philip sal net na 8h my pa besoek en sal later bietjie meer inligting kan gee. Baie dankie vir almal se gebede en boodskappe.🙏
Wessel ...
....om 11hoo, dus gaan ons eers om 9h45 in pad val. Volgens radio nuus is daar geen betogings amptelik, maar daar is wel gebeurlikheidsplanne in plek.
Dus, ons gaan maar ry in goeie geloof.
Sterkte daar 🙏
Len se op terugvoering ...
Het 11:07 dié boodskap van sy dogter gekry, dit is goeie nuus. 🙏
Goeie more. My pa lyk heel goed vanoggend en het geen pyn. Die dr het n groterige deel verwyder maar kon wel die laaste deel van die kolon behou, wat infeksie vry was. Die klein deel van die kolon wat agter gebly het, is meer as wat die dr verwag het en het hom in staat gestel om 'n goeie lasplek te maak met die dunderm. Die deel wat weggesny is, is soos per normale prosedure, weggestuur vir n biopsie. My ma rus nog vanoggend en sal eers later vanmiddag weer hospitaal toe gaan. Lekker dag vir almal.
Uitstekende nuus
Middag my ou Herfsblaar vriend, dit is nou rerig goeie nuus. Nou moet jy net vinnig gesond word.
Doekvoet
Middag vriende
Ons het toe geen taxi probleme gehad nie. Veilig uit en tuis. Dokter is baie tevrede, maar wil my weer volgende Vrydag sien, voordat hy groenlig gee vir my uittog Hermanus toe. Ek is 90% oortuig dat dit gaan gebeur.
Beterhelfte het reeds 'n pantoffel opgedollie om dit doekvoet vriendelik te maak. Die bokant is weggesny sodat dit nie die nuwe vel sal afskaaf nie. Dan het sy met velgro 'n "strap' gemaak om die ding aan die voet te hou.
Ek is oortuig dat met daai pantaffel, en Grompie se spoedbeheer, 'n 10-skild Van Dykmat, afgerond met dun spons onder die pedale, ek instaat sal wees om my speelgoed terug te bring.
Finale reelings, vlugbesprekings sal gemaak word nadat ek die arts gesien het. Hy lag te lekker, want hy weet my blaker juk om dit te gaan haal.
Dit is goed om te hoor dat…
Dit is goed om te hoor dat daar ook goeie vordering met jou herstelproses is Wessel.
Geduld is die wagwoord vir alle prosedures, maar as die dokter die groenlig gee is daar seker niks wat jou keer om jou "speelgoed" te gaan haal nie. Ek kan net dink die jeuk is al redelik erg!
Gelukkig was daar vandag toe geen probleme nie, maar net die blote gedagte dat dit dalk enige oomblik kan gebeur jaag my stresvlakke en moermeter sommer diep in die rooi.
Doekvoet ...
Wessel, dit goeie nuus, glo als sal goed gaan volgende Vrydag 🙏
Sterkte met die herstel.
Len se op terugvoering ...
Het nou 19:10 die boodskap gekry. 🙏👍
Goeienaand. Ek kom nou net van my pa af. Hy lyk heel goed. Hy het egter nogal pyn vandag. Hulle is besig om die epiduraal te verminder en beplan om dit more uit te haal. Hy gaan moontlik Maandag na die gewone saal toe. Hy slaap net sleg want dis maar lawaaierig in die ICU. Maar onder die omstandighede gaan dit goed en is ons dankbaar dat sy herstel sover vlot verloop. Lekker aand. Groete Sarinda
Len se op terugvoering ...
Het nou 19:40 die boodskap van sy dogter gekry.
Goeienaand. Ek was nou net by die hospitaal. My pa lyk nie vandag so goed soos gister nie. Hy het geweldig sooibrand en maagpyn gehad. Die dr het sy maag laat leegpomp wat dadelik verligting gebring het. Die buis deur sy neus bly nou vir eers daar om sy maag leeg te hou. Hulle het ook vanmiddag die epiduraal verwyder so hy het maar pyn, maar dis onder beheer. Hulle hou n ook 'n ogie oor sy bloeddruk wat baie hoog is, maar blykbaar te verwagte is agv al die pynmeds. Hy is maar stokflou want hy kry nie geslaap nie - gisteraand was die ICU stiller maar die pyn het hom wakker gehou. Ons glo egter dit sal more weer beter gaan. Lekker aand.
Ek het ook probeer bel…
Ek het ook probeer bel gister, maar Anetjie hulle was te besig. Die boodskap wat ek ook gekry is is dieselfde as hier bo en dat hulle almal groete stuur. Van ons kant af ook baie sterkte daar met Len se aansterk en almal se ondersteuning.
Dankie vir al die inligting…
Dankie vir al die inligting en plaasing daarvan om ons op hoogte te hou, waardeer dit.
🙏🙏
inligting
Baie dankie Willem vir die terugvoering van ons lid in die hospitaal. Ek is seker dit kan van hier af net beter gaan. Mens vat mos maar 'n "dip" na so operasie maar dan begin die herstel met mening. Sterkte Len.
Wessel, ons is bly dat dit ook met jou beter gaan en ons hou duim vas dat jou planne uitwerk vir die naweek wat kom. Die wa kan nie wag nie. Hy is lus vir die langpad. Ons praat later om finale reelings te tref.
Dankie vir die op hoogte hou…
Dankie vir die op hoogte hou Willem, bly dat Len se operasie goed afgeloop het. My skoonma (nou in haar 80's, maar een van daai kwaai susters gewees met 'n handvol balkies op haar skouers), reken altyd dat die 3de dag na 'n groot operasie altyd die ergste is, dis wanneer die liggaam besef dat iemand nou ernstig daarmee gekarring het! Daarna gaan dit gewoonlik dag vir dag beter, glo dat dit nou elke dag beter met Len gaan.
Daai derde dag is die ergtse…
Daai derde dag is die ergtse, nou gaan Len begin beter word!!
Len se op terugvoering ...
Nou 20:05 dié boodskap gekry van sy dogter.
Goeienaand. My pa het vandag maar weer n swaar dag gehad. Hy het baie pyn, nog steeds hoë bloeddruk en nog steeds die pyp deur die neus wat sy maag leeg pomp. Sy dr en internis het hom ondersoek en besluit dat hy nog in ICU moet bly. Hulle versorg hom darem mooi en die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Ons hoop maar dat hy van more af gemakliker sal wees. Lekker aand.
Dankie Willem. Sterkte vir…
Dankie Willem.
Sterkte vir Len, ons bid dat hy vandag begin beter word.
Wessel; ook jou voet (nie in 'n visblik nie) wees maar rustig en doen wat die dokter sê, dan behoort jy gou weer op die voet (been) te wees.





Baie dankie Willem, sterkte…
Baie dankie Willem, sterkte Annatjie en kinders, hy is in goeie hande.🙏