Na 30 oproepe en bietjie meer as 20 minute se aanhou is ons plek vir 15 tot 22 Mei 2023 by Onder Sabie bespreek. Ek het vanoggend letterlik 30 keer gebel voordat ek einde laaste kon deurkom. Elke keer sê die stem net dat die persoon wat ek geskakel het nie beskikbaar is nie, en die oproep word beëindig. Toe ek eindelik een stappie vorder en musiek kon luister het ek maar aangehou totdat ek met n regte mens kon praat wat my flink gehelp het.
In die verlede het ek ons besprekings deur Reservation House gedoen en altyd baie goeie diens van hulle gekry. Ongelukkig is hulle kontrak beëindig en moes ek maar Sanparke se kantore in Groenkloof / Muckleneuk direk skakel vir die bespreking. Verstaanbaar was hulle oorval met oproepe aangesien aanlyn besprekings vir Mei 2023 eers van more af gedoen kan word.
Vanjaar was die eerste keer wat ons by Onder Sabie gekamp het en dit was heel aangenaam. Baie mense kla oor die kleiner staanplekke, maar ek verkies dit bo Skukuza se staanplekke aangesien dit duidelik afgemerk is. Ons het eintlik n baie lekker staanplek gehad en sal enige tyd weer daar staan.
Daar is ook meer as genoeg paaie en roetes om te ry en n lekker ontbyt by Mugg & Bean is beslis weer op die spyskaart.
Nog “net” 348 dae oor………
Pieterc, baie bly vir julle,…
Pieterc, baie bly vir julle, voor jy jou uit vee is die tyd op jou. Geniet die beplanning en lekker afwagting.
Besprekings agente
Eerstens veels geluk met julle bespreking. Die aanhouer wen, letterlik en figuurlik in die geval. Geniet die vooruitsig.
Besprekings het verlede jaar oopgemaak op die dag wat ons by Orpen uit is, en ek kon by die hek maklik kry wat ek wou hê vir die jaar (7 aande Shingwedzi en 5 aande Tsendze). Dit nadat Kruger Lowveld Tourism (Trudie en kie) en Ezibookings my in kennis gestel het dat hulle nie meer soos vantevore ‘n dag voor besprekings oopmaak vir hulle kliente kon bespreek nie, maar soos die res van ons moet sukkel op die dag wat dit oopmaak. Ek glo dit geld vir al die agente.
Ek het in elk geval min of meer vrede gemaak daarmee dat ons nie volgende jaar Kruger wildtuin toe sal gaan nie. Dit het net te duur geraak vir ons wat so ver daarvandaan woon. Ek kon nog nie ons bespreking in Kgalagadi aan die Botswana kant vasmaak vir April nie, want goeie vriende wou saam na ons hulle vertel het daarvan en die bespreking moet eers gewysig word. Die agent in Botswana verseker my dat die bespreking nie gekanselleer sal word voor dit gewysig is nie, so ons leef in hoop.
Ons het ook...............
............soos Pieter-hulle baie lekker by Ondersabie gestaan (toevallig langs Pieter), maar ook heerlik by Berg-en-Dal en Pretroriuskop, behalwe vir die baie lastige blouape by Pretoriuskop. Dis die eerste jaar dat ek in Junie nog nie ons bespreking vir die volgende jaar Meimaand vasgemaak het nie. Dit sal maar noodgedwonge moet wag (miskien iewers 'n kansellasie) totdat my gesondheid dit toelaat. Nietemin, ek geniet dit om te lees hoe almal oor hulle voete te val om volgende jaar se wildtuine-besprekings in plek te plaas.
Kruger Wildtuin 2023 ...
Sal maar wag en kyk hoe loop ons week by Letaba met die petrol prys saam en dan besluit oor 2023.
Beskikbaarheid - Mei 2023
Ek kyk gisteroggend na die SANParks webblad en sien dat alle kampe, selfs die gewildes soos Onder-Sabie, Krokodilbrug, Balule en Satara, het nog etlike staanplekke beskikbaar. Sou ek 'n bespreking vir 5 nagte per kamp wil maak vir die hele gryskop-afslagtyd in Mei 2023, kan ek by almal geholpe raak.
Wys dit dalk vir my dat mense traag is om wildtuinbesprekings te maak in 'n tyd wat gewoonlik baie populêr is onder gryskoppe? Indien wel, speel brandstofkostes en ander faktore seker maar 'n groot rol.
Ek wik en weeg om te bespreek, maar kon myself nog nie oortuig om die die langpad uit die Boland tot daar te vat nie.
Kruger 2023. Ons hou…
Kruger 2023.
Ons hou daarvan om einde April begin Mei in die Kruger te wees maar omdat Elmarie aftree einde Mei 2023 moet ons nou maar ons datums aanpas.
Ons beplan om dan die hele land plat te reis maar het nog niks vasgemaak nie. Tyd sal ons leer waar ons gaan wees en beplanning sal maar rondom klimaat en brandstofkoste wees. Ons hou nie van koud kry nie sal warm dele vir die winter kies.
Wik en weeg ....
Môre Chris
Ek wik en weeg ook nog, ek hoop om van SANPARKE te hoor oor my R5000 bespreking van hierdie maand, wat nie plaasvind nie. Sodra ek duidelikheid het oor my toekoms, voet en gesondheidsgewys, sal ek weer begin dink aan besprekings.
Ek neem kennis van die Mei gedagte en gryskop [doekvoet] afslag.
Gryskop afslag
Ek het al ‘n hele paar jaar ‘n gryskop; kan ek ook afslag kry?
Chris Wildehont ...
... jy sal in ieder geval eers moet wag totdat daai twee kleingoed klaar is met skool (of begin "home schooling" doen), want ongelukkig is die gryskop-afslagtyd buite skoolvakansies. Dit is egter deur en deur 'n "bargain" om 'n gryskop te wees.
Terloops - ek kyk gou net-nou na verblyfopsies by Ebb & Flow gedurende Okt/Nov se afslagvenster. Gedurende daardie tydperk word daar ook 40% afslag aangebied op die "Log Cabins". Maar 10 nagte met my karavaan gaan my steeds bietjie minder kos as 5 mid-week nagte in 'n "Log Cabin". Ek oorweeg dus sterk om gedurende Nov vir 10 nagte met die wa te gaan kuier. R330 per nag vir 4 van die 10 nagte en R198 per nag vir die ander 6 nagte.
Ek is vas.........
..............oortuig dat die trae bespreking-tendens in die Kruger Wildtuin het te make met die geweldige brandstofkoste, veral vir diegene wat ver moet reis en 'n pensioenaris is.
Dubbele bespreking - Mei 2023
Ek het gesien dat daar nog redelik plek beskikbaar is, en glo ook dit is as gevolg van die huidige hoë brandstofpryse asook onsekerheid oor toekomstige pryse en die algemene ekonomie.
Ek het op 31 Mei n e-pos versoek aan SANParks gestuur met my datums by Onder-Sabie maar ook op die 1ste Junie gebel en reggekom soos hierbo genoem. Twee dae later kry ek toe ook bevestiging van my e-pos versoek - dus sit ek nou met 2 identiese besprekings. Een van my kollegas stel belang om die een bespreking by my oor te vat aangesien hulle nog nooit in die Wildtuin was nie en dink dat dit dalk n goeie plan is as ons saam gaan.
My heelwat jonger as ek vroutjie word volgende jaar 50 en praat van n bootvaart vir die spesiale geleentheid, so daar is dalk n moontlikheid dat ons ook die ander bespreking gaan opgee. Ek het darem my kollega van die moontlikheid ingelig en ons het dus nog n week of twee om te besluit wat ons gaan doen voordat die bespreking met n betaling bevestig moet word. Indien ons wel Wildtuin toe gaan kan ek dalk n aanlyn bespreking doen aangesien daar ook bietjie afslag is op aanlyn besprekings. Welliswaar nie soveel as vir die gryskoppe nie, maar elke bietjie help.
Ek het al ‘n hele paar jaar ‘n gryskop; kan ek ook afslag kry?
Chris - my baas het al vir my gesê dat ek oud genoeg lyk vir pensioen maar hulle ongelukkig die ID gebruik vir pensioen doeleindens.... ek dink dit werk ook so vir SANPARKE se afslag tariewe.
'n Bootvaart.......
'n Bootvaart eerder as 'n Wildtuinvakansie ???? Ag nee, ai die "jong" mense van vandag !!
'n Bootvaart eerder as 'n…
'n Bootvaart eerder as 'n Wildtuinvakansie ???? Ag nee, ai die "jong" mense van vandag !!
Ek stem saam Oom Len, maar aangesien sy nou darem al 2 jaar in n ry ingestem het vir n Wildtuinvakansie sal ek maar die opoffering maak, of dalk is ek gelukkig en kan ons altwee doen. Ons dogter en haar man bly mos in Nelspruit en ons kan sekerlik maar n aand of twee in die Wildtuin gaan oorslaap as ons by hulle gaan kuier.
Gryskop afslag
want ongelukkig is die gryskop-afslagtyd buite skoolvakansies
Darem erg dat ouers so gestraf word. Asof kinders grootmaak nie duur genoeg is nie. As ons Kgalagadi bespreking by Polentswa en Rooiputs vir April 2023 bevestig word (die wiele draai baie stadig in Botswana, ek wag nog vir die gewysigde bespreking met ons vriende bygevoeg) slaan ons volgende jaar Kruger oor.
Chris, dit is nie altemit…
Chris, dit is nie altemit nie, maar dan is daar ook nog oupas en oumas (soos ek en my vroutjie) wat juis ter wille van ons kleinkinders hulle so graag vakansie tye wil weg vat vir 'n weg kom kansie.
Darem erg dat ouers so gestraf word. Asof kinders grootmaak nie duur genoeg is nie.
My dogter se inkomste en ook die polisie laat haar nie in staat om bv Desembers weg te gaan nie.
Ons vat daarom gereeld die kleinspan net na die end eksamens, voor die duur tyd inskop, bietjie weg.
Flinke diens van SANParks
Ons het gisteroggend 8 uur n e-pos gestuur en versoek dat die dubbele bespreking na my kollega oorgedra word.
Voor 12 uur kry ons bevestiging dat hulle geregistreer is met n kliente nommer en die bespreking oorgedra is op hulle naam.
Baie goeie diens - nie alles is altyd sleg nie!
Snorkels in plaas van verkykers?
Dit is goeie diens van SANPARKE. Nou moet hulle net 800l diesel insluit by die verblyf se prys, dan bespreek ek weer vir volgende Julie.
Beteken die oordrag dat julle gaan bootvaart ipv wildrit? As dit is wat mamma graag wil hê verstaan ek die keuse. Happy wife, happy life.
Snorkels in plaas van verkykers?
Skerp.. ![]()
Nog nie finaal besluit nie Chris. Hierdie was net die dubbele bespreking wat oorgedra is en het ons nog die ander bespreking waarvan die 50% deposito teen 30 Junie betaal wees om dit te behou. Ons het dus darem nog n paar dae om finaal te besluit.
Pieter ...
Nog nie finaal besluit nie Chris. Hierdie was net die dubbele bespreking wat oorgedra is en het ons nog die ander bespreking waarvan die 50% deposito teen 30 Junie betaal wees om dit te behou. Ons het dus darem nog n paar dae om finaal te besluit.
Wat was julle besuit keuse ?





PieterC ...
Bly julle is gehelp, nou kom die lekker van die beplanning. 👍👏 Geniet dit.