Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reën November 2026 Rona du Plessis -13 minutes ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -30 minutes ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -1 hour ago
Water November 2026 Geert -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Kampering buiteligte

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

My buitelig lyk soos hieronder.  Dit is 'n 220v lig met 'n lang "flex"-kabel wat ek by die karavaan se buite-kragprop inprop.  Dit pla my nog altyd hierdie 220v kabel wat grond-langs tot by die lig loop. Ek het nou 'n "bee in my bonnet" om hierdie lig om te skakel na 12v.  Die lig self het vir my baie sentimentele waarde en ek gebruik dit al vir meer as 30 jaar tydens kampering  -  ek wil dit dus nie sommer net weggooi en vervang nie.

My plan is om die 220v-prop te vervang met 'n Brad Harrison-prop wat ek by die BH-prop op die wa se A-raam kan inprop.  Ek moet natuurlik nou ook die 220v gloeilamp en gloeilamp-houer vervang met 12v komponente en dit sal bonus wees as ek die ronde ligdop netso kan behou. Waar kry mens soiets ?

'n Voordeel van so 'n omskakeling sal wees dat as ek by Tsendze of Balule kamp waar daar nie krag is nie, gaan ek my buitelig ook daar handig kan gebruik !

Enige voorstelle of kommentaar ?  Wat gebruik jy vir 'n buitelig ?

Ns.  Anton, miskien kan jy ChrisS se visstok-lig gesprek hierheen oordra.

..

 

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 12/09/2022 - 14:32

Oom Len

Hoekom nie kyk na een van die nuwe solar buiteligte wat nou beskikbaar is nie.

Dan is hy koordloos en die sterkte kan gestel word van 25% tot 100 % indien nodig. en die son laai hom verniet

Dit kom met `n afstandbeheer wat dit nog makliker maak Met die druk van `n knoppie kan die aangeskakel word vir 3,5 of 8 ure of dan van sononder tot sonsopkoms. Dan is daar ook lig wanneer daar geen krag is nie.

Groetnis

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 12/09/2022 - 15:23

Dit kom met `n afstandbeheer wat dit nog makliker maak Met die druk van `n knoppie kan die aangeskakel word vir 3,5 of 8 ure of dan van sononder tot sonsopkoms.

Is die goed nie nogals duur nie ?  

Ek moet myne buite almal se batterye vervang, hulle het noe so lank gehou nie.

Al my buite ligte is 12v van die Exclusive se dae maar hulle is almal so van 250mm tor seker so 400mm (sal op die Laptop kyk of ek fotos het)

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/09/2022 - 15:26

....bederf jouself met nuwe tegnologie, ons kampeerders is mos nie sentimentele wesens nie, of hoe.devil

'n Ombouiing gaan meer kos as 'n 12V LED buislig.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 12/09/2022 - 15:57

Al my buite ligte is 12v van die Exclusive se dae maar hulle is almal so van 250mm tor seker so 400mm (sal op die Laptop kyk of ek fotos het)

Dit is waar ek al my ligte vir buite inprop, daar is wel ook een teen die kant van die 3B. (dit is die skakel na die 3B)
1

Ek het gou die twee spaar ligte in die stoor gaan afneem.
1

'n Ombouiing gaan meer kos as 'n 12V LED buislig.

Len, ek weet nie of jy sulke koer 12v buisligte kry nie.  Die wat ek gebruik het is daai strook ligte wat ek binne die ou houers geplak het.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 12/09/2022 - 16:13

Willem, jy kry 12 volt led buis ligte, maar ek vermoed Len wil 'n gewone led gloeilamp hê wat hy kan maak pas in die bestaande houer.

Len, ek glo jy sal kan reg kom met jou ombouing, maar ek twyfel of jy die lig gaan kan benut soos tans. Die 12 volt led gloei lampe skyn swakker en is baie kleiner as die 220 volt ligte.

12v leds
Voorbeeld van 12 v led gloei lampies, jy sal moet kyk na iets wat meer as sê 50 watt is?

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 12/09/2022 - 17:13

Ek is bewus dat Len sy ou lig wil behou maar daar is beter houers en staanders om nou te gebruik met LED's.

Ek het ook 2 sulke ligte wat len gebruik maar dit het ek lankal uit gegooi, 1 spasie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 12/09/2022 - 17:53

...................of ek maar my ou getroue lig moet weggooi.  Ek dink julle het my oortuig om te kyk of daar heeltemal iets anders op die mark is wat my sal tevrede stel.

Ek hou julle op hoogte.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 13/09/2022 - 07:23

.

25w  R350

40w R450

Soos genoem kan gestel word op 25% 50% ens 

084 777 1881

Ek het 6 van die ligte buite wat al meer as 6 maande foutloos werk. Mens kan dalk net `n staander bou vir die lig en paneel wat maklik opslaan en rondskuif

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 13/09/2022 - 07:43

Ek het die 40 w een gekoop werk soos n bom net jammer die kabel vanaf die sonpaneel na lig so kort kort soos die jinies wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/09/2022 - 09:32

ek maar my ou getroue lig moet weggooi

Ek kry toe mos gisteraand 'n Kampforum-boodskap van Dolf du Pisani met 'n uitstekende idee hoe ek my getroue ou lig (foto heel bo) kan omskakel na LED, net mooi die raat wat ek gesoek het.  Ou getroue kamp-liggie, jou lewe is gered.

Ek sal mettertyd hier kom spog wat is gedoen. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/09/2022 - 09:45

Môre Len

Ek sal natuurlik eers daai lampies soos voorgestel deur Johann op 12/09/22 probeer. Dalk is dit heeltemal lig genoeg vir jou doel.

Intussen wag ons om te sien wat jy gaan optower.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/09/2022 - 10:44

Ek is oud genoeg om te onthou toe die enigste LED wat ons geken het gelyk het soos die op die foto hier onder. Wie sou kon dink hulle sou ons wêreld so oorneem!

A

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/09/2022 - 10:54

Lank gelede toe ek my kinders tuisskool onderrig het, het ek 'n elektronika stel met LED's en breekbord gekoop, ook soldeerbout en multimeter. Nodeloos om te noem, nie een het daarin belanggestel nie, ek gebruik nog die multimeter darem 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 16/01/2024 - 17:33

....sedert hierdie idee by my posgevat het.  Die vertraging was agv gesondheidsprobleme en net om te wys ek is nou weer so reg soos 'n roer, het ek hierdie takie aangepak. (Ander ouens hou hulleself besig met die Dakar (en nou sommer ook die F1) en ek berei my voor vir 'n onvergeetlike karavaan-kampering in die Wildtuin.

My ou staatmaker lig het baie sentimentele waarde en ek wil dit nie net weggooi nie.  Ek het die ombouing gedoen teen 'n reuse koste van R40.  Ek het twee strokies LED-liggies op 'n plaatjie gemonteer wat ek in die lighouer vasgeskroef het.  Die koord is voorsien van 'n BH-prop wat ek voor by die A-raam inprop en siedaar, ek het nou 'n baie helder 12V LED lig.

(Die ligstrokies word tydelik in plek gehou deur twee strokies "masking tape) tot tyd en wyl die gom droog geword het)

.

.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus