Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -20 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -44 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -53 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Januarie '23 algemene gesêls

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋🏻 Dagsê, geniet jou dag en jou ☕🫖

Lyk my ek gaan Vrydag 'n nat oppak he volgens die weer.

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/01/2023 - 17:38

Middag vriende

Ons het 'n lekker nat 1ste Januarie op Brits. Dit lyk deur die vêrkyker na meer as 20mm alreeds.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 02/01/2023 - 06:47

Goeie môre vriende, geniet die dag en die week ook sommer net vir die pret daarvan.

Ons is gepak, tasse is met gladwrap toe gedraai (ons het na ons eerste vlug, by Wespak 'n industrial rol gekoop) en lê net en wag vir môre se ry.

Die gewigte was 'n bietjie van 'n gesukkel, jy moet twee tasse elk vat, 1 x maks 14kg en 1 x maks 9 kg. Die twee saam mag nie 23kg oorskry nie.

Nou weet ons mos, dames pak 30kg en ons manne pak 5 kg, plus die geskenke en die versoeke vir SA goedjies wat moet saam.

Die is darem nou uit gesorteer en die tasse is sommer klaar in die kar, net ingeval ma besluit sy pak nog iets.devil

Willem, geniet die laaste week van jou kamp, as jy jou oë te vinnig knip, is die tyd om.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/01/2023 - 07:24

Môre Johan

Julle moet die vakansie en familie geniet.

Plaas net weer julle terugkeer-datum op die forum. Maak maar soos Chris B, en hou kontak met insette gedurende julle vakansie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/01/2023 - 08:18

Môre vriende

Gisteraand verneem dat my jongste ook landuit verhuis. Die firma vir wie sy werk het haar 'n pos in London aangebied. Sy vertrek einde van die maand.

Nou is die ouman sommer lekker bemoerak, al die kinders is dan oorsee. Skielik neem my vakansie beplanning sommer 'n ander wending aan.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 02/01/2023 - 11:04

Kan sie die oord begin leeg loop, tog is daar ander wat in kom.

Ek en Wijan het gesels, miskien Woensdag die rondstaan goed oppak en as dit Donderdag oggend nie reën nie maar die stoep dakkie afslaan en huistoe gaan voor Vrydag se baie reën val.

.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 02/01/2023 - 20:57

Naand Wessel en ander vriende, ons beplan om 5 Februarie terug te wees hier in die land van sonskyn, braai, rugby en Chevrolet.

Ai Wessel, dan weet jy ook mos hoe voel ons om jou kinders so min te sien.

Ek is so dankbaar ons jongste oorweeg dit nie eers om te gaan as ons nie eers daar is nie, sy kan nie (en oupa en ouma ook) langer as 'n enkele paar dae sonder ons twee wees nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/01/2023 - 05:25

Goeie môre Kampforum vriende, geniet jul dag ten volle.

So het ons groot dag ook dan nou aan gebreek, ons vertrek so 16:30 hier en vlieg 22:00 vannaand. Die rede vir die vroeë vertrek is om die kar by die langtermyn parkering te kry en seker te maak alles is reg.

Die kar word by lugvrag onderdak gestoor,  van daar ry ons met hul bussie tot by international vertrek en moet 2.5 uur voor die tyd daar wees. Ongelukkig / gelukkig, is ek iemand wat nie daarvan hou om skere dinge op no 99 te doen nie, ek sit en wag liewer vir 'n uur, as wat ek 5 minute laat is.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 03/01/2023 - 06:14

Willem. As jou tent nog droog is teen Woensdag/Donderdag,  slaan dit op dan kuier jy laaste dag onder gazebo....dis darem maklik om droog te kry tuis

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 03/01/2023 - 07:53

Vanoggend weer geen wolke in die lug nie, lyk of ons gaan braai.

Geert, ja ons het besluit om Woensdag meeste op te pak en die laaste Donderdag oggend en as dit dan nie reën nie nog so bietjie swem voor ons huis toe gaan al is dit eendag vroeg is dit beter as om in die reën die laaste in te pak en te hak.

Julle het mos gister see toe gery ?  Hoe werk die kamera ?

Johann, sterkte met julle lang dag voor julle lank gaan sit.  Ons wag vir terugvoering en foto's wat mens nie op TV of in boeke sien nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/01/2023 - 06:32

Goeie môre vriende

Ek vang my dat ek ook 'n "post" vakansie gevoel ervaar. Mens sou wragtig dink dat ek ook moet terug werk toe. Sielkunde is baie meer deurmekaar as die wetenskap. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 04/01/2023 - 07:03

Goeie môre almal, as ek so lees van almal wat kamp en reis klink dit vir my dit is net ek wat heeldag besig blymet werkies in my shoppe. Maar dit is ook 'n ander lekker. Het nou begin om ons dominie se klein menorah so 'n bietjie mooi te maak. Die menorah het net 'n plat voet stuk gehad en nou maak ek 'n ander een. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/01/2023 - 07:41

Goed om van jou te hoor.

Jy moet baie mooi lees, NIE almal het die afgelope vakansie gekampeer of gereis nie. 

Ek het ook maar so op die forum saam met die bevoorregtes 'n seevakansie geniet, of by Dinakeng uitgehang.

Wat is 'n "menorah", ek lei af dis iets waarby hy staan en preek???

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 06/01/2023 - 06:13

Goeie middag kampforum vriende, ja hier is dit al na 12 die middag,

Elk geval, net vinnig so paar fotos sover, ons gaan nie baie op die net wees nie, die kinders het groot planne gemaak vor ons tyd hier.

Vertrek
Ons vliegtuig net voor ons op is
Vliegtuig
Ausie wolke vanuit die lug gesien 
Vlieg
Eerste blik van die kus
Australia
Perth uit die lug gesien.

Ek sal later, soos ons kans kry, nog plaas.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 06/01/2023 - 08:38

Gister is 'n storm oor, gelukkig het ons die ergste gemis, van my hus het hy van Suid Oos gekom rigting Noord Wes.  Sie Pta. Noord het erg deur geloop.

Vanoggend is dit gedeeltlik bewolk, sal moet wag om die gras te sny want is nog sopnat van gister se reën en die res lyk erg na die 3 weke weg.

👋🏻

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/01/2023 - 08:45

Môre vriende

Daai storm van Pretoria het ons gisteraand bereik. Ek het vanoggend 58mm uit meter gegooi.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 06/01/2023 - 15:17

Ek soek n plek wat "stainless steel" toeknyp rooster maak of verkoop. Dit is die lang maer een wat 3 braai broodjies in n ry kan vat. Ek het 2 van hulle, maar hulle is nie van "stainless steel" nie maar net "geplate".

Ek weet nie of mens sulkes kry nie. Nog nooit gesien nie. Dalk is hier iemand met kennis van hulle. Hulle is baie handig by n braai waar klomp mense n braai rooster deel en jy beperkte spasie het op die vuur.

Dankie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus