👋🏻 Dagsê, geniet jou dag en jou ☕🫖
Lyk my ek gaan Vrydag 'n nat oppak he volgens die weer.
Hi Wessel, die menorah kom…
Hi Wessel, die menorah kom van die Bybel se tyd. Is soos 'n lamp stander met 7 olie lampies op. As ek reg het was hy oorspronklik in die tempel gewees. Daar staan nou 'n replika in Jerusalem in 'n glaskas.
Goeie môre almal, geniet…
Goeie môre almal, geniet julle dag en naweek.
Ons sit nou hier en lekker koffie drink, ry oor 'n uur iewers noord, die kinders het die plek genoem, maar hierdie boereseun kry nie die name uit gespreek nie, maar dit klink baie lekker. Hulle bly in net so snaakse naam plek.
Dankie vir die whats apps van die vriende, ek en Bennanta waardeer dit opreg.
Hennie, jou solar stelsel is puik![]()
Die mense wat gaan kamp, geniet dit.
👋🏻 Dagsê, geniet jou dag en jou ☕🫖
Harry, op fb is daar ouens wat alles met SS maak, as ek dit sien sal ek jou laatweet.
Johann, julle moet dit voluit geniet.
Tuin ...
Dankie, ek is 'n luigat om die karavaan uit te pak en die tuin lyk woes, hoop David kan volgende week tenminste 2 dae kom help skoon maak. Ek het besluit omdat ek eers Vrydag moes terug kom gaan ek myself hou by die vakansie en nie met die uitpak en gras sny ophou nie.
Nou net Dana Snyman…
Nou net Dana Snyman................... se storie op Netwerk24 "Skielik begin ek anders kyk na kampeer" gelees.
Lekker gelag want sy beskrywing oor die kamplewe is seker soos ons almal dit al beleef het.
Jan, ek sit nou.................
..............juis en wik en weeg hoe en waar ek oor Dana Snyman se storie vanoggend in Die Burger kommentaar moet lewer en toe open jy die gesprek !
Op 'n Saterdag blaai ek heel eerste na die middel van die koerant om Dana se storie vir die dag te lees.
Ek was eers teleurgesteld, maar na 'n rukkie besef ek wat hy sê oor die kamplewe is in die kol, maar jy hou daarvan of nie. Die goed wat hom pla, pla my nie en ek is gek oor alles wat in 'n kampomgewing aangaan, by die see, of in die binneland of in die bos, min of baie mense...........ek geniet dit altyd.
👋🏻 Môre sê, geniet jou dag en jou ☕🫖
Lekker koel en bewolk hier in Daspoort vanoggend. Sien die week gaan ons weer braai.
👋🏻
Hennie, jou solar stelsel is…
Hennie, jou solar stelsel is puik
Dankie Johann. Baie tevrede tot dusver. Soos ek nou hier sit is die battery klaar op volsterkte en trek my huis al sy krag van die panele af. Ek is nie bewus van enige beurtkrag nie.
Lekker dag vir almal. Vir baie is dit dalk die laaste rusdag voor teruggaan werktoe môre.
My innige leedwese.....
..... aan almal wat vandag teruggaan werk toe.
Ons lot pensioenarisse gaan maar net heerlik aan met niksdoen-besigbly take.Dis nou belangrike werk soos grassny, houtkap, karre was, klerewas en konsultasie werk aan wie ookal moontlik na onbenullige kantlyn advies wil luister.
Dank en waardering word oorgedra aan alle werkendes, veral die tipe wat volgens CR nie meer 'n bedreiging inhou nie.
Hallo Wessel. Ja ek is een…
Hallo Wessel. Ja ek is een van hulle wat weer volstoom aan die gang is. Die skilpad het kos gekry en vroulief koffie in die bed.
Lekker dag vir almal!
Phallas was lekke
More almal was vir 6 dae in phallas gemiddelde temp 36 hoogte 41 gewees vrydag die 6 tot saterdag die 7 Januarie het phallas so 105 mm reen gehad , paaie in dorp begin soos Lydenburg lyk gehoor wiltuin mooi groen laeveld bly maar lekke
Die Smalle se .....
Ek sien nou eers die vakansiebundel aan die regterkant van die tuisblad, as mens inteken.
Wie ookal is darem oulik om so 'n skuif van 'n gespreklyn te bewerkstellig.
Yzerfontein strand verdwyn
Môre vriende
Ekn lees nounet 'n interessante studie in die Business Insider. Navorsing deur WITS toon dat 16-myl strand besig is om te verdwyn onder die branders. Volgens hulle is die strand reeds 52m smaller plekplek, as in 1937. Teen die versnelde tempo wat hulle waarneem, gaan dit heeltemal weg wees teen 2040.
Dit hou ingrypende implikasies in vir huiseienaars en ontwikkelinge aan die strook. Gaan lees dit gerus.
Anton sal bly wees
Teen die versnelde tempo wat hulle waarneem, gaan dit heeltemal weg wees teen 2040.
So oor 17 jaar kan hy die sonsondergang by Yzerfontein oord van sy braaier af sien.
More forum
Johann geniet die kuier daar in ausie land more almal
Goeiemôre almal. Terug…
Goeiemôre almal. Terug skooltoe tyd het aangebreek ![]()
Eers oor ‘n week vir ons
Terug skooltoe tyd het aangebreek
Sterkte





Soos 'n smal vis roostertjie…
Soos 'n smal vis roostertjie? Ek het een maar dit is ook nie SS nie. Hier by ons verkoop Outdoor warehouse allerhande klein SS roosters...
https://www.outdoorwareh…