Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -8 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago

Keuse van veldvoertuig

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Aangesien ek heerlik deelgeneem het aan die besoedeling van Shaun se gesprek, begin ek die ene. Duidelik is daar wel 'n groot belangstelling in die onderwerp. 

Ek het so vinnig op Toyota se blad ingegaan, en interessante inligting gevind. Byvoorbeeld;

1]Hilux bakkie: deeltyds 4x4, het 'n oordragkas wat voor en agter se dryfaste hard koppel [draai 100% saam]. Daarby het dit standaard 'n sluitbare agterste ewenaar. 

2] Prado: permanent 4x4 aandrywing, met 3 ewenaars. Slegs die middelste en agterste ewenaar kan gesluit word. Volgens my is dit dan gelykstaande aan 'n Hilux met 4x4 gekoppel, en agterste ewenaar gesluit.

3] Land Cruiser 79 model" blykbaar 4x4 permanent, wat beteken 'n sentrale ewenaar, plus voor en agter. Dan kan beide die voor en agter ewenaars gesluit word, maar niks word genoem van die sluit van sentrale ewenaar nie.

Gedagtig aan die info as voorbeeld, hoe besluit 'n mens watter tipe veldvoertuig is die mees aangewese vir elke persoon se doel. Wat ek wel weet is dat mens geld moet hê vir veldvoertuie. Dan ook moet mens dit gereeld [baie] gebruik.

As 'n leek wonder ek watter opsie is die beter ene, 

a] voertuig waar voor en agter ewenaars kan sluit,

b] voertuig waar al drie ewenaars kan sluit

c] voertuig waar sles sentrale en agterste ewenaars kan sluit.

Nou moet die manne met die voertuie kom saamgesels, detail invul, en vertel waar hulle al met hulle veldvoertuie gesleep en vakansie gehou het.

Shaun: Ekskuus vir die besoedeling van jou gesprek.

Wessel: Los dit, jy is te oud en arm om nou verder oor die goete te kwyllaugh  

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 08/01/2023 - 18:37

Neef se stukkie bydrae is so.

Laat ek vertel dat ek 4x4 voetuie besit van 1980 af en nog nooit sonder een nie. Begin jare was Landrover series 3 waar jy die voorste dryfas gekoppel het via die oordraagratkas met n hefboom wat jy indruk. Geen ewenaarslotte nie. Met die het ek letterlik duisende kilometers op  strande gery om by hengelplekke uit te kom. Bande afblaas tot my ,06 bar en jy ry sonder probleme.

Later het ek n paar Range rovers gehad, en meestal my boot gesleep . Die het darem n v8 enjin in gehad. Het n sentrale ewenaar gehad, en al waar voor dit goed was, was om goeie traksie te gee op slegte of nat paaie. Op die strand het jy wiele afgeblaas en die ewenaarslot gesluit.

Na die is ek terug na die nuwe generasie 110Defenders, het dieselfde sentrale ewenaar gehad wat jy met n hefboom sluit. met die het ons die hele Botswana en Namibia woestyne en rowwe paaie gery. In dik sand is die ewenaar slot gebruik, en wiele is afgeblaas vir bv Kaudom se sand.

Na die Discovery1,2 gehad, maar dieselfde as die ander in die stal, niks wow nie. Toe n Discovery 3 met die v6 enjin en elke stukkie elektronika denkbaar. lug suspensie wat kon verstel etc. Seker die gemaklikste voertuig nog, maar die bakwerk se rol, en dan die gepaardgaande kletter van die stability controll was stupid. En hier het ek onthou om die traction controll af te sit toe ons in die Kuiseb canyon in dik sand gery het. Was ok terwyl ons ry, maar die oomblik toe ek stilhou, wou die kar nie wegtrek nie, gladnie, druk sy kop tussen die bene in.

Na die het ek die 76 Landcruiser gekoop as my aftree voertuig. Ons is al die hele Namibia vol, van Sossusvlei tot by Kamp Audi naby die Kunene mond. VanZylspas op n stappie. Die kar is nie permanenet 4x4 nie. Jy stop en engage die voorste as soos n ou series Landrover, Jy het wel n voorste en agterste ewenaar slot. Die agterste sal ek gebruik waar dit baie glad is. Die voorste sal ek net gebruik die slag as ek so in my maai vassit dat ek liefs wil hou as noodgeval, want as jy dan vassit, is jy letterlik diep in die moeilikheid met geen traksie op enige wiel nie.

My keuse is die 76, sal dit nie ruil vir n meer luukse voertuie nie. Eenvoudige betroubaar sonder elektronika. Ja dit het darem abs. Nuut is hulle net effe te duur geraak vir wat jy kry.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 09/01/2023 - 09:44

Ek is ook n Land Cruiser 76 ou maar soos neef se hulle is duur nuut ek maar besluit op my ranger hy het ook dif lock saam sy 4x4 was nog nie in rowwe terein gewees nie maar het by Devoetpadkloof in hulle boskamp gery en so iets van n hindernis baan by boskamp ons gaan binnekort Kyleu Boskamp toe asook kamp in n rivier bed naby hoedspruit dan sal bakkie getoets word 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 09:59

Onthou om te kom vertel van kampering en 4x4 wedervaringe. Ek lees lekker aan julle ouens se ervaringe, EN genietinge.

Neef Herman se inset, en al die geklets oor Chris S se Prado het nou weer allerhande bose idees by my laat posvat. Mammie seg, sy sal blyer wees as dit ander bose idees is.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 09/01/2023 - 11:01

Mammie seg, sy sal blyer wees as dit ander bose idees is.

Sê vir haar die "bose" idee van Kaap toe trek is nou van die baan, met julle dogter wat ook nou oorsee toe wil gaan. Tensy sy dalk ander bose idees verwag...laugh 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 11:02

My eerste 4x4 was ‘n stokou 2,2 petrol Hilux. Dit was nog bietjie swaarder op brandstof as die Prado en eindeloos meer ongerieflik. Dit het voor ook bladvere gehad, en mens moes nog uitklim om die voorste hubs te sluit met die hand voor jy dit in 4x4 gesit het. Ek was daarmee Botswana en Zimbabwe toe, en dit het nooit vasgesit in die sand nie. 

Toe het ek ‘n Colt Trailbuster gehad, wat later ratkas probleme gegee het. Die vyfde rat het gebreek en ‘n klompie geld gekos om reg te maak. Die lekker ding daarvan was dat dit sommer plastiek in die kajuit gehad het in plaas van matte en kon nat word binne (dit het een keer in Groenkloof Natuurreservaat by Fonteine in Pretoria gebeur toe ons vasgesit het in een hindernis wat vol modderwater was na reën). Dit was ook ‘n enkel kajuit en ons het sommer agter in geslaap op ‘n bed wat ‘n laai onder dit gehad het. Ek was een keer Mosambiek toe en drie keer daarmee Botswana toe, en het ook nie daar vasgesit nie. 
 

Die derde een was die Everest. Daarmee was ek nog net Mosambiek en Kgalagadi toe. In Mosambiek het ek ‘n ou wat met ‘n Isuzu vasgesit het uitgesleep. Ek het al in sand vasgesit daarmee, maar dit was my eie skuld.
 

Die Prado het ek nog nie in dik sand gebruik nie. Ek verkies om modder te vermy na my vassit met die Colt. Modder is ook nat, en kom in op plekke en sit vas na die tyd. Dis juis in modder op ‘n 4x4 roete wat ek nie kon vermy nie, waar die plaat onder die Everest beskadig is wat later gebreek het, en veroorsaak het dat ek nie kon ratte verwissel nie. 
 

Waarskynlik die eerste toets vir die Prado sal Kgalagadi wees, en daar gaan ek die Kavango sleep. Dit klink of daar by Rooiputs bietjie sand is, en by Polentswa ‘n duin waarteen mens moet uitry om by die kamp te kom.
 

Ek glo die Prado sal dit kan baas raak. Ek het nog nooit ‘n 4x4 besit met elektroniese goed soos EBD, VSC en DAC nie. Ek lees dat die VSC mens kan rondneuk in sand, omdat dit krag verminder na wiele wat wil tol en oor die algemeen lyk my krag wegneem van die wiele af. Die Prado s’n skakel wel af as jy die middelste ewenaar sluit, maar mens wil nie heeltyd so ry nie. Ek sal dit maar net gebruik om teen die bult uit te kom by Polentswa met die Kavango. 
 

Ek het in my werk in toerisme ook met ander 4x4 voertuie gery, veral in Botswana toe ek daar gebly en toere gedoen het. Ek het met baie Landcruiser bakkies gery wat omskep is in wildrit voertuie, en ook met ‘n Land Rover Defender 110 wat omskep was in ‘n toer voertuig ‘n toer gedoen met ‘n sleepwa deur Botswana. Vir vier maande het ek toere gedoen in Botswana met ‘n Mercedes 1617A. Dit was ‘n kortwiel basis weergawe van die 1617, wat ‘n 16 ton vragmotor was met ‘n kajuit en onderstel waarop jy die bak gesit het wat jy wil. Ons het met hulle toere gedoen in ander lande (nie in Botswana nie) al die pad tot in Nairobi. Ek het in een jaar meer as 100 000km gery met so een.
 

Die 1617A het groter wiele gehad, en dus nie dubbel wiele agter nie. Dit het ewenaarslotte gehad tussen die agterwiele en voorwiele (op beide “aste”). Ek het dit wel reggekry om daarmee vas te sit op Makgadikgadi panne, en dit het heelwat grawe en ver soek na takke gekos om uit te kom. Verder was dit ‘n lekker hoë en baie sterk voertuig. Ons het 13 mense daarin gelaai met al hulle baggasie en kampeertoerusting en kos in ‘n sleepwa, en ek kan net van een ander keer onthou wat ek daarmee vasgesit het in sand. Dit was toe ek nie die bande afgeblaas het nie. 
 

As jy ‘n voertuig met baie poeier het kan jy wegkom in sand sonder om die bande af te blaas, maar jy maak dit moeilik vir die wat na jou kom. In my ondervinding sal ek eerder met ‘n 4x2 met afgeblaasde bande in sand ry (soos ek al het in Mosambiek met my 2,5 Ranger sonder om vas te sit) as met ‘n 4x4 met hardgepompde bande. Die twee keer wat ek met die Everest in sand vasgesit het (een keer op ‘n 4x4 roete, en die ander keer op die Weskus waarvan ek al vertel het op die forum) was dit ook omdat ek nie die bande genoeg afgeblaas het nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 09/01/2023 - 11:31

Ek geniet om al die insette te lees oor verskillende 4x4 konfigurasies.

My 4x4 sisteem is maar basies en het al goed gewerk.  Baie mooi in dik sand.

Slegs 'n transfer case voor wat die voorste as betrek en dan 'n low range opsie.   Geen standaard ewenaar slotte nie maar kan laat insit vir voor of agter - alhoewel ek nog nie die behoefte daarin gehad het nie.

Die low range is baie handig vir stadig kruip en beheer vir slyltes en baie klippe ens.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 09/01/2023 - 13:05

So lees ek dat die nuwe Defender " has the most sophisticated 4x4 system in the world" Die kar is glo permanent aan die internet vas, Hoe weet ek nie. As die R1,5mil gaan vassteek, soek jy nie na die gereedskaptrommel nie, jy haal die Satelietfoon uit en bel die bankbestuurder vir n oortrokke fasiliteit.

In n artikel, ek dink in Weg van so paar jaar gelede, is vertel van nuwerige Range Rover wat in die duine dalk op pad na Bitterpan in Kgalagadi se lugsuspensie platgeval het. Die kar sak self die suspensie tot amper op die grond sodra jy dit afskakel vir maklike toegang. So le die Range Rover op sy pens in die sand, en n insleepdiens moes van Upington kom om dit te kom wegsleep. Die opsigself was moelik omrede die Range Rover so plat op die sand was, dat die letterlik uitgesleep is op sy pens.

Die fout was,terug in die beskawing gekry, glo n kleppie wat n stokkie in gekry het, of so eenvoudig soos dit. Die insleepvoertuig was n Iveco trok, met 4x4 en n sleepwa.

 Platkarre is by uitstek geskik vir al die hulpmiddels, maak hulle baie veilger. Maar in die wildernis en van die grondpad af die 2 spoor paaidjies in, is outyds dalk nog n goeie opsie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 13:15

veldvoertuig nie, maar ou Grompie het darem 2 knoppies wat ek kan druk.

Die ene is vir jaag [ bo 100km/h],  dan kan ek traction control om draaie afsit.laugh Die tweede is die sluit van agterste ewenaar. 

Gedagtig aan die lees van Herman se inset hierbo, dit is eintlik baie hartseer. Ek sukkel met my verdomde ou fancy foon, dan wil ek liewer nie 'n nuwe Defender probeer bemeester nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 09/01/2023 - 14:10

As ek alles hier lees.........................hoekom sal iemand nou in die wildernis wil in met al die "fancy" voertuie wat net 'n neukkery kan afgee. Of is dit oor die ou in die dorp met sy 4x4 vol modder, paar krapmerke en met 44gallon drom op die bak sodat die mense kan dink hy het 'n bosveld plaas. 😂

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 14:33

... jy het die belangrikste item vergeet, die paar stukke hardehout wat nonchalant oor die beesreling gedrapeer is.

Nou waarmee sal jy die wildernis wil inry.??? Onthou die gesegde,

menige voertuie kan jou invat tot daar, maar weinige bring jou ongedeerd huistoe ook. Ek sal sonder enige fooi die antwoord ook verskaflaugh

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 14:35

Ek aanvaar al die slim, tegniese foefies is veronderstel om die voertuie veiliger te maak. Dink maar aan iets soos ABS en vastrapbeheer (eie vertaling). Lg is egter ‘n nadeel vir 4x4 in sand, soveel so dat daar ‘n gesprekslyn op die 4x4community forum is oor hoe om VSC (vastrapbeheer) te omseil in die Prado 120. Daar is ook video’s daaroor op YouTube. 
 

Ek stem saam dat die ou, eenvoudige 4x4 tegnologie voldoende is vir wat meeste van ons (en ek in elk geval) met ‘n viertrek wil doen. Maar net soos selfone waarmee ons verleer het om mekaar se telefoonnommers te ken en GPS wat kaarte vervang het, is die tegnologiese foefies hier om te bly. Dis gaaf as mens dit kan afskakel/die opsie het om dit aan te skakel.
 

Toe ek bv die Prado se DAC funksie probeer teen die bult af na die rivier en kamp toe by Bontebok NP het ek my amper bevuil. Die kar het die aakligste geluide begin maak, en ek en Salomien het saamgestem dat daar iets fout is. Toe ek op die 4x4community forum op ‘n gesprekslyn oor die Prado 120 vir ander eienaars vra wat die geluide sou veroorsaak, het hulle verduidelik dat dit basies soos ABS is wat op elke wiel onderskeidelik ‘n klomp keer per sekonde die remme laat vat en los, en dit natuurlik nie gelyktydig op al die wiele nie. Baie ander eienaars het hulle ontevredenheid met die stelsel en/of die aardige geluide uitgespreek. Ek sal dit definitief nie weer gebruik nie. Ek is seker laestrek eerste rat sal voldoende wees om veilig teen ‘n steil helling af te gaan. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/01/2023 - 15:09

sinvolle bydrae oor die onderwerp van "keuse van 'n veldvoertuig" wat ek kan maak is die volgende :-

  • Ek het my Pathfinder 4x4 gekies omdat 'n 2x4 weergawe nie ingevoer is nie en dus nie beskikbaar was nie
  • Ek het geen begeerde om 4x4 roetes aan te pak net om te kyk of my voertuig dit kan baasraak nie.  Ek het nog net eenkeer tevore 'n 4x4 roete in Karoo Nasionale Park aangepak en suksesvol teruggekeer, maar dit was vir my geen "WOW !" ervaring nie.

Ek weet dit beteken nie veel vir die gesprekslyn nie, maar nou weet julle darem hoe ek daaroor voel.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 17:28

Middag Len en al my vriende

Tot 'n mate deel ek jou sentiment, ek het geen begeerte om in slote en dongas te gaan speel nie. Nog minder 'n MR1.00 voertuig deur my blaker te trek.

Dit genoem, is daar soms die lus om te verken, plekke soos Baviaanskloof, Richtersveld, NamakwaNP en sulke vele plekke. 

Dalk moet ouens soos Herman vir ons vertel, wat dryf/trek mense na daai dele wat hy besoek het. In retrospek, was dit die geld en moeite werd.

Ek kritiseer niemand se manier van reis en bestemmings nie, ek wonder maar net. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 09/01/2023 - 18:48

Kan ek so antwoord Wessel.

Daar is vir ons, en dit is ons familie, niks so spesiaal soos ongeskonde natuurskoon nie.  Eerlikwaar, n vakansieoord met swembaddens en waterwurms werk eenvoudig nie.

As jy van kleintyd eerder in die veld gaan loop het as om parkie toe te gaan, se dit seker iets van jouself.

Om plekke te besoek waar daar nie n toeloop van mense is nie, omrede dit afgelee, slegte paaie en n sekere mate van risiko het, maak dit die moeite werd. Ons het al van kleintyd af rugsak stap geniet, om dieselfde rede. Die wat nog nie homself keduks gedra het aan n sak, in n klein tentjie geslaap, en karig geeet omdat jy dit geniet, sal nie verstaan nie.

As ek n lys van plekke opnoem waar jy nie eers met n waentjie gaan uitkom nie, is baie, en dan voel dit plekke nog onbekend en ongeskonde is. Waar jy weet dat die kanse om ander mense raak te loop baie min is, nog beter. Ons het bv een jaar die Qwihaba hills in Botswana besoek. dit neem 2 dae se woestynry om daar uit te kom. Daar is n grotsisteem soos die Cango grotte. Die grotte was in die 60's deur ek dink UCT gedeeltelik karteer volgens die besoekersboek. ons was baie jare later die 13de of 14de besoekers inskrywing.  En om nog by te voeg, meeste van die toere het net ons as famile gegaan, ek vind dat  mense my irriteer op so trip. Ons beplan om 7uur te ry, en hulle slaap nog, dan ry ek en los hulle uit.

Hoe kan jy vra of dit die moeite werd is ? dit was nog nooit n faktor nie. Dit is deel van menswees om die lewe te verken en geniet. Was ek suinig en het by die dam gaan sit en Karp vang onder n sambreel, het ek myself lankal dood gesuip.

Ek glo nie mens kan in jou skemer en genadejare begin om iets vreemd te doen nie, sal nie werk nie. 

Ek ry goeie voertuie wat ek goed ken, en vat waaierbande en pype en klampe en binnebande en draad saam, En moes al pype vervang, en baie bande regmaak, en uitlate met draad en blikkies lap. En die bosse krap die verf asvaal, en dit pla my nie, ek sal dit weer laat poleer by die huis. Priceless.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 18:58

wat dryf/trek mense na daai dele wat hy besoek het. In retrospek, was dit die geld en moeite werd.

Wanderlust.
 

Nee; dis nie só eenvoudig nie. Dit hang seker ook af van mens tot mens. Oom Len geniet dit om te kampeer ongeag van wat sy kampeerbure doen of hoeveel hulle raas. Hy is ‘n beter mens as ek. Of dalk net ‘n ander mens as ek? Ek verkies dit om so min as moontlik of liewers geen bure te hê nie. Dis een van die redes vir my keuse van staanplek nr 30 by Dwarswegstrand. En waarom ons oor drie maande DV terugkom van Polentswa en Rooiputs af. Beide plekke wat ek nie sonder ‘n 4x4 sou kon besoek nie.
 

In wildreservate verkies ek dit ook om so min as moontlik ander voertuie te sien op wildritte. Dis hoekom ek elke jaar net na die noorde van die Kruger wildtuin gaan. En waarom ek en Salomien voor ons kinders gehad het bv Sentraal Kalahari toe is waar ons in ‘n week minder as 10 ander voertuie gesien het, en party dae nie een nie. 

En so kan ek aangaan…

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/01/2023 - 21:42

..............lekker om te lees en te luister hoe verskillende mense hulle kampervarings op verskillende maniere uitleef en dit tot die uiterste geniet.

Maar, te rof en te stil en te eensaam as 'n kampervaring  is nie vir my en my annerhelfte nie.  Miskien sou dit anders gewees het as ek op 'n plaas of in die platteland grootgeword het  -  ek het maar as 'n stadsjapie grootgeword en in my werkende lewe in stadskantore my brood en botter verdien, Pretoria, Kaapstad, Johannesburg, Harare en Luanda.  En, die andersheid van mense interesseer my baie en ek luister graag na die verskeidenheid voorkeure.

Die "rofste" boservaring wat ons twee sommer baie geniet is Balule en Tsendze in die Kruger Wildtuin en dis maar 'n vulletjie teenoor waar ander ouens hulle gate uit geniet.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/01/2023 - 06:32

Ons het tot met 2020 baie gkamp en toer deur die land met VW Caddy's - die LWB modelle toer heerlik, maar daar was verskye geleenthede waar ons moes NEE sê vir sekere roetes en paadjies wat net teveel sand of klippe gehad het.  Dan moet mens maar omdraai en terugkeur na die beperking van beter paaie en wonder watse plekke gemis was asgevolg van die onvermoë van die voertuig.

Die skuif na 'n voertuig wat die ander paaidjies en roetes kan ry het vir ons baie ander opsies oopgesluit en die dae van omdraai bestaan nie meer nie.  So kry ons nou die geleentheid om soveel ander mooi plekke te sien en nuwe ondervindings te beleef met minder of geen beperkings.   

Ons geniet dit as gesin om by die afgeleë plekke uit te kom en verwelkom die avontuur. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/01/2023 - 06:34

Môre Herman

" Ek glo nie mens kan in jou skemer en genade jare ..........."

Dankie vir die waarskuwing, ek neem dit ter harte. Ek weet eintlik in my hart dat my en Marie se persoonlikhede in die lewensperiode nie so iets sal toelaat nie. 

Hopenlik nog die land verken, so met die gebaande en teerpaaie langs beslis. Dis nou waar Grompie en die beursie, ons kan neem. 

Wat ek wel weet, ek is ook nie iemand wat by die naaste dam onder my Santam sambreeltjie kan gaan sit en barbers vang nielaugh

 

0
Irene

Grootwind

Tue, 10/01/2023 - 09:13

Daai veldvoertuig waarna Wessel verwys se bemarkers het ook op 'n stadium beweer dat die meeste van die wat sedert 1948 vervaardig is steeds loop! Heel waar, hulle eienaars is deesdae almal meester werktuigkundiges wat "on the job" opgelei is (blykbaar kom die opleing gratis saam met die voertuig se aankoop!) Grappies op 'n stokkie, hoe meer funksies hoe laer die betroubaarheid. Ek het op 'n stadium een van die eerste Grand Cherokees gehad (basies met zero elektronika en 'n suspensie harder as die van 'n ossewa) gevolg deur 'n Cherokee (baie meer gesofistikeerd)....op 'n stadium besef dat ek nie regtig in 4x4 belangstel nie en dat die twee Jeeps onsinnige aankope was....wat my trokkie aanbetref redeneer ek ook nou soos Wessel, 2x4 maar darem met 'n ewenaar wat kan sluit. Baie minder (duur) goed wat kan breek en oor die algemeen baie meer betroubaar. Die dag wat ek sou wou 4x4 sal ek eerder 'n goed gebruikte Defender koop met genoeg duike en krapmerke sodat nog 'n paar nie sal saak maak nie. Om darem meer as 'n miljoen te betaal en dan in die veld rond te voeter is sekerlik net vir die paar bevoorregtes onder ons beskore. Sien die G-Wagen trek nou al by R2.8m! Ek raak nou so depressief dat die ou pensioenaris sommer aansoek doen vir de Ruyter se joppie wat binnekort vakant is!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/01/2023 - 09:58

Geagte Mnr GW

Neem asb kennis dat u aansoek, soos ook die een van W Strydom, nie gunstig oorweeg sal word nie. Het julle twee dan nie geluister na die president se uitlating oor ou wit mans nie. 

NS: Ek verkies my kantoorkoffie sonder sianied, een skootjie suiker[wit]laugh

Ek dink dat deesdae moet ons elkgeval oral aan die Rand met so 'n gekrapte en gekreukelde voertuig ry. Dit moet meganies eksieperfeksie wees, maar walglik onaantreklik in die selfhelp parkeerareas..

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus