Ek begin hierdie onderwerp ten einde 'n foto te plaas van ons forum se eie Neil Diamond - ala Servaas Verster. Maurits het my gevra om die foto namens hom te plaas. Hy kan self verder kommentaar lewer. Servaas is links op die foto. Ek ken hom en sy beter helfte, Martie, vanaf hulle Nedbank, Kleinmond-dae.

Goeie griet
Middag Maurits en ander DA landsburgers
Dit is omtrent professioneel. Kyk net al die elektroniese toebehore.
Ek dog Servaas spook met tentpale, nou verneem ek dat hy opgetree het vanoggend.
.
Jammer daar is nie 'n…
Jammer daar is nie 'n bietjie klank by die foto nie.
Julle sien nou
Julle sien nou hoekom noem ek hom Sir Vaas. Ek het dit gemis vanoggend, glad nie daarvan geweet.Lekker man
Chris du P
Môre Chris
Hou julle daar vakansie tans, of het julle soheentoe verhuis??
Jou woonplek word vertoon as Florauna-Pretoria, maar dit klink al hoe meer of jy daar onder in "Hemel op Aarde" bly.
Noudat my 2 dogters albei oorsee is, is daar behalwe vir die natuurskoon en relatiewe vrede, nie juis vir my 'n rede om terug te trek na daai omgewing nie.
Wessel
Môre Wessel, of dit vakansie is weet ek nou nie. Ons is hier in Hermanus by my seun se huis, sien om na die diere, hy werk in Singapor en my skoondogter en twee kleinseuns is nou soontoe vir die skoolvakansie. Dit bly maar n pragtige area, sal nie omgee om hierheen te skuif nie.
Nie so maklik
Ek het eiendom in Pretoria wat ek moet verkoop om te kan skuif hier na toe. Die mark is nie nou reg nie maar ek gaan so spoedig moontlik
👋🏻 Môre sê, geniet jou ☕🫖
Vanoggend gou tandarts toe om die krone in te sit wat lankal reg is want die ander hart goed het my besig gehou. Dan is dit wag vir die 12 April wanneer ek weer Unitas toe moet gaan vir die 3de ronte en dan gaan die ander Dr. 'n Kolonoskopie doen.
Julle moet die kort week geniet, vir ons ander is dit net nog 'n gewone week. 👋🏻
Kerk bazaar
More almal. Maurits, ek het nie geweet dat jy die foto geneem het nie. Dit was 'n vreeslike suksesvolle bazaar en ons het dit baie geniet om die musiek te verskaf. Ek en Martie het wel gaan kamp by Onrus en sodra ek die fotos op my rekenaar afgelaai het sal ek dit beitjie hier plaas as bewys.
Goeie môre Kampforum, geniet…
Goeie môre Kampforum, geniet die dag en dit wat wag.
Willem, sterkte🙏
Dankie julle 🙏🏻 ...
Die tande dok is agter die rug, nou net als in plek kry vir die volgende 12 April. Al voel ek nie baie lus nie het ek seker nie baie van 'n keuse nie 🙏🏻.
Willem ...
.... ek het dit in die verlede al gesê - jy't darem 'n besondere voorliefde vir 'n tannekwak. Of is dit dalk 'n mooi dametjie wat aan jou tande werk?
Sterkte vir die ander dinge wat voorlê.
😂 Chris ...
Nee jong dit is 'n baie groot ou. Ek het vir lank nie aandag aan my tande gegee nie, nou kos dit my om nie eenklaps oor te gaan na kuns gebid nie. Ek glo krone is beter, daarom moet ek nou maar vasbyt. 😉
(Die een wat iets vir die oog was by ontvangs is jare terug al weg [die een met die klein halwe lemoene 🤭] 😪)





Algemeen gesels
Ek het hierdie foto vanoggend tydens ons kerkbasaar in Onrus Rivier geneem. Servaas vermaak ons elke jaar met sy musiek. Niel Daimond op sy beste. Groete. Maurits