Nee, ek het nie kop verloor nie !
Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-
- 28 April : vertrek uit Brackenfell
- 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
- 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
- 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 6 Mei : Malelane satelietkampie
- 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
- 21 Mei tot en met 29 Mei Satara
- 30 Mei : Malelane satelietkampie
- 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
- 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
- 4 Junie : Tuis
Nou sal my siel seker rus.
Opgedateer 15 Maart 2024
--------------------------------------------------------------------------------------------
I
Skukuza...............
Wessel, die datums is met die "speaker" van ons huis bespreek en na 'n paar aanpassings waarop aangedring is, is dit ons strategiese plan. SANParke se besprekings vir Mei 2024 open eers in Junie hierdie jaar wanneer ons die nodige sal doen. Wat oorslaapplekke betref, ek bespreek net vir Karoo Nasionale Park en die ander skakel ons telefonies so 'n dag of wat voor die tyd. Omdat ons buite spitstye en langnaweke reis, het ons nog nooit op hierdie manier 'n bloutjie geloop nie.
Daardie staanplek by Skukuza is presies soos jy beduie by die eerste indraai-paadjie regs tot op die punt waar die pad na links draai en op na die mees suidelike ablusie. Links van hierdie draai is die staanplek. Dis beslis nie gelyk nie en teen 'n effense helling - ek moes die neuswiel op sy hoogste oplig en die twee linkerwiele op geelblokke laat staan. Die twee agterste stutte was net-net bo grondvlak nog voor ek hulle laat sak het.
Letaba kom aan die beurt op Dinsdag 21/5...........
................en dis ons laaste kamp in die Wildtuin. Behalwe vir Malelane se een nag oorslaap sal ons dus by 3 kampe vir 7 dae elk kamp. Ons jaarlikse kamp in die Wildtuin was in die verlede altyd 6 kampe vir 5 dae by elk, maar die ouderdom (en finansies !) stap aan en ons het besluit om die aantal kampe met die helfte te verminder, maar die verblyf by elk van die 3 kampe met nog twee dae te verleng.
Letaba is 'n heerlike kamp min of meer in die middel van die Wildtuin. Met ons laaste besoek twee jaar gelede in 2021 aan hierdie kamp, was ons iewat teleurgesteld met die sigbare agteruitgang - die ablusie was nie in 'n goeie toestand nie, gras was nie gesny nie en onkruid het die paadjies oorgeneem. Die murasie van die winkel wat twee jaar vroeër afgebrand het, het nog netso gestaan en was 'n seeroog. Die grasdak van die restourant was in 'n treurige toestand en het dringende opknapping nodig gehad. Dit was duidelik dat die Covid-19 tydperk die kamp as 'n geheel baie nadelig getref het.
Die kampterrein is seker die mees boomryke kamp in die Wildtuin en hieronder is een van ons gesogte staanplekke, reg agter die wasgoed-waskamer en oorkant die pad en die grensdraad.

En terwyl ek nou oor Letaba gesels, kyk 'n bietjie na hierdie bulletjie wat ons net buite Letaba raakgeloop het - hy is sonder enige twyfel wel 'n bul !
Huis toe.......................
Na 22 dae in die Wildtuin is dit op Dinsdag 28/5 tyd om huiswaarts te keer. Ons verlaat die Wildtuin deur die Phalaborwa-hek en slaap weer twee dae oor in Pretoria, daarna Bloemfontein en Beaufort-Wes en hoop om Donderdag 1 Junie tuis te wees. Ons hele uitstappie Wildtuin toe en terug sal 32 dae duur.
Nou net vasbyt dat hierdie planne oor 'n bietjie meer as 'n jaar sal kan realiseer.
Letaba kamp
Môre Len
Ek het nog nooit in Letaba gekamp nie. Ek het niks teen Letaba nie, ooglopend 'n mooi terrein, maar daai Mopaniestruike in die omgewing pla my vreeslik.
Ek hoop die plantegroei is al anders om Tsendze.
Wel Wessel ...
... behalwe vir die boomryke dele teen die Tsendzerivier (en die kamp self) wag daar dan 'n verrassing vir jou by Tsendze. Daar begeef jy jou midde-in die struik-mopanieveld. Ten spyte daarvan, bied die area jou 'n groot verskeidenheid van wild. Behalwe renosters, is alles daar te siene. Groot getalle buffels en olifante en jou skaarser wildsoorte soos bastergemsbokke, elande, tsessebe's, tropiese grysbokkies en al die bekende roofdiere. Ek het o.a. my beste "sighting" van 'n rooikat daar gehad. En o ja, my beste "sighting" van 'n mamba ook - sommer binne die kamp in die appelblaar bo my karavaan.
Ek kan my nie indink om in die wildtuin te gaan kamp sonder om Tsendze op my reisplan in te sluit nie.
Beplanning lyk heeeerlik
Hierdie beplanning klink absoluut heerlik. Ek sal net voorstel soos Wessel ook genoem het om Kroonpark te skraap van lys. Daar was berigte hoe hulle die oord weer sou opknap, maar onlangse fotos wat ek weer op sosiale media gesien het, wys dat dit steeds n groot teleurstelling sal wees. Rakende Joos Becker.....ek kan ook gaan loer, maar kom seker nie so gereeld soos Willem in daai omgewing nie
Joos Becker ...
Ek sal van volgende week eers daar uitkom, maar Len het nog baie tyd.
Berdien die draad
Sal vanmiddag na werk Berdien ook die draad wys en ons gaan net kamp waar ons ook al besluit sien Len julle ook 2024 beplan
Kroonpark & Joos Becker
Geert, Kroonpark is beslis nie op ons lys nie - te ver van Beaufort-Wes af en te naby aan Pretoria. Ons sal op Bloemfontein oorslaap. Iemand het Kroonpark net as 'n moontlikheid genoem.
Willem, dankie ek wag geduldig. Ek het geweet jy sal een of ander tyd help netsoos voorheen met my "mag"-wiele vir die Exclusive en my "web-cam" vir die Pathfinder. Daar is geen haas nie want soos jy sê, daar is nog baie tyd.
Ai tog Anton.............
............fokus tog eerder op die onderwerp as op die vinger foutjie. As een van my kleinkinders weer 'n draai hier kom maak, sal ek vra dat hy of sy vir my gou die vinger op die foto uit-photoshop.
Ns. Aan die positiewe kant lyk dit darem of my vinger-fout-foto party mense aanspoor om 'n bietjie op die forum te gesels.
Len ek terg net. Wat ek…
Len ek terg net. Wat ek eintlik wou sê is 'n nuwe foto sal in orde wees want die een hierbo is al oud. Ek dink nie dit lyk eers meer so by daardie fulstasie nie ![]()
Anton................
..............ek weet jy lol om my been te trek. Jy sal 'n jaar moet wag voor ek (miskien) weer Wildtuin toe kan gaan om 'n nuwe foto te neem. Ek was Mei 2022 ook by daardie restourant en dit lyk presies nog net so. Die binnekant van die restourant, winkel en koffiewinkel is wel opgegradeer.
Om te voorkom dat ek weer die vinger-foto plaas, het ek dit nou op my "gallery" uitgevee sodat ek nie weer 'n fout kan maak nie.
Dankie ChrisS..............
...........ek sal nou hierdie ge-amputeerde foto op my gallery gaan plaas.
Ns. Moet tog asb nie die ekstra been op die olifant-foto amputeer nie.
Daai Olifant was erg kruppel…
Daai Olifant was erg kruppel. Ek het al self gesien hoe druk hy met die kierie op die grond. Seker maar bietjie jik, of is dit jig?







Len...
Môre Len
Hierdie is seker nog net jou beplande datums en oornagplekke. Ek wil net seler maak, jy moet nog bespreek vir die willetuin???
Sommer nuuskierig, jou oorslape soheentoe en terug, bespreek jy dit ook vooruit, nadat jou wildtuin datums bevestig is?? Ek hou daarvan om presies te weet waar ek gaan slaap, en dat my plek geboek is.