Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stil stem lokaal November 2026 Geert -1 hour ago
Ons " plattelandse"… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -3 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/06/2024 - 16:58

Ek het voorheen genoem dat tydens ons Wildtuin-vakansie het ons buitelig al dowwer geword en dat ek dit mettertyd moet vervang.  Ook in ons badkamer het die lig begin verdof en moet vervang word.

Nouja, die twee takies is afgehandel.  Ek het gesukkel om 'n vervangende buitelig te kry en die goedkoopste wat ek kon kry was R400, maar te klein en nie waterdig nie.  Ek bou toe maar my eie en het net die lens gekoop  -  my koste was R98 en verder stukkies "scrap" gebruik wat ek gehad het.  Hieronder is die bewys van my eindresultaat.

Die badkamerlig is net buite sy huidige huls geskuif, nuut gemonteer en lig nou pragtig.

.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/06/2024 - 17:14

... jy moet maar daar by Pine Pienaar gaan aanklop vir 'n "piece job", of handlanger.laugh

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 17/06/2024 - 18:04

Baie netjies gedoen.

Altyd lekkerder as mens self iets doen en dit lyk so netjies.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 20/06/2024 - 07:51

Goeie môre Len,

Het die kamera toe foutloos gewerk op die trippie Wildtuin toe en terug. 

Dan weer net 'n melding van Joye's wors. Ek het iewers genoem dat dit nou nie die smaak het waaraan ons gewoond is nie. Ek het ook genoem dat dit nie sleg is nie. Ek kan wel vir jou sê dat ek seker so 2 keer 'n week van die wors eet en vind dit eintlik baie smaakvol. Geen ekstra snaakse speserye ens. Sal ek weer Joye's wors koop, JA definitief.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/06/2024 - 09:11

... ek wou jou nie glo t.o.v. jou aanvanklike opinie oor Joey's boerewors nie, maar is bly om te verneem dat jou opinie nou verander het. Nou moet Wessel nog net bykom.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/06/2024 - 09:20

...sal nie gaande raak oor daai wors nie. Volgens Marie het ek 'n rare onverklaarbare smaak afkeur, of is dit nou voorkeure???laugh

Dalk het my suster my 'n streep getrek en nie Joey's wors gekoop nie., soos ons diepsinnige neef Herman gespekuleer het.

Nietemin, julle mense in DA-land moet julle wors geniet, volgende 5 jaar is julle veilig. Daarna verander die wors dalk na Julius sausagelaugh  

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 20/06/2024 - 09:21

maar is bly om te verneem dat jou opinie nou verander het.

Ek sê weer, nooit gemeld dat dit sleg is nie. Dit is net dat ek nie gewoond was aan die smaak nie. Ons het nou al ook Grabouw wors gekoop en vind dit ook nie sleg nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 20/06/2024 - 11:32

..............wonderlike vriende.  Ek het drie bewyse :-

(1)  Op bl 28 het ek vertel van ons bure by Satara wat 'n mooi briefie en 'n paar gebreide handskoene in ons tent gelaat het voor hulle een vroeg-oggend vertrek het.

(2) Op die eerste foto hieronder het Annatjie 'n stel handgemaakte houtlepels van Lapskag (Johan Labuschagne) gekry met ons aankoms in die Wildtuin by Malelane.

(3) Oppad Wildtuin toe by Joos Becker karavaanpark in Pretoria kom Slowstrike (Danie) daaraan en bring vir ons 'n bottel spesiale koffie om ons welkom te heet.

Dis nou wat ek ware kampvriendskap noem.

0

.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/06/2024 - 11:39

daai stel lepels en die bottel koffie is baie spesiaal. Ek sal nie graag daai mooi lepels wil gebruik nie, dis net te mooi.

Ek kan my indink hoe lekker daai koffie moet ruik en smaak. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 20/06/2024 - 21:40

Daai lepels is gemaak om gebruik te word Len, moet nou nie gaan bêre in 'n kas vir eendag nie. Maak seker hulle werk dan sal jy ons onthou wat lekker saam gekuier het. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 26/06/2024 - 21:44

Jy moet maar lekker afsluit. Ek sal nog altyd hierdie draad opsoek vir al jou interessante vertellings en foto's vir tye wanneer ek nie wildtuin toe kan gaan nie, vir wanneer ek inligting nodig het t.o.v. enige iets wat die Kruger Wildtuin bied en sommer net aangename leesstof. Baie dankie vir die deel vanaf bespreking, terugslae, voorbereiding en uiteindelik die vakansie self. Ek hoop daar is 'n plan vir 2025 (Wiltuin toe)laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus