Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -11 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -17 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/01/2024 - 13:57

Dis heerlik om te laat weet dat ons ou twee siekes se siektes is besig om te kwyn.  Na my galblaas-operasie 3 weke gelede mag ek nou weer motor bestuur en verder voel ek so reg soos 'n roer.  Pas teruggekeer van Annatjie se vaskulêre chirurg en hy is sommer baie in sy skik met haar vordering.  Die gangrene van haar regtervoet is suksesvol gestop, die geamputeerde toonwond het 100% genees en die groot hakwond se vel behoort binne 'n week die wond heeltemal te bedek.  Sy kan ook begin loop en haar rystoel kan sy voor koebaai sê.  Dit was 'n lang storie oor langer as 'n jaar, hartaanval, geval en skouer gebreek, volledige skouervervanging gedoen, toe druksere wat omgesit het in gangrene wat in twee operasies uitgeloop het.  Dis nou alles iets van die verlede en nou lê die Wildtuin voor in Meimaand.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 23/01/2024 - 14:10

Baie bly om te hoor van julle mooi herstel. Die volgende stryd sal wees vir Annatjie om weer "mobile" te word. Alle sterkte ook aan haar. 

Moet nou nie die hele karavaan weer oorverf nie. Vat dit maar nogsteeds rustig.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 23/01/2024 - 14:23

Len, jy kan maar verf! Die vloot manne glo mos as iets beweeg jy dit moet salueer, as dit stilstaan moet jy dit egter verf! Jy bly mos naby genoeg aan die vloot!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/01/2024 - 15:11

...baie dankbaar saam met julle. 

Dalk moet jy ook maak soos wat ek moes doen Junie 2022. Ek het die goedkoopste skoene gaan koop by Shoe City. R99 vir 'n paar. Daarna het ek die regterskoen gesny om my doekvoet in te kry, sonder druk/skaaf op die wond. 

So kon ek darem loop, vlieg en Gromie plus Kavango terugbring huistoe, sonder om wonde weer per ongeluk oop te maak.  Sê vir Annatjie ek sal gratis die naam verskaf, indien sy belangstellaugh  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 23/01/2024 - 15:58

Bly vir julle...............................................................................en sterkte met die volkome herstel en voorbereiding vir die vakansie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 23/01/2024 - 18:15

Baie dankbaar vir die positiewe nuus, soos gesê wees nou rustig en geniet die af tel van dae.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/01/2024 - 20:05

............Annatjie het reeds skoene/sandale gekoop wat voor toe is om die gamputeerde toon te versteek. (Jy weet mos hoe vroumense is).  Agter, aan die kant van haar hak waar die groot wond was, is die sandaal oop met 'n bandjie wat bokant die wond loop.  Maar ons sal praat indien nodig.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/01/2024 - 06:01

Môre, ek is nou nuuskierig, is dit wel 'n mediese feit dat indien mens veral jou groottoon verloor, dat balans probleme kan ontstaan??? 

Ek neem aan dis iets wat met aangepaste skoeisel en loopmetode aangespreek kan word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/01/2024 - 11:02

.............haar dokter wat die amputasie gedoen het, het gewaarsku dat sy mag moontlik sukkel met loop. Sedert gister en vandag loop sy kaalvoet in die huis rond met geen ongemak of balansprobleme nie. "So far so good !"

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/01/2024 - 11:12

....fantastiese nuus. Ek verkies ook soos ou Rooies om sommer in huis kaalvoet te loop. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 29/01/2024 - 11:15

................oor onder bome of nie kamp op te slaan lees, bedink ek en kyk ek na van my eie kampfotos in die Wildtuin.  Verskoon tog maar my vervelige gesels oor ons komende Wildtuin-vakansie in die Wildtuin - dis nog net 97 dae !  Hemel, maar dis darem lekker om so in die natuur en tussen die wildlewe "huis" op te slaan  -  dit kan mos nie dieselfde lekker gee as in 'n lodge of chalet nie. Ewenwel, ons twee ou kranklikes is ernstig op die herstelpad.

Nouja, dan wag ons maar verder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/01/2024 - 11:42

Dit raak nou al amper min dae. Ek is bly julle herstel so goed, hou so aan en pas julself op. Ek kan net dink hoe sien julle uit na die vakansie. Chris Jnr sê gister weer vir my dat hy verlang na die wildtuin, en ek sê toe ek ook. En ons was net meer as ses maande gelede daar…

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/01/2024 - 12:08

... ek stem saam - dit is maar net lekkerder om in die wildtuin te kamp. Nietemin, vir ons is dit nog net 48 dae voordat ons inboek by Berg-&-Dal - al is ons 10 aande verblyf in die wildtuin alles in chalets/rondawels. 45 Dae voordat ons hiervandaan in die pad val. 

Ek's bly om te hoor dat julle gesondheid sodanig herstel het. Ek hoop jy kry oral 'n lekker boom.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 30/01/2024 - 08:40

.............moes ongelukkig vanweë omstandighede hulle bespreking saam met ons by Skukuza en Satara kanselleer.  Dit beteken ons twee gaan die kampering in die Wildtuin hierdie keer alleen aanpak  -  miskien ook maar beter so want met ons gesondheid-risikos wil ons nie 'n remskoen wees op ander nie.  Ons gaan dus maak soos wat óns wil, al lê ons selfs 'n bietjie rond binne-in die kamp.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/01/2024 - 09:36

 Ons gaan dus maak soos wat óns wil, al lê ons selfs 'n bietjie rond binne-in die kamp.

Wanneer ons vir 'n lang tyd in die wildtuin is (soos laas keer se 6 weke), verloop daar soms dae wat ons nie eers by die kamp se hek uitry nie.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 30/01/2024 - 20:45

Hi Len, julle gaan darem nie heeltemal alleen wees nie, ons gaan darem vir 'n paar dae saam kuier net om julle e weer aan die gang te hou, so met 'n wyntjie of drie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 07/02/2024 - 21:27

Oor 88 dae is dit sulke tyd en dis nie net die karavaan en sleeptuig wat vir die toggie gereed gemaak moet word nie, maar ook die finansies moet aangespreek word.  Almal weet dat brandstofkoste teen huidige pryse vir elke karavaan-sleeper 'n nagmerrie is, veral as jy in die Kaap woon en 2000km moet aflê om by jou eindbestemming uit te kom (en natuurlik weer terug !).

Ek begroot nogal altyd in redelike detail en so lyk ons reis en verblyfkoste, sonder etes :-

10 Oornag-dae kampverblyf (± R285 per nag) 2 853     22 dae KNP-kampeerverblyf (± R323 per nag)  7 098     Reiskoste : 5600 km @ 16 l/100km @ R26 per liter 23 304       33 255    

In Mei 2018 het ons 'n soortgelyke trippie aangepak en die koste het R21 724 beloop ! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus