Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -17 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -34 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 30/05/2024 - 20:02

Ons het gister alles opgepak en die wa aangehak en beplan om vanoggend 7vm te vertrek Malelane toe. Ons  in die kar en toe ek aanskakel, is die battery wragtag pap.  Ek stop toe 'n ou wat oppad is om wild te gaan soek en ons "jump start" toe die spulletjie.  By Afsaal stop ons vir 'n laat-ontbyt en met die poging om wer te trek, battery weer morsdood !  "Jump start" toe maar weer die ou spulletjie met die hulp van 'n barmhartige samaritaan en ry direk by Malelane-hek uit na Malelane-dorp en gaan koop 'n nuwe Willard battery teen R2044 by die kooperasie.

Vanaand is ons laaste aand in die Wildtuin en môre is dit tot in Pretoria.

Ek dink Lapskag lag sy gat af.

Ns. Darem 4 leeus vandag gesien, bietjie ver, anderkant 'n suiping, maar darem

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 30/05/2024 - 20:21

Baie jammer om te hoor van jou teenspoed Mater, dit is glad nie lekker gevoel nie en sal nie vir jou lag nie. Baie bly dat julle reggekom het. 

Onthou om te kyk vir die hout by die hek en omgewing. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 30/05/2024 - 22:48

Gelukkig het die battery besluit om eers aan die einde die gees te gee......hy wil seker ook nie huistoe gaan nie. Sou n gesukkel afgegee het as dit laasweek moes gebeur....Satara is ver van n battery plek af. Dink net mens moes heeltyd om hulp vra by kamp, piekniek plekke ensovoorts.

Veilig terug ry oom Len. Ek is bly julle het die trip kon doen waarna julle so lank na uitgesien het

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 31/05/2024 - 06:04

Darem vreemd dat beide van julle batterye sommer net so eensklaps die gees gee terwyl julle daagliks in die wildtuin ry. Aan die ander kant, as julle soos ek wildritte doen en afskakel by alles waarby ek stilhou, kry die battery dalk nie genoeg gelaai nie. En karbatterye gee mos gewoonlik die gees wanneer dit winter raak om een of ander rede. Gelukkig was julle oorslaap kamp naby ‘n hek. Dink nou as so iets met mens gebeur in Nossob of nog erger by Polentswa!

Julle moet veilig ry vandag. Daardie uitry by die hek na ‘n wildtuin besoek is vir my die ergste. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 31/05/2024 - 08:41

Battery is een van daai goed wat (1) beginne probleme gee as die omgewingstemp daal, gewoonlik gebeur dit skielik, (2) by die eerste teken van 'n probleem, spaar jouself baie ongerief en vervang dit met 'n nuwe so spoedig moontlik. Veral ons met diesel voertuie moet in gedagte hou dat ons voertuie se batterye harder werk as ene wat in 'n petrol voertuig is, daai arme battery moet die enjin kan swaai teen 'n baie hoër kompressie. Hoop die battery ou het ook gou getoets dat die Pathie ook korrek laai?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 31/05/2024 - 09:04

Veilige en voorspoedige terug rit, glo die battery was die enigste teenspoed wat julle vir die hele toer sal ervaar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 01/06/2024 - 21:23

..............veilige terugry wense.  Ons Wildtuin-vakansie is verby en ons is nou vir 'n paar dae by Joos Becker karavaanpark in Pretoria. Ons is nog hier tot Dinsdagoggend en vertrek dan na vriende in Randburg vir een nag. Woensdag skiet ons Bloemfontein toe (met diesel wat se prys daal), Donderdag tot by Beaufort-wes en behoort Vrydag terug by die huis te wees.

Ns,Geert ja daar is sakke hout te koop by die vrugte-stalletjies net waar jy links afdraai vanaf die N4 na Malelane-hek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 01/06/2024 - 21:27

GW, dis die eerste ding wat ek getoets het my multi-meter, naamlik of die Pathie se laaistelsel die battery voldoende laai en dit was toe wel die geval gewees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/06/2024 - 08:12

Ek lê gisteraand in my bed in die Exclusive hier in Joos Becker karavaanpark terwyl dit buite donderslae slaan en die wêreld kort-kort verlig word deur weerligstrale.............en toe begin dit heerlik hard reën en die ergste Wildtuin-stof op die Pathie en sy maatjie, die Exclusive word getemper.  Ons elektriese kombers maak die bed lekker warm en die lugversorger wat op die stert gemonteer is, bring gou die temperatuur in die Exclusive op vanaf 13 grade na 'n heerlike 22 grade !  En daardie badkamer..........dit kan maar stortreën en koud buite wees................

Ek weet baie mense hou nie van 'n lugversorger op die stert van 'n karavaan nie, maar in die Exclusive se geval is dit 'n wenner. Die lugversorger op die stert is agter die badkamer se agterste muur terwyl ons dubbelbed aan die teenoorgestelde kant, agter die neuskas en A-raam is. 'n Mens hoor geensins die lugversorger as jy in die bed is nie en die aan- en afskakel daarvan pla geensins nie.  Bloemfontein en Beaufort-wes se koue nagte lê nog hierdie week voor.

Wat 'n voorreg !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/06/2024 - 08:27

Len ek sou sê dat in alle gevalle van dubbel as waens is dit beter om die lug versorger agter te monteer. Dit laat die neus gewig beter balanseer, en ek kan nie dink dat dit swaai sal veroorsaak nie, mits, natuurlik reg gepak.

Met 'n enkel as sal ek nie die kans vat om 'n lug versorger agter te sit nie..

Geniet jul tydjie in Pretoria, ry veilig verder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 03/06/2024 - 09:54

terwyl dit buite donderslae slaan en die wêreld kort-kort verlig word deur weerligstrale.............en toe begin dit heerlik hard reën 

Ek het aan die anderkant van die Magaliesberg en Apiesrivier van Joos Becker af grootgeword so ek ken donderweer en stortreën goed (en mis dit). Maar nie in Junie in daardie geweste nie!

Ten minste het dit die naweek begin reën hier (en ongelukkig koud gedraai ook, maar dit moes al lankal). Geniet die res van julle toer, en reis veilig. Die Eksklusief klink baie gerieflik. Eendag as ek ‘n grootmens is wil ek ook so kampeer. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/06/2024 - 20:36

Met ons rit Wildtuin toe het ek agtergekom dat die Pathfinder gee so 'n sluk as ek die brandstof-pedaal wegtrap om verby te steek  -  nie te erg nie, maar effens lastig. Oppad terug van die Wildtuin het hierdie "flat spot" erger geword en ek het my verbeel doe P/F verloor krag by opdraendes soos by Schoemanskloof.

Vanoggend sit ek af na Nissan Sinoville om vir hulp te vra, maar hulle lyk nie juis lus om hierdie instap-kliënt uit die Kaap te help nie.  Kan glo eers Dinsdag miskien kyk wat is fout, maar kan niks belowe nie. Ek is toe maar druipstert daar weg en ry toevallig by J & M Conversions verby, draai daar in en stel my storie. Die eienaar, Pieter van Vuuren, skraap een van sy werktuigkundiges nader en die twee here spring aan die werk.  Sommer gou-gou wys hulle my die handpompie waarmee die diesel gebloei word, is heel inmekaar gesuig wat beteken iewers is 'n blokkasie wat nie genoeg diesel deurlaat nie. Nissan Parow het voor ons Wildtuin toe is die P/F gediens en 'n nuwe Nissan diesel-filter (R1 984 !) ingesit  -  of ten minste my daarvoor gefaktureer. Die twee here vermoed daar is fout by die dieselfilter en vra of hulle dit kan vervang. Die eienaar is toe daar weg en kom terug met 'n nuwe GUD-filter (R1 260), ingesit en siedaar, probleem 100% opgelos en nou skielik voel dit of die Pathie baie meer krag het. Hierdie behulpsame ouens vra toe na twee ure se arbeid  R480 vir hulle arbeid. 

Ek sal maar die Nissan filter (3 maande oud as dit ooit werklik vervang is) terugneem na Nissan Parow en hoor wat het hulle te sê.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/06/2024 - 21:42

... aag kom nou man - koop nou maar 'n slag 'n Toyota wink

Grappies op 'n stokkie - ek's bly iemand kon jou probleem oplos. Veilige rit terug huistoe!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/06/2024 - 22:02

Nissan Sinoville het tien teen een nie n gekwalifiseerde mechanic op perseel gehad nie...daarom die verskonings. Outjies weet net hoe om sparkplug, filters en olie te ruil....het nie kwalifikasies vir fout opsporing of diagnosering nie. Gelukkig is die klein privaat eienaar mechanics besighede vollop in daai area

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/06/2024 - 06:47

.... sulke diens soos;

1] ontvang van J&M Conversions verdien om aan groot klok gehang te word.

2] wat Nissan Parow jou [vermoedelik] gegee het moet van die dakke verkondig word. 

Die vraag is egter, het jy êrens by 'n twyfelagtige plek dalk vuil diesel ingegooi, wat die filter so vinnig kon verstop? Dit is wat Nissan jou gaan vra. Hopenlik is Kruger vulstasies se diesel nog skoon. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 04/06/2024 - 07:11

die handpompie waarmee die diesel gebloei word

Ek was onder die indruk dat moderne dieselenjins self bloei (maw dit gebeur outomaties sonder ‘n handpompie).

Gelukkig werk die Padvinder nog so, anders het hulle moontlik nie so maklik die fout gevind nie. Nou is dit flat bokse op die N1 terug huis toe!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 04/06/2024 - 07:49

My stem is vir Wessel. Vuil diesel het die nuwe filter verstop. Ek het ook al so ondervinding gehad met die Cruiser. Direk na diens op pad na Namibië begin dit kop intrek as ek vet gee. By Upington ruil hulle die filter, verstop. Einde van probleem.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/06/2024 - 08:14

Waarom het dieselvoertuie nog die handpompie.? Ek dog die dieselpomp[e] sit die hele "common rail" onder hoge druk.

Dalk moet ek ou Grompie se boekie bestudeerlaugh 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 04/06/2024 - 08:24

As dit vuil diesel was, moes dit baie vuil wees. Oom Len praat van filter vervanging voor vertrek en het reeds probleem oppad KNP ervaar.....so moes met 1ste of 2de tank gewees het. 

Kan dit wees dat korporasie diesel so vuil is....daarom so goedkoop? Is hul diesel nie meer gemaak vir trekkers en plaas implemente wat vuil diesel kan hanteer nie?

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 04/06/2024 - 10:02

Oom Grootwind se paranoia wat dienste ensovoorts aanbetref weereens bevestiglaugh: (meeste al voorheen genoem)

- My studente Datsun 1600 het by die plaaslike Vanderbijlpark Datsun (deesdae Nissan) 'n diens gehad, iets het nie reg "gevoel" daarna nie, self alles deurgewerk. Eindresultaat, ek het oa. vir 'n nuwe lugfilter betaal, die ene wat nog in was is toe die ou vuil ene. Dieselfde gebeur met my eerste mpy voertuig, destyds 'n Opel Monza.  Les geleer? Alles wat met elke diens vervang moet word word met 'n klein Tipex kolletjie of merkpen gemerk, ook die wielvellings op so 'n manier dat ek kan sien of die wiele af was om die remskoene te evalueer....Behalwe goed soos ou olie en ou oliefilters dring ek ook aan dat ek alle ou onderdele wil hê.

- Sg. afslag diesel word vermy tensy ek die verskaffer goed ken. Vuil diesel (vermoed ek) het gelei tot 'n duur spul probleme met vroulief se destydse diesel Getz (Sy het brandstof ingegooi terwyl die tenkwa besig was om die ondergrondse tenks vol te maak, ek glo vas dis wat die sediment in die tenks opgejaag het en van dit het in die Getz beland). Les geleer? As 'n tenkwa by enige verskaffer staan hou ek verby sodat die spul eers kan "settle". In alle geval hou ek verby die kooperasie tipe verskaffers, oor die algemeen is hulle "forecourts" maar vuilerig wat op swak bedryfs huishouding dui...en waarskynlik ook dui op moontlike vuilerige brandstof. Diesel herstelkoste is eenvoudig net te hoog om onnodige risiko's te neem.

- Die rol van 'n diensadviseur by jou plaaslike agentskap (of enige werkswinkel wat aan jou voertuig werk) moenie onderskat word nie. My huidige trokkie is my 5de Ford almal by dieselfde agentskap gekoop. Aan die begin met byna elke diens met 'n ander diensagent te doene gehad, meeste met duidelik min tegniese kennis (niks anders as "glorified" klerke nie). Byna sonder uitsondering is my klagtes nie behoorlik aangespreek nie. Met die aankoop van die Territory het ek by 'n ou omie beland wat voorheen 'n Dakota mekaniek in die Lugmag was...sy kollegas het nie veel van hom gehou nie omdat hy so detail gefokus was, maar hy het elke keer elke probleem behoorlik aangespreek, sodanig so dat ek aangedring het dat hy my voertuie se diensagent bly. Ongelukkig het hy sowat 4 jaar gelede afgetree en na sy kinders in Australië verhuis. Sedertdien bly dit maar 'n gesukkel....my huidge trokkie het sowat 'n jaar nadat ek die gekoop het 'n olielek ontwikkel (en nee dis nie omdat dit 'n Ford is nie!). Elke diens daarna was dit of 'n "clamp" of 'n pyp of iets naders wat nie behoorlik vas was nie (vlgs die diens agent, of dan klerk). Laas Desember het dit harde woorde gekos teenoor die werkswinkel bestuurder, oftewel hoof mekaniek en die trokkie was op die ou end iets soos 3 dae in die werkswinkel...maar die probleem is opgelos. Les geleer? Wees versigtig wie by jou plaaslike werkswinkel as diens agent vir jou voertuig optree...hierdie persoon staan tussen jou en jou gemoedsrus! 

- Hou in gedagte dat byna geen werkswinkel 'n gekwalifiseerde persoon gebruik om goed soos filters en olie te ruil nie...dis gewoonlik nie eers 'n vakleerling wat onder toesig werk nie maar iemand wat waarskynlik nie veel meer weet as jou tuin mekaniek nie....nie sy/haar skuld nie maar met die koste van moderne werkswinkels spaar hulle ook maar waar hulle kan. 

- Ek gebruik 'n paar voorbeelde hierbo net ter illustrasie maar ek het dieslfde lesse geleer met ander voertuie wat ek ook besit het, oa. Toyota (ja regtig, maar dit was die verveligste voertuig wat ek ooit besit het!) Audi, Opel (die ene was 'n 2l "Big Boss"), twee Jeeps, twee BMWs en Suzuki. Noem my paranois (spelling?), maar ek is deesdae baie katvoet oor wie aan my voertuie werk asook wat ek in die tenk, enjin, ratkas gooi. As ek kon sou ek selfs die olie voor vervanging merk! (Maar ek gaan alles in alle geval deur nadat 'n voertuig terug by die huis is na 'n diens...kyk selfs of die olie werklik nuut is!)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus