Nee, ek het nie kop verloor nie !
Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-
- 28 April : vertrek uit Brackenfell
- 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
- 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
- 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 6 Mei : Malelane satelietkampie
- 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
- 21 Mei tot en met 29 Mei Satara
- 30 Mei : Malelane satelietkampie
- 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
- 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
- 4 Junie : Tuis
Nou sal my siel seker rus.
Opgedateer 15 Maart 2024
--------------------------------------------------------------------------------------------
I
Exclusive reparasies
Ek het voorheen genoem dat tydens ons Wildtuin-vakansie het ons buitelig al dowwer geword en dat ek dit mettertyd moet vervang. Ook in ons badkamer het die lig begin verdof en moet vervang word.
Nouja, die twee takies is afgehandel. Ek het gesukkel om 'n vervangende buitelig te kry en die goedkoopste wat ek kon kry was R400, maar te klein en nie waterdig nie. Ek bou toe maar my eie en het net die lens gekoop - my koste was R98 en verder stukkies "scrap" gebruik wat ek gehad het. Hieronder is die bewys van my eindresultaat.
Die badkamerlig is net buite sy huidige huls geskuif, nuut gemonteer en lig nou pragtig.


Goeie môre Len, Het die…
Goeie môre Len,
Het die kamera toe foutloos gewerk op die trippie Wildtuin toe en terug.
Dan weer net 'n melding van Joye's wors. Ek het iewers genoem dat dit nou nie die smaak het waaraan ons gewoond is nie. Ek het ook genoem dat dit nie sleg is nie. Ek kan wel vir jou sê dat ek seker so 2 keer 'n week van die wors eet en vind dit eintlik baie smaakvol. Geen ekstra snaakse speserye ens. Sal ek weer Joye's wors koop, JA definitief.
Hennie ...
... ek wou jou nie glo t.o.v. jou aanvanklike opinie oor Joey's boerewors nie, maar is bly om te verneem dat jou opinie nou verander het. Nou moet Wessel nog net bykom.
Wessel....
...sal nie gaande raak oor daai wors nie. Volgens Marie het ek 'n rare onverklaarbare smaak afkeur, of is dit nou voorkeure???![]()
Dalk het my suster my 'n streep getrek en nie Joey's wors gekoop nie., soos ons diepsinnige neef Herman gespekuleer het.
Nietemin, julle mense in DA-land moet julle wors geniet, volgende 5 jaar is julle veilig. Daarna verander die wors dalk na Julius sausage
maar is bly om te verneem…
maar is bly om te verneem dat jou opinie nou verander het.
Ek sê weer, nooit gemeld dat dit sleg is nie. Dit is net dat ek nie gewoond was aan die smaak nie. Ons het nou al ook Grabouw wors gekoop en vind dit ook nie sleg nie.
..sal nie gaande raak oor…
..sal nie gaande raak oor daai wors nie.
Tensy jy hiernatoe verhuis
Kampvriende is....................
..............wonderlike vriende. Ek het drie bewyse :-
(1) Op bl 28 het ek vertel van ons bure by Satara wat 'n mooi briefie en 'n paar gebreide handskoene in ons tent gelaat het voor hulle een vroeg-oggend vertrek het.
(2) Op die eerste foto hieronder het Annatjie 'n stel handgemaakte houtlepels van Lapskag (Johan Labuschagne) gekry met ons aankoms in die Wildtuin by Malelane.
(3) Oppad Wildtuin toe by Joos Becker karavaanpark in Pretoria kom Slowstrike (Danie) daaraan en bring vir ons 'n bottel spesiale koffie om ons welkom te heet.
Dis nou wat ek ware kampvriendskap noem.


Daai lepels is gemaak om…
Daai lepels is gemaak om gebruik te word Len, moet nou nie gaan bêre in 'n kas vir eendag nie. Maak seker hulle werk dan sal jy ons onthou wat lekker saam gekuier het.
Genoeg is genoeg, ek sluit....................
..............nou hierdie gesprekslyn hiermee af.
Len,
Jy moet maar lekker afsluit. Ek sal nog altyd hierdie draad opsoek vir al jou interessante vertellings en foto's vir tye wanneer ek nie wildtuin toe kan gaan nie, vir wanneer ek inligting nodig het t.o.v. enige iets wat die Kruger Wildtuin bied en sommer net aangename leesstof. Baie dankie vir die deel vanaf bespreking, terugslae, voorbereiding en uiteindelik die vakansie self. Ek hoop daar is 'n plan vir 2025 (Wiltuin toe)![]()





Nog nie Wessel.....................
...............maar hoop om dit in die komende week wel te doen.