Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Totsiens Willem - jy was 'n kampforum hoeksteen

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

willem

My hart is baie seer. Dit was so 'n groot skok toe ek die nuus hoor dat Willem Brits vanoggemd oorlede is.

Ek gaan jou mis my vriend.  Jy was ons hoeksteen hier by kampforum en het 'n pad saam met my gestap om die forum te bou.

Sterkte aan Surette en Wihan.

WILLEM BRITS HERDENKBLAD

"Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom"

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

Willem

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 10/05/2023 - 08:32

Ek sien uit na die naweek se kamp saam met Geert by Wagon Drift, maar ek weet dit gaan 'n emosionele kamp wees, want met elke tentpen wat ek gaan inslaan gaan ek aan Willem dink.  

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 11/05/2023 - 17:03

Voorwaar 'n groot verlies vir almal van ons. Ek kan noem dat ons 2 so ' n bietjie van lyn kon gesels het oor die hout lepel maak en dan die seël / behandeling van so 'n lepel. Voorwaar 'n man met baie talent gewees. RIV ou grote. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/05/2023 - 22:18

..................hierdie tyd het Willem nog op 'n vraag van my gereageer en môreoggend word hy finaal teruste gelê.  Hierdie jarelange vriend van my is darem so skielik net weg.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 15/05/2023 - 05:29

Len, Willem het verlede maandag oggend nog op 2 van my FB aksies ook gereageer.

Baie sterkte aan die familie vandag met die begrafnis.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 07:00

Die laaste plasing wat ek kan sien wat hy hier op forum geplaas het, was waar hy hartseer gevoel het van Klein Kariba se bestuurder wat oorlede is....seker onwetend dat sy beurt om die draai was. Nuus voel steeds onwerklik

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/05/2023 - 08:08

Môre Geert, ja die was regtig skokkende nuus.

Ons bid vir die familie vir sterkte vandag, sal graag wou gaan, maar dit is net te ver vir my om te ry.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 08:51

Weet iemand of daar dalk n YouTube uitsending gaan wees van gedenkdiens....link kan plaas asseblief

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 09:17

Ek het nou met Surette  op WA gepraat en sy sal die link stuur sodra beskibaar.

Dankie Hennie, waardeer

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 11:24

Mooi erediens....die afskeid was baie hartseer by lykswa, maar gelukkig kan vertroosting by Hom gevind word.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 15/05/2023 - 11:32

Kon sien dat Willem 'n Geliefde was. Tot die Dominee het bewoë geraak.

Ja, so moet ons almal daai paadjie loop. RIV Willem.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 15/05/2023 - 12:06

Met gemengde gevoelens na so stukkie gekyk maar ai dis swaar nie net omdat dit Willem se diens was nie. Ek is nie `n begrafnis mens nie en dit is altyd vir my moeilik.

Ek het in daardie einste kerk grootgeraak. Gedoop sondagskool geloop en as 12 jarige seun is my moeder uit daardie kerk begrawe so ook my vader 16 jaar gelede nes ou Willem vandag. Daar ook belydenis van geloof afgelê. Daar getroud deur dieselfde dominee wat my aangeneem en voorgestel het. Kinders is ook daar gedoop. Susters daar getroud hulle kinders daar gedoop ens ens.

Daar is nou die dag vir my gesê ons oues is in die hers van ons lewe en wat my die meeste pla is dat daar deesdae meer begrafnisse in my lewe is as kinders wat gedoop word en troues wat plaasvind.

Daar word in ons woud gekap en die bome val.

Mooi loop Willem...
 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 14:02

Ek het nooit die voorreg gehad om Willem in persoon te ontmoet nie. Maar tog voel dit asof ek Willem goed geken het. Dit was duidelik dat sommige van ons passies, gedeelde passies was - soos kampering en o.a. ATKV Eiland Spa. Ek het wel sy halfbroer, Jan Welthagen (stigter van Miami Canners), goed geken. Asook sy suster Amanda se man, Edward Vorster - sitrusboer van Letsitele. Willem het my in verbinding met Amanda geplaas i.v.m. 'n boek wat sy geskryf het oor haar en Edward se Afrika-toere saam met ander oud-kliënte van my.

Willem se laaste kommunikasie wat hy aan my gerig het op hierdie forum was 'n dag voor sy dood toe hy foto's van Eiland Spa se jukskei-aktiwiteite geplaas het en gevra het of dit my nie laat verlang nie. Min wetende dat my antwoord aan hom (om 16:31) sou die laaste keer wees dat ek direk met Willem "praat".

Ek gaan die ou grote mis op hierdie forum. Sterkte vir Surette en Wijan.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/05/2023 - 15:44

'n paar foto's van die briefie wat by vanoggend se diens uitgehandig was.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus