Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Totsiens Willem - jy was 'n kampforum hoeksteen

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

willem

My hart is baie seer. Dit was so 'n groot skok toe ek die nuus hoor dat Willem Brits vanoggemd oorlede is.

Ek gaan jou mis my vriend.  Jy was ons hoeksteen hier by kampforum en het 'n pad saam met my gestap om die forum te bou.

Sterkte aan Surette en Wihan.

WILLEM BRITS HERDENKBLAD

"Gedenkdiens vir my man Willem is gereël vir 15 Mei 2023 om 10:00 by die NG Gemeente Pretoria Tuine by 567 Schurmanns Ave, Pretoria Tuine, Pretoria, 0082
Verversings na die diens by die kerk.
Almal is welkom"

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

willem

Willem

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 16:46

Ek sit nou hier snot en trane en tjank. Ek het hom via die forum geken en slegs by 2 geleenthede in persoon ontmoet. die laaste was verlede jaar toe hy ons Herfsblaar plaatjies afgegee het.

Dalk moet ons sy afsterwe en die familie se rou eerbiedig, en maar Willem op die forum ook nou ter ruste lê.

Slegs 'n voorstel. 

 

0
Centurion
Profile picture for user JacquesR

JacquesR

Fri, 19/05/2023 - 13:24

'n Groot verlies van 'n groot gees in ons kampgemeenskap.
Ek het Willem ook leer ken van WegSleep forum dae en vir die eerste keer in persoon ontmoet by 'n Jurgens fabriek besoek wat hy vir ons gereel het.

Baie sterkte Surette, Wijan en familie. Hy laat 'n baie groot leemte agter.

Groete,
Jacques

 

 

0
Potch
Profile picture for user TORA

TORA

Mon, 22/05/2023 - 09:42

Dis altyd hartseer as so groot mede Kampeerder ons tragies verlaat, Sterkte aan almal wat hy nalaat, gelukkig bly die mooi herinering altyd by ons.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus