More almal. Nou rustig terug na n week se kamp in Montagu, weer was lekker, vreeslik geniet. Ek wil hoor of iemand kan help. Ons wil met karavaan na Calvinia vleisfees gaan, iewers in Augustus. Maar wil nie in die dorp bly nie. Moontlik weet julle van n plaas naby dorp met karavaan staanplekke, krag en water en vuurmaakplek asb. Dankie
Calvinia vleisfees
Ek weet nie van 'n plek buite Calvinia nie maar soos Maurits noem, Klipwerf is baie gerieflik en netjies. Ons het ook al daar gekamp en dit geniet.
Ek stem saam met ...
... Klipwerf. Maar kyk op Lekkeslaap na Kleinplasie, De Hok en Kalkgat. Almal bied kampeerplek ook aan. Kleinplasie is op 'n kleinhoewe buite Calvinia, De Hok is blykbaar op die rand van die dorp en Kalkgat 7 km uit die dorp.
Calvinia vleisfees
Servaas, Ek wil bitter graag jou Penta op die kerkkamp besigtig. Maurits





Calvinia vleisfees
Hoekom nie? Ons was laasjaar by die fees en het by Klipwerf in die dorp gekamp. Eie badkamer. Veilig en baie rustig. Maurits