Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Respek vir ander gelowe.

Meyerton
Submitted by Segekok on
Forums

Daar is iets wat my baie krap...  Dit is respek vir ander se geloof.

Die oomblik wat iemand iets so sê of plaas waar die een geloof bo die ander gestel word is die respek vir n ander geloof daarmee heen. 

Dit is goed om iets van jou geloof te plaas en respek vir jou geloof te te verwag...   MAAR dan moet daar seker n respek vir die ander se geloof wees as hy of sy iets sou plaas oor sy of haar geloof.

Die wreedste oorloë was nog altyd oor geloof en dit het nog nooit verander nie.

As daar dan gesê word dat as jy dit nie like nie moet jy maar verby blaai, geld dan seker vir alle kante.

 

 

Centurion

Dusty

Fri, 12/05/2017 - 04:40

Ek sien met die gesels hier dat almal dit eens het. Dit gaan oor die persoon se houding en nie sy geloof nie. Ek glo ann leef en laat leef. 

Respek is iets wat vedien word en kom nie vanselfsprekend nie.

'n Persoon moet nie vir my vertel watter tipe mens hy is nie. ek moet aan hoeaan sy optrede sien watter tipe mens hy is.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 12/05/2017 - 07:52

Ek sou nie hier kommentaar lewer nie, maar . . . .

Verlede jaar met my kolonkanker het Johann L draad begin op CP forum, en baie mense het my sterkte toegebid. Dit was vir die grootste steunpilaar buite my eie gesin.

Ek dank die Hemelse Vader ELKE dag vir al my seëninge en bede. Daar is tot dusver op die een draad meer as 10 000 besoeke, op ander een amper 5 000, op ander een 2 000?  Daar was vanoggend nog besoeke op van die drade. Ek GLO daar is mense wat nuuskierig is oor die ou, Frans Pretorius, en lees hier en daar, en dink maar so in die stilligheid, Ek wonder of die ou orraait is, en lees op die einde, by is gesond, dankie Vader!!!

As dit 10 was, of 100, maak nie saak nie, ELKE gedagte/woordjie/skietgebedjie, DIS die werking van die Hoër Hand. 

DANKIE. 

Goed, ek gaan nie enige persoon wat hierop gaan antwoord,aanvat/verkwalik oor enige kommentaar. Ek wou net MY persoonlike ervaring deel.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/05/2017 - 08:02

Jou siekte verlede jaar het  mense aangegryp en ek weet heelwat forumlede het vir jou gebid.  Ek en jy het basies vriende geword as gevolg van jou siekte, al was dit tot dusver nog net 'n "epos vriendskap".   Nou moet ons net almal bid dat Linda se gesondheidsprobleme ook reg gaan kom.   Ek glo dit gaan.

0

Ja, godsdiens is n snaakse ding, maak nie saak waaraan of waarin jy glo nie, iewers maak iemand n killing met die klingeling van geld.

En die beste van alles, niemand weet wat gebeur met jou as jy jou laaste asem uitblaas nie, seker die dat ons glo soos n kind.

Soos die keer toe die dominee vir die gemeente vertel hoe wonderlik die hemel is vra een van die gemeente lede vir hom,hoe weet jy was jy daar......?

Volgende vraag, waste geloof is die regte geloof of ware geloof....?

Voorbeeld - Inxa, n boesman in die Kalahari is n goeie man, eerbiedig die 10 lewens gebooie maar aanbid die Hottenstotgod.

Hy weet nie van beter nie want hy weet nie van God se bestaan nie want niemand het hom ooit van daai leer vertel nie.

Kom n sendeling eendag op hom af en maak hom wys dat hy n sondaar is om die Hottenstotgod te aanbid.

Interesant ne?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 12/05/2017 - 11:16

lees ek  nou weer die insette en gaan my gedagtes..

die mens se natuur (uit my ondervinding) is maar vol afguns, trots, en selfwaardigheid en is dit seker een van die bekendste feite - dat ons as Mense dit baie geniet om onself bo ander te stel al is dit op die kleinste maniere -  

Dink ek dan nou ook aan die politieke kant van sake -  ek dink aan een spesefieke persoon wat beide 'n Moslem is en vir die ANC stem!   Ja ek moet se ek het tot op 'n punt respek verloor vir die persoon, maar die laaste en mees belangrikste vlakke van respek vir die persoon word gebou op sy optrede.

2 van my beste vriende is beide egiptenare, so vir die wat al Cairo besoek het sal weet daar word heeldag gebid - en die moslems is baie ernstig oor hulle geloof. 

So wat nou gemaak as jy saam met hierdie ander persoon verkeer wat aan iets glo wat jy self dink die duiwel is -  en terwyl julle saam is sit hierdie afgod dienende persoon vir jou (christen) ore aan as dit kom by optrede, waardes en liefde vir naastes!  Hoe nou gemaak?  

0

Eish, ek sien daar is nou selfs n prediker wat met God praat op sy selfoon as hy besig is om te preek vir sy gehoor??

Ek dink hy betaal baie duur vir roaming!surprise

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus