Forums
So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Goeie more Jan, ek wil graag…
Goeie more Jan, ek wil graag jou opinie hoor oor die Suzuki Fronx wat jy seker nou al amper 2 maande het.





Tye verander.
Dankie almal vir die wense.
Wessel - die dubbel kanoe het ons alreeds.😏
Die Jurgens het ons adverteer en binne 'n uur het ons oproepe gekry. Webuycars het uitgekom en redelike prys aangebied. Eerste keer nie aanvaar nie en genoem dat die Ranger miskien ook gaan.
Toe goeie aanbod op Ranger en Classique saam gekry. Classique het hulle dadelik geneem en betaal en Ranger kans gegee vir 7 dae.
Kon nie beter inruil prys by die handelaars vir die Ranger kry nie. Almal noem dat Webuycars beter aanbod maak as hulle.
Aanbod vir die Ranger aanvaar en kan hom hou tot die 15de toe.
Kon beter prys vir die Classique privaat gekry het maar was nie lus om te onderhandel en later te argumenteer oor wat nou nie reg is nie.
Was moeilik om die Ranger te laat gaan maar vir langtermyn was dit die beste. Nou is geld in die bank en kon nuwe voertuig kontant koop met heelwat kleingeld wat oorbly.
Suzuki Fronx bestel wat volgende week afgelewer sal word.
Ander planne vir die toekoms. Sal volgende week weet.