Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/04/2024 - 08:25

Chris B, nou het jy my verloor, waarvoor staan ATB?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 14/04/2024 - 14:05

Anti-Tent Brigade. Of Wessel of Len is waarskynlik taamlik hoog op in dié organisasie.😏

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/04/2024 - 15:00

Nee wat, dit is net omdat ek nog nooit met tente kampeer het nie. Dis iets buite my verwysingsraamwerk.laugh 

  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/08/2024 - 06:47

....is alles reg sodat julle môre in die pad val??? Diefwering voltooi, Ranger gediens, vrieskas styfgeprop, en al sulke dinge.

Julle moet heerlik en veilig reis. Geniet dit gate uit en onthou van die droëbek vriende wat uitgehonger wag op fotos van julle reis.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 31/08/2024 - 07:04

Môre  Wessel..................................................ja alles gepak net koue goedjies en padkos sal môre  vroeg gelaai word. 

Sal môreaand in Upington oorslaap en vroeg Maandag in Twee Rvieren wees. Ai dit bly maar lekker al is ons permanent op "vakansie" om die opgewondenheid te beleef.

Gaan bietjie snaaks voel sonder die woonwa maar sien baie uit na die toertjie. 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/08/2024 - 10:12

maar uiteindelik het julle beurt aangebreek!! Hoop julle gaan 'n fantastiese tyd hê. Ek gordel solank vas - hier kom 'n lekker verslag en foto's (ek glo) en veral met die verrassing wat jou seun in gedagte het kan dit net prettig raaklaugh

Mooi ry. Ek bly ingeskakel....... 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 31/08/2024 - 19:24

Veilig ry en geniet elke oomblik, soos jy sien, almal wag op terugvoer yes

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 01/09/2024 - 05:22

Baie dankie.....................................................vir die goeie wense ons is oppad. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 02/09/2024 - 06:57

Veilig in Upington...............................aangekom gister middag. Net baie vervelige pad van Drie Susters af om te ry. 

Oorgeslaap in The Cape Lodge wat mooi klein kamers het maar goed versorg. 

Nou oppag Kgalagadi toe. The Cape Lodge

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/09/2024 - 07:07

Lyk na oulike plek. Veilig verder reis en geniet die Kgalagadi

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 02/09/2024 - 07:14

... ek glo dit is een groot lekkerte wat voorlê. Ek sien in my geestesoog die pad wat julle vandag tussen Upington en Twee Rivieren ry. Dit voel of ek sommer noudie dag daardie pad gery het - alhoewel, dit was noudie dag toe ons eers lekker ontbyt by Diamond T Coffee Shop in Askham geëet het. Geniet elke oomblik.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/09/2024 - 13:41

Jan, as jy dink gister se pad was vervelig, dan gaan jy vandag nog ene ry. Ten minste kan mens met veiligheid by afdakkies stop vir koffie en eetgoedjie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 02/09/2024 - 15:28

Twee Rivieren............................................aangekom en baie brandstof gebruik. Die wind was baie erg van skuins voor en die brandstof verbruik was dieselfde as wanneer ek die woonwa sleep. 

Dit is 30grade hier en besluit ek toe om vir Elmarie te bederf en opgradeer toe na 'n huisie. Die Kgalagadi is virskriklik droog en die paaie rof. Nietemin was ek nogal taamlik aangedaan net om hier te wees want met 75jaar oud weet ek nie of dit miskien die laaste keer is wat ons dit sal kan doen nie. So ons gaan die beste van dit maak. Kgalagadi

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/09/2024 - 15:39

...dis verskriklik. Sommer net om te vergelyk toe ons daar was, heg ek foto aan.

gras

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/09/2024 - 16:08

en droë suipings is nooit lekker om te sien nie. Ons moet darem weet dat dit aan die einde van die winter is en glo dat die nuwe reënseisoen wat voorlê weer verandering (ten goede) sal bring.

Baie bly dat julle veilig gery het tot dusver. Sterkte met die hitte maar kuier ook lekker. Hou moed, Janlaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 13:01

...is julle al veilig by kinders op die plaas.?? Is dit by hulle ook so droog??

Lekker kuier!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/09/2024 - 07:21

....ek aanvaar dat julle so lekker kuier en toer dat daar nie tyd is om bietjie terugvoer te gee nie. Of, dat tegnologie jou aan bande lê.

Geniet dit wat julle doen

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus