So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Ons moet versigtig wees
Jan, ek probeer om nooit met wa aangehak by 'n winkelsentrum te stop nie.
Mems moet eintlik maar elke keer om voertuig, en wa stap en inspeksie hou. Dan kan hulle maar skree.
Gelukkig het hulle nie sy wa se handrem opgepluk nie. dis sulke insidente maat my laat dink om my handrem gesluit te hou.
Doringhoek is ons…
Doringhoek is ons piekniekplek, Loer altyd oor die skouer as jy daar uitklim, leeus kom gereeld daar rondlê.
rondlê leeus
Herman, is Doringhoek omhein, met 'n hek of oop.
Ek was nou reeds 2 keer in KarooNP, en nog nie eers net uitgeklim om te gaan inspekteer nie. Ek onthou dat Chris Boucher ook van die piekniekplek hou.
Dit is omhein, tafeltjies…
Dit is omhein, tafeltjies,braaiplekkies en ablusies.
Doringhoek
Middag Herman
Ons sal dus Meimaand 'n mandjie pak, leeu-afweermiddel saamvat en daar gaan piekniek maak. Gewoonlik laat ek Marie eerste uitklim .....
Doringhoek.................
.....................is ook ons gunsteling piekniekplek in Karoo NP.
Montagu ons tuiste…
Montagu ons tuiste.........................................vir ten minste die volgende twee weke.
Is vanoggend uit die KarooNP weg en N1 en R318 gery tot in Montagu karavaan park. Die N1 was baie besig na die noorde maar ons het lekker gesleep met wind van agter.
Die werêl hier is baie mooi en sal die geleentheid gebruik om die omgewing te verken. Pragtige skoon dorp met baie ou historiese huise.
Koel hier na die Karoo en gaan nou die warm swembad opsoek.
Wessel…
Wessel.....................................
"Jan, hoe het jy die pad gevind met jou swaar wa wat bly stoot??"
Die pad is bietjie hobbelrig maar in 'n goeie toestand. Ons het stadig gery en afdraandes het nie gepla nie. Die Ford tel nie spoed op nie maar beheer die afdraande en gewig goed. Maar min rem getrap en dan ook net effens om die skerp draaie. Is normaalweg nooit swaar op remme nie.
Het in automaties gebly en die ratkas en Ford se brein die werk laat doen. Sleep nog al die jare in Auto en nog nooit die nodigheid gesien om in Sport te sleep nie.
Stadig gery want wou die pragtige natuur geniet.
Dink van Montegu terug N1 toe gaan jou brandstof beslis verdubbel. Gaan 'n swaar trek wees.
Montagu
Môre Jan, julle is nou in 'n mooi deel. Vind uit by die inwoners/info kantoor, oor al die besienswaardighede. Onthou die volgende;
1] trekkerrit berg op
2] sirkel roete via Asthon-Robertson- Bonnievale- Montagu. Maak net seker of dit veilig is om om Coggmanskloof te stop om na engelse fort te kyk, bo-op die tonneltjie.
3] dalk eendag Montagu- Barrydale, Tradouwspas- Swellendam - Montagu
Geniet julle tyd daar.
Ek is nogal verbaas, ek is onder die indruk dat 'n outomatiese ratkas, in Drive, teen sulke steil afdraendes, met 'n vrag, net sal wil weghardloop.
Spoedbeheer op Ranger
Die Ford tel nie spoed op nie maar beheer die afdraande en gewig goed.
Soos ek voorheen genoem het, het ek met spoedbeheer gesleep huis toe gister. Daar is ‘n paar steil afdraendes. Die Ranger skakel terug om met die enjin te probeer rem. Met ons byna 5 ton het dit egter bo 100kph (werklike spoed) geklim as dit te steil raak.
Nog nooit probeer....
....met spoedbeheer vreeslike steil passe af te ry nie.
Ek het ook nog nooit dit oorweeg/bedink om spoedbeheer, sê teen 40km/hr of wat veilig is, in te span om snelheid teen erge afdraendes te beheer nie. Dan ry ek handrat.
Veilige afdraendes sonder draaie, skakel ek die spoedbeheer af, en laat die kombinasie maar bietjie spoed vang, vir die volgende bult. Ons kan mos ook dink en paaie opsom.![]()
Jan: Hoe stadig is jy daar af op die R318??? Daar is 'n paar vieslike draaie ook nog. Onthou, dis saamgesels en nie kritiek nie. Binnekort wil ek ook nog daar af gaan, dis mos my habitat van geboorte af.
Wat sukkel julle so.......................
.................met sleep teen afdraendes ? In 1970 was ons oppad Wildtuin toe via Lydenburg (toe die pad nog sonder slaggate was !) met my Ford Anglia en Sprite GT agterna. Hier is 'n foto waar ons bo-op die steil Longtom-pas stilgehou het om 'n foto te neem. Daarna is ons anderkant af teen die steil afdraende sonder brieke wat warm geword het (nog remskoene en nie remskywe nie !) - ook net 'n gewone 4-spoed handratkas.
Julle moet bykom manne !

Ford is lankal koning
my Ford Anglia en Sprite GT agterna. Hier is 'n foto waar ons bo-op die steil Longtom-pas stilgehou het om 'n foto te neem. Daarna is ons anderkant af teen die steil afdraende sonder brieke wat warm geword het (nog remskoene en nie remskywe nie !) - ook net 'n gewone 4-spoed handratkas.
Ford is lankal koning …
Ford is lankal koning
Gewag vir daai een.
Wessel. "Hoe stadig is…
Wessel.
"Hoe stadig is jy daar af op die R318??? Daar is 'n paar vieslike draaie ook nog."
Kan eerlikwaar nie sê wat my spoed was nie. Vandat ons die Classique gekoop het en nou dat tyd nie saakmaak nie ry ek baie konserwatief en stadig. Omdat ons lank staan is ons swaar gelaai met tente en alles wat ons miskien gaan nodig kry. Besef ons kombinasie is swaar en omdat ons nie weer 'n sleepvoertuig sal kan bekostig nie pas ek die Ford mooi op.
Dit gebeur gereeld dat as ek steil afdraande ry die Ford terughou en wanneer die pad reguit word en ek vinniger kan ry wil hy nie oorskakel nie. Dan moet ek vet gee dat hy oorskakel en die rewolisie afbring.
Jan...
...hoe gaan dit op Montagu en omgewing. Beweeg julle bietjie rond in daai mooi omgewing.
Moet nou nie sit en verdroog nie, daar is heerlike wyne te kus en te keur by verskeie kelders te proe en te koop. Boonop is daar op Bonnievale 'n kaasfabriek en winkel ook.
Kinners wat daar gebore word, se 1ste woord is "skink", en dan later 2de woordjie, Ma!!!





Wessel…
Wessel.....................................................het juis OK vermy want ons kamp buurman het oppad hierheen gou daar gestop met wa aangehak.
Toe hulle uitkom en wegtrek hoor hulle 'n helse geskreeu en hy dink hy het 'n hond raakgery. Skielik klomp plaaslike bevolking by sy venster wat sê daar is fout met sy karavaan se wiel. Gelukkig hou hy kop en sy vrou skrik en skreeu hy moet ry.
Die deurpad is gelukkig naby en hy ry toe tot so 150m op diė pad en stop. Daar was niks verkeerd met sy wiel nie.
Was by Checkers.