Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -2 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -3 hours ago
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -4 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 24/01/2024 - 06:22

Jan, dankie vir die deel van jul droom toer, die fotos is baie mooi en vertel duidelik hoe mooi daai omgewing is.

Nou verlang ek darem na ons toere vroeër, ons het so baie gedoen en gery maar, het tog so baie gemis.

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 28/01/2024 - 19:59

Dwarsweg strand..............................................is ons nuwe kamp. Het vanoggend Montegu met 'n swaar hart verlaat want ons het regtig baie lekker daar gekamp. Die kamp is baie netjies en daar word gedurig verbeterings aangebring. Die groot warmwater swembad se glas deure word vervang met halfmure en blindings  omdat dit bietjie benoud is met die voledige glas panele. Sal beslis daarheen terug keer.

Groot teenstellling met Dwarsweg strand oord. 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 28/01/2024 - 21:30

... na Montagu Woonwapark. Synde ek die "Ou Lady" met haar nuwe yskas eerskomende Dinsdag gaan haal in Somerset-Wes, het ek vir Ralie voorgestel dat ons dalk iewers gedurende Februarie 'n toetslopie moet doen (en spesifiek Montagu voorgestel) - is my battery bietjie nat gepiepie toe die "government" sê dat ons het besluit dat ons eers later in die jaar gaan kamp - gesien in die lig van ons Maart-wildtuinkansie en Apr/Mei se Noord-Kaap/Namibië-toertjie.

Ek luister maar as die "government" praat.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/01/2024 - 05:49

Môre, wat bedoel jy met " groot teenstelling met Dwarswegstrand" Dit klink so of jy effe teleurgesteld is met Dwarswegstrand. 

Waar staan julle in die oord.

Kruip julle so stadigaan nader aan die nuwe huis, en die groot werk van intrek en inburger.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 06:16

Môre  Wessel..................................................ja Dwarswegstrand is nie wat ons ons voorgestel het nie. 

Teleurgestel miskien nie maar ons is gesê ons het 'n gras staanplek maar staan net op sand. Hier is ook geen koeltebome nie en dit is vrek warm. Mense sonder lugverkoelng sit met nat handoeke onder die tente en die met is binne in die karavane. 

Net nie vir ons nie. 

Ja ons probeer maar nader kamp dat ons die trek kan afhandel en verder gaan toer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/01/2024 - 06:30

Môre Jan, jy is reg, daar is weinig of geen bome nie. Dit het ons nie in 2022 gepla nie, want ons was in April daar.

Skielik wonder ek, is daar groot bome in ander see -woonwaparke? behalwe vir 'n ry struike/melkhoute in Jongensfontein, was daar ook nie juis bome versprei deur die oord nie.

Gelukkig het ons mos almal maar die grondseil/net wat oopgegooi word, as ons 'n grond/sand staanplek tref.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 07:01

 Die net grondseil ...............................................werk nie want die sand kom regdeur en moet jy die sand uit die karavaan probeer hou. 

Ons het vanoggend deur die omgewing gestap en daar is mooi tuine met groen gras en groot bome. My gevoel is dat daar nie mooi na die karavaanpark gekyk word nie. Hulle sit met 'n juweel. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 29/01/2024 - 07:17

Ons het vanoggend deur die omgewing gestap en daar is mooi tuine met groen gras en groot bome. 

Goeie môre Jan, net sekere van daai strandhuisies ens behoort aan die oord. Die meerderheid van die huise is in privaat besit. 

Hierdie is weereens 'n bewys dat mense verskillende voorkeure/behoeftes het.

Ekself het ook NOOIT daarvan gehou om op grond/sand te kampeer nie. Gee vir my ordentlike gras, of dan plaveisel. Die bome wil ek ook nie hê nie aangesien voëls alles kan beskuit.

Hoe lank gaan julle daar staan?

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 07:33

Môre  Hennie................................................ons het nog nie betaal nie want die oord se kantoor maak 11h00 op 'n Sondag toe. So ons sit nou en besluit wat ons gaan doen. 

Ons is eintlik vasgevang want wag vir die registrasie van die huis en moet 'n maand kennis gee vir die stoorplek ook nog. 

Wil ook nie aanmekaar op en afslaan nie dis warm. laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/01/2024 - 07:44

Dis net af in die straat, en ek dink daar kan dalk bome wees? Kan blykbaar egter nogal warm raak daar agter die duin. Hartenbos se seefront is ook in die son sover ek kan onthou, tensy mens agtertoe gaan staan maar dan is die see uitsig weg. Victoriabaai buite George het ook nie koelte wat ek kan onthou nie. Dan is daar Ebb & Flow maar dis nie op die see nie en by Sedgefield is daar ook ‘n munisipale oord maar ek was nog nooit daar nie. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 08:32

Chris en Hennie...........................................dankie mense wat saam met ons gekamp het in Montegu het ook Glentana aanbeveel maar ons wou Dwarsberg beleef. 

Die munisipale kamp by Sedgefield het ook min koelte. 

Ons het besluit om 'n paar dae hier te staan want is nie lus om weer af te slaan nie en hopelik word die huis uitgesorteer. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 29/01/2024 - 09:07

Ons het besluit om 'n paar dae hier te staan want is nie lus om weer af te slaan nie en hopelik word die huis uitgesorteer. 

Maak nou maar die beste van 'n "slegte" saak. Julle kan natuurlik km's op die strand gaan stap. Kan ook lekker met fietse daar rond ry. Op watse nommer staanplek is julle opgeslaan. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/01/2024 - 11:38

Daar is darem van die staanplekke wat skadu het by Dwarswegstrandoord. Die meerderheid van die staanplekke is ook geplavei. 1-3 en 11-12 op die foto hier onder het bv redelik baie skadu en is almal geplavei. Die skadu is nie vir my belangrik nie, so ek sal nie een van hulle kies nie. Ek sal eerder nader aan die see wil wees, en verder van die paaie buite die kampterrein. 
 

Maar dit hang af wat mens daar gaan maak. Ons is ‘n gesin met jong kinders, so ons spandeer min tyd bedags by die staanplek. Meer tyd weg as daar in elk geval. Lank staners werk seker anders. Ek was nog nooit een nie en sal nog ten minste 13 jaar moet wag voor ek moontlik een kan raak. 
 

Ek hoop die verblyf daar is nie vir julle te aaklig nie, dis sleg as almal die plek so ophemel en dit voldoen dan nie aan mens se verwagtinge nie. 
 

A
 

 

A

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 13:56

Glentana karavaan..........................................park het meer skadu staanplekke maar ook baie wat heeldag in die son is. 

Ons het vanoggend daardeur geloop. Die groot pluspunt vir ons is dat die gras staanplekke mooi groen gras het en die hele kamp se gras is groen. Ook net agter die duin en ingang reg langs die see. Staanplekke wat sê gras beskadig is, is afgekamp ek neem aan vir herstel. 

Omdat ons nie lank voor die tyd wou bespreek het nie staan ons op no.6. Dit pla ons nie want dit is wat beskikbaar is. Toe ons vanoggend gaan betaal het is vir ons gesê hulle sal kyk en vandag laat weet of daar 'n ander staanplek met plaveisel vir ons het. 

Ons het egter besluit om net 'n paar dae te staan. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 29/01/2024 - 14:05

Ons het egter besluit om net 'n paar dae te staan.

Is die dokumente al ingedien by die Akte kantoor, of gaan julle maar Glentana toe verskuif. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/01/2024 - 14:16

Ek kan verstaan dat julle dit nie so baie geniet nie. Weereens sou dit dalk werk vir ‘n gesin wat maar min tyd by die staanplek deurbring, maar dis nie ‘n wonderlike staanplek om by te bly nie. Ek neem aan Glentana is dalk bietjie duurder omdat dit in privaat besit is. Dwarswegstrandoord moet nou maar die laaste paar staanplekke ook plavei en ophou sukkel met gras. Tydens twee blokke in Desember en die staan voor en na dit kry die gras hard pakslae. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/01/2024 - 14:45

Dokumente en prokureurs..............................het my moer lelik in die rooi vandag. 

Ons het al die 8ste Desember die volle koopprys betaal. Kan verstaan dat dit maar lank sou vat gedurende die vakansie seisoen. Wat my woedend  maak is dat ons Vrydag die prokureur geskakel het om te hoor of daar 'n probleem is om die uitstaande belasting sertifikaat te kry. Sê sy nee hulle bly opvolg met epos maar hoor niks. 

Vanoggend gaan ons seun na die munisipale kantoor in Knysna om te hoor wat aangaan. Die persoon vra toe die verwysing nommer. Ons skakel die prokureur en skielik sê sy nee sy sal opvolg.  Sê ek se gat gee my die verwysing nommer my seun staan in die persoon se  kantoor en wag. Sy gee toe die nommer en wys die persoon my seun dat sy eers vanoggend aansoek gedoen het. Ryk toe dadelik die sertifikaat uit. Nou sê  hulle so 10dae by akte kantoor. 

Soos meeste weet is ek oorlede. Vandat ek op 74jaar in Julie 2023 op pensioen gegaan het probeer ek UIF eis.  Herwaarts en derwaards ten einde laaste die ombudsman wat my na 'n persoon in George verwys want op hulle sisteem is ek oorlede. Vanoggend die kantoor besoek om te hoor hy is met verlof. Met vreeslike vriendelike gesig wys ek hulle al my korrespondensie van Julie tot nou. Skielik word ek baie belangrik en hulle val oor hulle voete om my te help want dit is nie reg nie. 

Wel hoop bestaan nog en sal maar sien!!!!! 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/01/2024 - 15:59

....maar letterlik by UIF gaan SPOOK. Ek glo jy weet dat jy net 'n jaar kans het om gelde te bekom.

Ek het 10 maande uitgestel omdat ek nie in die rye wou staan nie. In brits begin jy half vyf in oggend toustaan, in die straat. Ek moes 3 keer gaan net om korrek op stelsel te kom. Daarna moet 'n maand verloop waarna jy weer in lewende lywe moes gaan aanmeld om betaling te inisieer. gelukkig was my 1ste betaling omtrent die volle bedrag. Daarna nog 2 keer gaan toustaan om laaste druppels te kry. Dit was sekerlik die slegste deel van aftree vir my, die interaksie met UIF.

My vriend is so getart by plaaslike kantore, dat hy sy humeur verloor het. Hy tel die amptenaar toe geheel oor die perspexs skerm, en seg vir hom---praat nou weer lelik met my. Nodeloos om te sê, hy het sy geld gekry, maar met 'n hartaanval en beroerte tegelyk in hospitaal geland daai aand.

Gelukkig het jy al jou dokumente gehou, en gaan jy regkom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus