Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -2 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -2 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -3 hours ago

Oktobermaand

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

.

Die foto geneem vanoggend oppad na die Zuid Afrikaans hospitaal. Hoe mooi is die jakarandas nie. 

Elke oud Tukkie weet presies wat dit beteken.

Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder
so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober:
die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
nog as ‘n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.

Dit is die maand Oktober:
die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.

Al was die dag soos yster,
lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
agter die berge gaan,
Dan word oor heel die w?reld
die mooiste geur geslaan.

Dit is die maand Oktober:
die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
daaronder by die sluis,
Daar is ‘n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis,

Dit is die maand Oktober:
ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober:
my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die m?re.
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!

Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!

Viooltjies in die voorhuis,
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!

(Christian Frederik Louis Leipoldt)

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/10/2023 - 14:01

Ja SS, ongetwyfeld die Jakarandastad, my grootword stad.  Baie dankie, die mooiheid beur 'n mens sommer op !

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/10/2023 - 15:08

Middag Slowstrike

Nou waarom oppad na die hospitaal. Hopenlik nie siekte nie, maar omdat jy daar werk??? 

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 18/10/2023 - 15:52

Wessel

Ongelukkig nie vir werk nie. Soos al die ander "ouer" manne hier is my gesondheid ook maar nie altyd wat dit moet wees nie.

Man hier van die Groenkloof  koppies is die Petoorsdorp darm maar mooi so in sy pers kleed.

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/10/2023 - 15:55

Slowstrike, die ZAH en sy mediese personeel is tops. My beterhelfte was verlede jaar daar vir 'n hartprosedure, en ons was/is beindruk.

Hoop jy is sommer gougou weer 100%.

0
Irene

Grootwind

Wed, 18/10/2023 - 16:08

Yip, Slow Strike. Die studente beginne bewe mt die pers blommetjies terwyl die dosente ook in 'n depressie verval met die baie merkwerk wat voorlê...dis eksamentyd in Tukkieland!

0
Pretoria

Geert

Wed, 18/10/2023 - 17:20

die ZAH en sy mediese personeel is tops

Omdat dit privaat bestuur word

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/10/2023 - 20:42

Ek dink ook dis 'n goeie hospitaal want as my geheue my nie in die steek laat nie :-

  • 71 jaar gelede toe ek 5 jaar oud was is my mangels in hierdie hospitaal verwyder
  • 44 jaar gelede net na die geboorte van my jongste kind, is my blindederm in hierdie hospitaal verwyder

 

Dus, ongewyfeld 'n goeie hospitaal, veral as hy oor al hierdie jare nie 'n naamsverandering ondergaan het nie !

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/10/2023 - 05:42

Môre Len

Ek vermoed jy sal dit nie herken nie. 

So 25 jaar gelede was my dogter met 'n noodgeval daar opgeneem. Daardie tyd was dit uitgelê as 'n enkel verdieping gebou met sulke binnepleine en tuine.

Verlede jaar vind ek die nuwe multiverdieping gebou, bo- en ondergrond parkering, wat nog nie eers voltooi is nie. 'n Vleuel met dokterspreekkamers met 'n gang verbind na die hospitaal. 

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/10/2023 - 08:08

Ek is ‘n Bloubul en het by UP (Tuks of niks) geswot, so ek onthou die jakarandas goed. Toe ons nog kaalvoet geloop het, het ons op die blommetjies getrap. As jy hom reg trap maak hy ‘n klapgeluidjie, Veral na die reën as dit nat is. Een dag toe ek een trap is daar ‘n skerp pyn in my hak. Daar was toe ‘n bytjie binne-in. Dit was die einde van my trappery.
 

Op Tuks se hoofkampus was daar ‘n bygeloof dat jy jou eksamen sou slaag as ‘n blommetjie op jou kop val voor die eksamen begin. Daar moes egter nie meer as een op jou kop val nie. Na die eerste het mens dus die bome vermy sover moontlik. Ek is nie bygelowig nie, maar in elk van my vier jaar het een blommetjie op my kop geval voor die eindeksamen en ek het nie een vak gedruip nie. Een dag voor die eksamen begin, sien ons die een jaar ‘n knaap wat onder die boom staan terwyl sy vriend ‘n tak skud. Al die blommetjies het egter rondom hom geval. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 23/10/2023 - 11:59

Beter nuus as afgelope paar maande....veral petrol

If these market conditions were to remain consistent for the remainder of the month – an unlikely scenario with the rand/dollar exchange rate ever fluctuating and the oil price changing – a decrease of 195 cents is expected for petrol 93 octane motorists and a decrease of 200 cents for 95 users.

Meanwhile, diesel motorists would see something around a 88 to 92 cents per litre decrease.

Finally, illuminating paraffin is expected to decrease by 85 cents.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/10/2023 - 09:31

....nuwe geselse uit, dis nou as die rugby tot 'n einde loop môre aand. Dit sal maar vreeslik jammer wees as die insette tot die forum dan drasties gaan opdroog.

Gelukkig is die Desember vakansie om die draai, en hopenlik sleep julle die land plat. Fotos's en insette oor julle reise sal welkom wees.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/10/2023 - 14:45

...........Janneman se lang Kruger-kuier gaan ons nou lekker besig hou met allerhande interessanthede van die kamplewe in en om Skukuza.

Jan, wanneer die brandstofprys daal, gaan hervul 'n bietjie by Ondersabie se nuwe diensstasie en neem vir ons 'n foto van die hervulling. Die vorige een het mos afgebrand en is na 'n lang tyd uiteindelik vervang en inwerking gestel.  En as julle by die pragtige uitkyk-restourant gaan eet, kyk 'n bietjie tussen die dakbalke rond of jy die inwonende swartmanba sien

Maar doen dit op jou ander draad van julle kuier daar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus