Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Hoe gemaak met ou water in die watertenk en pype ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het die gebruik om die watertenk leeg te tap na 'n lang kamp en die water in die pype bly maar daar tot later. Net voor ons gaan kamp, koppel ek die tuinslang aan die karavaan se water-inlaat en draai dan al wat 'n kraan is oop, in die warmwater-lyn en die kouewater-lyn en spoel sodoende alle ou water oral uit die sisteem, ook uit die geyser.  Die water wat uitgetap word vang ek in emmers op en gooi dit op plante in die tuin.

Ek het nog nooit chemikalië in die watertenk gegooi nie en op hierdie manier het ons altyd skoon, reukvrye water wanneer ons kamp.

Hoe maak jy, is daar dalk 'n makliker/beter metode ?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 12:37

Ek kry nou 'n skrywe/gids van die Western University Canada oor die ontsmetting van watertenke. Hulle spesifiseer en onderskei tussen konsentrasie Chloor en Natriumhipochloriet benodig om te ontsmet. 

Gebaseer op hulle voorskrif, en die huishoudelike bottel Jik wat ons het tans, is die aantal bottels wat jy benodig op 40l water slegs 6 bottels. My aanbeveling tevore van 5 bottels was dis in die kol.

Die onduidelikheid van die vorige artikel was dat daar die konsentrasie Chloor en NaOCl [hipochloriet] verwarrend aangebied was. Eenvoudig gestel 1gram NaOCl bevat ongeveer 0.5 gram Chloor.   

Onthou net die konsentrasie NaOCl van 0.5% is om te ontsmet en skoon te maak, NIE om in drinkwater te voeg nie. 

Volgens die artikel is 20 minute kontaktyd voldoende.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 18/12/2023 - 13:51

Dit klink moer sterk, of is dit nie.

Beteken dit dan as jou tenk 120l is moet 18 bottels, of 13,5l  ingegooi word sodat die hele tenk oppv bygekom word ? +- 112ml / l klink sterk op die oor, maar sal die professor glo.  Dit sal al wat n organisme is spierwit bleik. Tot die septic tenk n smoking gee.indecision

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2023 - 14:05

Die probleem met die NaOCl is dat dit nie baie effektief is om biofilm te verwyder nie en daarom die hoë konsentrasies.      Jy kan die hoeveelheid verminder en dan die staantyd langer maak.

NaOCl en Cl is familie van mekaar.  Hulle het nog 'n middel sussie met die naam HOCL wat EINTLIK is waarna 'n mens soek wanneer 'n mens die Cl of NaOCl met water meng.    Die teenwoordigheid of verhouding  van Cl of NaOCl of HOCL is afhangend van die finale pH van die meng water.   Ideaal wil 'n mens teen 'n pH van ongeveer 6 - 6.5 uitspeoel.

pH 6 met meerderheid HOCl teenwoordig is 100 X meer effektief as pH 7.5 waar meer NaOCl teenwoordig is.   Die oksidasie redox potentiaal van die water speel ook 'n groot rol.   Om biofilm los te maak van oppervlaktes moet daar 'n redelike aktiewe en positiewe oksidasie potentiaal wees wat statiese verbinding van biofilm met die oppervlakte kan afbreek.    NaOCl in Cl doen dit nie baie goed nie.

So voor jy 6 of 10 bottels jik of milton koop, kry eerder 'n 5L HOCl Anoliet en gooi dit in die 40 L tenk en laat dit sommer oornag staan.    Dit is belangrik dat die pype ook gevul is.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 16:03

Dankie man, nou hoekom bly jy eers stil en laat my sweet met somme maak.

Almal bly vergeet dat jy mos vanwee beroep die waterspesialis is. In leke taal, jy is mos op die waterkar, of darem nielaugh  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 16:37

Jis Chris nou praat jy. In my dae het ons 3 kinders grootgemaak met die Glodina babadoeke, en die Sterinappy emmer. Ons het darem met vakansie, of wegkuier dae, die weggooi doeke gebruik, en dan baie ryk gevoel.

Daai doeke het geen einde nie, ek was nounog karre daarmee, 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 18/12/2023 - 17:11

Daai doeke het geen einde nie, ek was nounog karre daarmee, 

Ek gebruik ook nog van die doeke vir kar poleer. My downsdogter het ons op glodina doeke grootgemaak aangesien sy sonder anus gebore is, en kolostomie operasie op 4 dae oud gehad het. Dit is na 9 maande herstel met verskeie operasies en funksioneer sy 100% korrek vandag. 30 jaar later. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 21:20

Dit is na 9 maande herstel met verskeie operasies en funksioneer sy 100% korrek vandag. 30 jaar later. 

Dis ‘n gelukkige einde. Wonderlik! 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2023 - 23:22

Anton, nou waar koop ek 5 liter HOCL anoliet ? Sal die mense weet waarvan ek praat ?

Opvolg vraag :  ek het by die huis drie reënwater-tenks (2200 liter elk) wat ons ook in die huis gebruik deur middel van 'n drukpomp na die huis se waterstelsel nadat die munisipale stopkraan toegedraai is, natuurlik net as daar reënwater in die tenks beskikbaar is.  Hoe gereeld moet ek die tenks reinig, eenkeer per maand ?  Nadat die tenks met reënwater gevul is, verbruik ons dit binne een week  -  die water staan dus nie juis in die tenks nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/12/2023 - 05:39

Ek het ook so 'n klein tenkie by die huis, vir noodgevalle. Die word volgehou met dorpswater. Groot was my verbasing toe ek na paar jaar dit wou skoonmaak. Ek het gedog dat die water moontlik vergroen met alge sou wees, want die tenk staan in die volson.

Ek het die tenk leeggemaak en plat neergesit. Daar was geen teken van alge nie, want geen lig [swart binne ] het water bereik nie. Omdat ons nie die water drink nie, sukkel ek nie met enige reiniging of ontsmetting nie.   

0
Worcester

Wildehont

Wed, 20/12/2023 - 08:00

Ek dink die beste manier om te voorkom dat ou water slegte reuke in ‘n woonwa of boswa se waterpype/-tenk veroorsaak is om gereeld te gaan kampeer. Sodoende spoel daar aanhoudend vars water deur die stelsel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/12/2023 - 10:20

...jy is natuurlik heeltemal korrek, maar ons omgewing se somerhitte breek my lus vir kampeer. 

Ek dink so bietjie Milton vir die tenke is goedkoper as paar liter diesellaugh

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 20/12/2023 - 13:13

Dit is nou n' in diepte voledige bespreeking van die onderwerp en ek het baia hier geleer. Dankie vir almal se insette. Ja, en soos Wessel genoem het, die klein bietjie Milton sal te min wees om skade aan die geyser se vlekvrye staal te gee nie.

Wat ons ook gevind het (en dit is hier bo genoem) is as jy gereeld of permanent kamp en jou water in die tenk vinnig gebruik. D.W.S. as jy soos ons die woonwa se tenk water gebruik vir stort, skottlegoed was en all jou waskamer behoeftes dan kry die tenk se water nie kaans om vrot te word nie. Ons het tot gevind dat as ons die "Tank Buddy" gebruik om die tenk vol te hou kry die water naderhand n' reukie. Die beste is, gebruik die tenk vinnig (so twee dae) leeg en dan tap jy hom weer vol.

Dit gesê, ons drink tog nie die tenk se water nie, so, as dit nie meer so skoon is nie dan is dit nie gevaarlik nie.

Ons gooi wel so een keer per week Domestos in die dreineerings pype aff. Dit hou die kokerotte en ander reuke daar uit. Ons hou ook gewoonlik die proppe in die was bakke. Die aff voer pype het nie "P" traps nie en hulle het staande vuil water in. Dit raak mettertyd on-higieenies.

Geniet julle dag en lekker kamp.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/12/2023 - 22:28

.............vir die raat om Domestos in die dreineringspype te gooi en ook om die wasbak-proppe toe te hou.  Ek gaan dit van nou af ook so toepas.

"TankBuddy" : ek sien jy gebruik dit ook.  Myne wil nie die watertenk vul as dit leeg is nie.  Die watertenk moet eers gevul word tot vol en dan word die TankBuddy gekoppel en dan hou hy die tenk van dan af vol.  Maak joune ook so ?

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 21/12/2023 - 13:27

Len, ek gebruik die tank buddy net waneer ons meer as 3 nagte op een plek staan. Wanneer die water begin klank kry haal ek hom aff en gebruik die tenk tot die rooi liggie aan kom. Len jou probleem is dat die breather pypie net bokant die vull gat verstop is. Die gogas (veral perde bye en spinne koppe) maak ness binne in die pypie en dan sukkel jy om die tenk vol te kry. Gebruik n' gekopelde tuin slag wat teen die gaatjie gedruk word om die pypie oop te blaas met kraan water. Daai breather pypie moet heltemaal  oop wees. Waneer jy die tenk met die tuin slang vol maak moet die luk behoorlik suis soos dit daar uit kom. Ek druk n' strooitjie in die gat waneer die tankBuddy gekoppel is. Ek het al menigde mede kampers gehelp om die geblokte pypie oop te maak. Dan werk die vullery weer perfek.

Ek hoop dit help.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 21/12/2023 - 13:32

Waneer die tenk vol gemaak word en waneer hy vol is moet die water by die breather gaatjie uit spuit. As dit net uit loop is die gaatjie gedeeltelik verstop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus