Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -11 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -17 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 30/01/2024 - 21:09

Tussen Mei en September die jaar....

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 05:33

Môre vriende, sommer vir saamgesels met die gesprek, lyk ons beplanning tans as volg;

1] Laat Maart. of vroeg in April na Manyane of Marakele, moet nog bespreek. Paasnaweek is oor Maart se laaste naweek, en dan wil ek nie kampeer nie. Dis net te besig.

2] Omtrent die hele Mei vir Sanparke kuier, in volgorde van besoek, begin in Mokala, KarooNP, Camdeboo en laaste Bergkwagga. Bespreek en deposito's betaal

3] Krugerwildtuin van 8 tot 29 Julie, begin in Tsendze, dan Satara, af na Onder Sabie, en om na Berg&Dal. Deposito's al betaal.

4] Ons sal nog sien en dink oor die maande Augustus en September, dalk maar weer Manyane of Marakele.  

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 31/01/2024 - 07:53

... is daar vir die res van die jaar nog geen spesifieke beplanning nie. Wat ander wegbreke aanbetref is daar darem die vooruitsig om 15 - 31 Maart die pad noorde toe te vat om bagasie-karweier te gaan wees in die wildtuin vir my ver kinders en hul Noorweegse vriende.

En dan ook 'n kort toertjie na Kgalagadi en Namibië tussen 20 Apr en 3 Mei.

Daarna sal vakansiefondse maar skraps wees en sal ons waarskynlik nie voor Okt/Nov die "Ou Lady" haak nie. Maar ek is in die beplanningsfase van 'n lang trip vir volgende jaar.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 31/01/2024 - 08:34

Die mollers van petroldorp gaan n week in Maart De voetpadkloof se boskamp kamp en dan 8 Julie tot 8 Augustus by ATKV Eiland staan en laaste week by eiland gaan jongste kleinseun my ons wees albei ouers werk 12 ure dag skof so oupa en ouma help uit dan sal ons maar sien wat res van jaar gaan bring

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 31/01/2024 - 09:59

Hier is die Smalle se beplanning vir die jaar sover:

 

Dwarswegstrand 21-31 Maart op staanplek 29 (klein deposito betaal)

 

Kruger wildtuin toer Junie/Julie:

Sable dam skuiling 18 Junie

Shingwedzi heining staanplek 19 - 26 Junie

Tsendze staanplek 28 van 26 - 30 Junie

Letaba 30 Junie

(50% deposito betaal)

 

Dwarswegstrand 26 Desember 2024 - 11 Januarie 2025 op staanplek 33 (25% deposito betaal)

 

Ander naweke en langnaweke moet nog vasgemaak word. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 13:06

kampeer die jaar!!!! anders sneuwel daar dalk 'n paar oorde ook. A nee a, was en politoer die waens, skaf nuwe Japscrap bakkies aan, en gaan sleep die land plat. 

Capice? 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 31/01/2024 - 14:17

Het nog min besprekings vas. Tans is dit Wagonsdift vir Maart en dan KNP vir Julie. Dan wil ons weer KZN see toe einde die jaar of net na nuwe jaar. Die res sal met tyd kom

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 31/01/2024 - 15:26

.... sien boontoe, dalk kamp ons mekaar raak Julie maand

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 31/01/2024 - 19:43

sien boontoe, dalk kamp ons mekaar raak Julie maand

Dit sal lekker wees om jul raak te kampeer Wessel! Ek het nog nie finale datums nie, maar gaan probeer na skool vakansie in te klok. Beplanning is 3 kampe....Satara, Lower Sabie en Berg & Dal. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/02/2024 - 09:50

Môre, dalk het jy dit genoem, en ek is te lui om te soek, maar die Maart wildtuin karweier gaan waar in wildtuin bly?? Eie tent, wildtuin tent of chalet/rondawel??

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 03/02/2024 - 10:12

... ek en Ralie gaan al 2 dae, voordat ons die kinders en hul Noorweegse vriende op Skukuza lughawe ontmoet, die wildtuin in.

Ons verblyf in die onderskeie kampe is darem te kort vir tent opslaan. Gevolglik bly ons oral in vaste akkommodasie.

19 & 20 Maart - Berg-&-Dal (ek & Ralie alleen)

21 - 23 Maart - Skukuza

24 - 26 Maart - Satara

27 Maart - Onder-Sabie

28 Maart - Malelane (ek & Ralie alleen)

Die kinders vlieg 28 Maart vanaf Skukuza na Kaapstad.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/02/2024 - 11:02

Geert, ons gaan dalk uit fase wees, as jy kyk na my bespreekte datums;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Sarara     15 tot 21 Julie

Onder Sabie  21 tot 27 Julie

Berg&Dal      27 tot 29 Julie. aankoms en vertrek onderskeidelik.

Belangrikste vir julle is om plek te kry op kort kennisgewing, maar dis na die skoolvakansie darem.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 03/02/2024 - 11:19

Ons het reeds voorsiening gemaak vir Satara en Lower Sabie want hulle is reeds basies uitvetkoop vir Julie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 03/02/2024 - 12:33

My seun is af tussen hierdie datums...so sal daarvolgens bespreking maak. Gaan nie vir volle tyd gaan nie....wil ook eers gaan as skole weer begin het

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 03/02/2024 - 14:30

Ek moet ongelukkig n paar dae nog in die skool vakansie gaan aangesien my seun weer die 21ste terug moet wees. 

6-14 Julie Satara

14-18 Julie Lower Sabie

18-21 Julie Berg en Dal

So Wessel, ons gaan mekaar netnet mis kampeer,

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 06/02/2024 - 19:10

Praat ons twee oues verlede naweek van waneer dan ou Jurgie weer geniet. As ons nie beplan nie, gaan niks gebeur nie. Feb is hopelois te warm. Einde Maart is my maat se 70 big bash Woodstock hier, sal seker behulpsaam wees met die voorbereiding, en Einde Mei kom die argeloeë aan. So dit los ons met April, na die skoolvakansie en lang naweke en helfte Mei.

Plan is om oor twee naweke, so 15 dae weg te wees.  Begin by Karoo N Park, van daar Kamdebo, Bergkwagga, Addo, Stormsrivier.

Iets om na uit te sien.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 06/02/2024 - 19:35

Ons gaan met n groep 26-28 April by Sebenza Creek kampeer. Die oord gaan Saterdag oggend n pret "Park run/walk hou en daarna gaan hulle vir die hele oord trakteer op n gratis brunch by die swembad area. As hier lede is wat wil saamkom, is julle meer as welkom....sal lekker wees om n klompie van julle raak te kampeer 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/02/2024 - 19:52

..............dit sal 'n heerlike toertjie wees.  Ons het dit ook al gedoen , net in die teenoorgestelde rigting, behalwe Kamdebo.

Geert, waar is Sebenza Creek ?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/02/2024 - 20:01

naand Herman

Ons datums vir jou genoemde oorde is;

Mokala       6 tot 11 Mei

KarooNP    11 tot 16 Mei

Camdeboo 16 tot 22 Mei

Bergkwagga 22 tot127 Mei

Gaan ons mekaar erens raak kamp??  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus