Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 20/03/2024 - 14:45

Daars n hout heining tussen 28 en 29, maar soos ek op foto's kyk behoort jy agter hom verby te kan ry

Sou daar op 25 en 28 iemand staan, hang dit af hoe hulle opgeslaan het. Soos ons Januarie gestaan het en mense by 25, sou daar maklik n kar tussen ons en hulle deur kon beweeg het. Mense slaan egte groot op as dit by lang naweke en vakansies kom. As dit nie werk nie, vra hulp.....ons kampeerders is mos vriendelike en behulpsame mense {Vat net paar koues saamlaugh}

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/03/2024 - 14:52

Kyk nou weer hoe nuttig is dit om op die forum te wees. Ek het nogal gewonder oor die teenwoordigheid van ‘n heining tussen die staanplekke. Ek sal dalk daar kan verby, maar dan gaan die Kavango se regterwiel waarskynlik afklim van die plaveisel af. Dis waar Wessel se strop gaan inkom. Daar is so sleepstrop in die Ranger. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/03/2024 - 14:56

Sou daar op 25 en 28 iemand staan

Dis hoekom ek vroeg wil ry; daar is nie môreoggend iemand op 28 nie, maar hulle kom voor 14:00 in. Ons moet dus 11:00 daar probeer wees.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 20/03/2024 - 18:06

dan groet ek maar hier vir jou ook. Dwarswegstrand is skynbaar julle gunsteling see-wegbreek plek, daarom glo ek dat julle al baie uitsien na spesiale dingetjies om te doen. Die pad wat jy ry is ook nooit vervelig nie en dit maak dit soveel lekkerder.

Veilig ry, ons hoor graag van jou.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/03/2024 - 20:06

Dankie Rona, ons sien baie uit! Ons gaan nie gewoonlik twee keer ‘n jaar daarheen nie. Verlede jaar was ons Kgalagadi toe hierdie vakansie. Maar dis te ver en duur om elke jaar te doen. 

Ek het my dinge by die werk alles agtermekaar gekry voor uitvaltyd. Hier het ek my en die kinders se klere alles in die wa gepak, die tweede battery in die Ranger saam met my nuwe wasmasjien balie vuur drom en ‘n paar ander goedjies. Die Kavango is uit die motorhuis getrek en alles is reg in die se kombuis, neuskas en vrieskas. Salomien het al die kos kratte en ander kombuisgoed gepak. Sy moet nog haar klere, die handdoeke en beddegoed pak.

Môreoggend pak ek die Engel en die res van die goed in die Ranger, ons pak ons toiletware in die Kavamgo, haak die wa, klim in, bid en ry.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 21/03/2024 - 09:45

Wou sê die kombinasie lyk "windgat" maar is bang dat ek raas kan kry.....

Net 7 minute! Sjoe! Twee groen robotte dan maak mens weer die agterstand op.

Dit lyk na vakansielaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/03/2024 - 13:55

Ons het goed gery. Die pad was baie stil tot in Swellendam. Die N2 was bietjie besiger, maar dit het vir my gelyk of dit besiger is in die Kaap se rigting. Vinnige piepie stop in Albertinia en toe stop ons 10:53 by Dwarswegstrand se slagboom. Dit was sommer baie maklik om die wa reg te trek sonder ‘n strop.
 

A

Die kinders het mooi gehelp en ons kampie staan. Nou kan die vakansie amper begin. Ons moet net hout en water gaan koop. Dis baie bedompig hier, en ‘n WH Draught gly nou lekker af. My beker loop oor.

B

 

 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/03/2024 - 08:08

Dit was erg mistig gister. Ons het egter ‘n uur of wat saam met die kinders op die strand deurgebring, bal gespeel en gekyk hoe die slakkies bloublasies vreet. Die oord is vol, maar dis meestal ouer mense. Die oom op 24 sê hulle (pensioenarisse) betaal maar R4000 ‘n maand hier. Ons 10 aande kos my meer as dit. 
 

A

B
 

C

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 22/03/2024 - 10:28

dat jy die foto's met ons deel. Ek kan sommer die sand onder my voete voel en die see ruiklaugh

Pragtige foto van die slakkies en die bloublasie wat lyk asof hy na die woestyn verdwaal het - vra om geskilder te word.....

Hoop julle het mooi weer vandagsmiley

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 24/03/2024 - 07:57

Pragtige foto's Wildehont! Skielik lyk n bloublasie vir my mooi....of sal ek sê interesant 

betaal maar R4000 ‘n maand hier. Ons 10 aande kos my meer as dit. 

Ons het ook 2 jaar terug by n plek gekampeer waar ons R660 n nag betaal het en pensioenarisse R3000 vir volle maand.

Daar was noudie dag so bietjie woordewisseling op n facebook plasing gewees waar die een persoon R1000 per nag betaal het en sy pensioenaris buurman R139 n nag. Hy het gesê hy boicot daai oorde ten sterkste

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/03/2024 - 08:20

Die genoemde prysverskille  is baie erg.

Daar is egter 'n paar ongenoemde faktore, hoe word pakket bereken? Betaal mens vir 'n staanplek met maks. aantal mense, of per persoon. ???

Indien dit per persoon is, gaan 'n gesin met kinders beslis pro rata meer betaal. Chris S betaal nou R400/aand vir sy gesin, en sy bure betaal R133/aand vir 2 persone.

In baie oorde betaal mens 'n tarief vir die staanplek, dalk maks 4 persone. Dit bevoordeel weer gesinne, en klap afgetredenes effens, want ons is net 2. Dit is waar pensioenaris afslag, soos in Sanparke van 40%, dit draaglik maak. 

Ek het vriende gehad met 6 kinders, en hulle moes ook maar ekstra betaal vir die botalliges. 

Ek is voorstander vir pakket wat 'n fooi insluit vir staanplek, en dan 'n tarief per persoon op die staanplek. Hoe meer mense hoe meer stortwater, toiletpapier, hoe meer vullisverwydering.   

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/03/2024 - 11:25

....hoe gaan dit daar op Zelpy?? Ek hoop jy hou by met die kleingoed!!!

Is die weer aangenaam, en is temperature leefbaar. Sit so bietjie terugvoer met fotos op.   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 16/04/2024 - 11:35

Gegewe die feit dat 'n klompie vrinne hier op die forum sommer baie kamp in 2024, gaan ek nou op 'n heel beskeie manier probeer na-aap.  Na ons Wildtuin-vakansie (wat ons brandarm gaan laat), het ons vir 9 dae plek bespreek in Hartenbos vanaf 11 Desember 2024.  Ons het Pretoria familie wat dan ook daar kamp en ons het geswig onder die druk en toe maar ook bespreek.  Gaan meer 'n familie kuier wees as 'n see-vakansie, maar snaaks genoeg, ek sien nogal uit daarna.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus