Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -4 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 06/02/2024 - 21:09

Nie Mokaka nie Wessel.

Daar is nog niks bespreek nie, enigste plek wat ek moet vasmaak is Addo. Die res behoort nie ń probleem wees nie. Ons sal seker binnekort met n kalender moet kyk waneer die skoolvakansies en langnaweke is. Ek het nie ń idee nie. Vandag is mos Dinsdag?? Of hoe. Datum weet ek nie, maar Saterdag is die 10de, dan begin my waterbeurt.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 06/02/2024 - 21:15

Geert, waar is Sebenza Creek ?

Skuus,  moes seker genoem het.  Dis naby Weesgerus buite Nylstroom / Modimole. Dis n relatief nuwe oord....dink hulle het laasjaar oopgemaak vir kampeerders. 

As julle so die Sanparks oorde noem maak julle my baie lus om weer daar te gaan.  Ons het afgelope trip by Ebb & Flow, Storms Rivier, Klein Karoo NP en Addo gekamp.....almal puik tye gehad. Sal nog die ander in omgewing wou probeer.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 03/03/2024 - 13:27

As ek so lees van Wessel wat binnekort Pilanesberg toe gaan, Wildehont Dwarswegstrandoord, ChrisB KNP toe met daai lekker braai menus, oom Len se dae wat vinnig minder word vir hul toer KNP toe, water my mond om weer karavaan te haak. Ons gaan bietjie Kaap toe die lang naweek van 24ste, maar gaan in vaste verblyf bly. Die paas naweek daarna sien ek uit na kampeer met vriende by Wagonsdrift....is net lus om lekker rustig by karavaan te geniet....vuur wat konstsnt brand, lekker geregte op kole te maak en lekker kuier. Desember kamp was lekker, maar het baie rondgerits....sien uit na n lui naweek

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/03/2024 - 13:50

...seg die man wat onlangs eers teruggekom het van sy langverlof kampeerdery.laugh

Daai dinge wat jy noem, kom ek nooit by uit in 'n wildtuin kamp nie. Ek soek die diere en lugreeling van trokkie. Ons probeer so 5uur terug by wa te wees, om vuur te maak en vleis te braai. Dalk 'n fout, mens moet dalk veel later in veld bly.  

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 03/03/2024 - 13:56

Wessel....ek weet nie of ek ongelukkig is nie, maar daai laat kom werk nie altyd vir my nie. Ons doen dit steeds baie, maar nie baie suksesvol nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 03/03/2024 - 16:50

Ek weet ek staan ver agter in die ry wat vakansieplanne vir hierdie jaar betref, en nadat Geert dit alles so opgesom het (met nog sy eie daarby) voel ek skoon bedremmeld. 

Nadat ons afgetree het het ek gesien Daan pik n bietjie rusteloos rond. Dit was n groot verandering van fisies baie besig wees tot skielik niks hê om te doen nie. Ek het n spaargeldjie gehad - sedert '97 het ek my eie huishouding behartig. 'n Huishulp was oorbodig aangesien ons vir werk lang tye van die huis af was. Ek het myself maandeliks betaal - met jaarlikse verhogingwink. Daarmee kon ek die erf koop sodat ons (vir n vierde keer!) n huis kon bou en so stelselmatig aan 'n ander partroon gewoond raak voordat ons lang toere kan aanpak. My plan was om 'n klein huisie (twee woorde) te bou. Daan het anders besluit - twee klein huisies.....en nou kom ons nie weg nie.

My beplanning is dus eers vir April 2025 en ek dink dit sal heel te voortydig wees om nou al my planne te begin neerpen - miskien roes dit?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/03/2024 - 17:00

Die beplanning is ek en my wederhelfte sal 'n ooreenkoms moet aangaan rakende ons eerskomende Wildtuinbesoek.  Die probleem is ek wil graag vroeg uit die vere by die hek wag om oopgemaak te word.  Hierdie begeerte van my word in die jongste tyd aangevuur deur talle getuigskrifte en fotos op sosiale media van pragtige wildbesigtigings vroeg in die môre.  Die probleem is egter Mammie hou van laat slaap en ons kom op die vroegste eers teen 9vm uit die kamp.  Ek wag nou net vir die regte geleentheid dan sal ek my beplanning bekend maak aan haar.  Ek gaan voorstel dat ons elke tweede dag by die kamphek wag en ek sal sorg dat ons koffie in warmbekers en genoeg beskuit in die kar het. Op elke alternatiewe dag kan sy maar laat slaap, maar dan moet sy sorg vir 'n lekker ontbyt voor ons nie later as 9vm vertrek nie.  Sy het al voorheen gepoog om my "toestemming" te gee om alleen vroeg te gaan ry, maar ek wil eerder graag daardie uitstekende wildbesigtiging saam met haar meemaak.

Ek dink dis 'n uitstekende kompromis, netsoos politieke partye in koalisies in 'n verkiesingsjaar ook maar kompromië sal moet aangaan.

Ek hoop my beplanning gaan 'n positiewe resultaat tot gevolg hê.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/03/2024 - 17:54

....jou ou skelm. Jy wil net 'n lekker ontbyt hê elke 2de dag. 

Weet jy, ek het ook so gedink dis oulik om vroeg te ry. Daai ouens ry met ligte, so sig is swak. Behalwe, as wild in die pad is.

Nee wat, Marie moet maar haar oggend roetine behou, ek swets maar agter die ablusieblok, en dan vat ons die pad. Ons maak vorige aand alles reg vir saamvat piekniekplek toe. Terwyl ek wag en swets, maak ek bed op, maak koffie, o ja en swets so saggies. laugh

Kom ons vroeg weg, is dit lekker, kom ons later weg is dit nog lekker. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 03/03/2024 - 18:25

Nee wat, ons is baie rustig in die wildtuin. Gewoonlik moet iemand in die opkomende son inkyk - wat nie lekker is nie. Ons sal soms vroeërig 'n kort draaitjie ry - nog voor tandeborseltyd - maar sommer gou terugkeer kamp toe. Maar wag voor die hek om oop te maak? Beslis nie vir ons nie. Maar nou ja - wat sê ons van elke ou soen sy vrou op sy manier?

Ek weet van sommige mense wat hekoopmaaktyd vertrek en met toemaaktyd terugkeer - dus heeldag uit. Nie vir ons nie! Ek laaik om 'n wildtuinvakansie in alle fasette rustig deur te bring. Lekker rustig kuier by my kaia (karavaan, tent of rondawel/chalet) en rondhang in die kamp terwyl ek die voëls geniet en vrekstadig ry (20 - 25 kpu) as ons wel gaan ry.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 03/03/2024 - 19:02

Ek word van natuure elke dag voor 5am wakker. My vtou hou ook nie van te vroeg uit nie, maar sy is gewoonlik dan 7am reg. Ek ry dan gewoonlik n kort draai en laai haar dan 7am op. Sonopkomste is vir my besonders mooi....mooi om te sien hoe die veld begin lewe in die vroee vars oggend lug. Fotos is van son opkoms by Berg en Dal. Die leeu het ons in donker oggend ure gekry net toe ons uit kamp ry, vandaar due flitslig op hom. Die ander is sommer lus maak fotos...ook by Berg en Dal

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/03/2024 - 19:58

Ek sal nie toelaat dat julle op my battery piepie nie.  Ek kon dit nog nooit regkry om vroeg uit die kamp te wees nie, vandaar my deeglike beplanning hierdie keer om dit te probeer regkry.  Net die tyd sal leer.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 03/03/2024 - 20:17

Hi Len, onthou net dat ons ook 'n paar dae saam julle op Skukuza staan, dus kan ons dalk vir die hek wag om oop te maak terwyl Anetjie 'n bietjie rus ook. Ek sal probeer vir geselskap en die koffie. Nellie is ook altyd vroeg op. Dalkies kan ons 'n ietsie reël vir vroeg oggend. Dink maar solank aan die moontlikheid. Die wyntjie sal maar wag tot in die agter middag. Ek sien ons dae om te wag raak ook al minder. Sien uit om daai paar dae saam julle te kuier. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/03/2024 - 22:14

Dankie vir die Plan B indien my plan met Annatjie nie gaan werk nie.  Ons sien ook uit na die oor en weer kuiertjie !

Dis nog 63 dae.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 04/03/2024 - 20:12

Ek lees van Oom Len en Wessel se voorbereidings en toe kyk ek na die kalender en sien dat ons DV oor ietsie meer as twee weke Dwarswegstrand toe sleep. Dis nogal ‘n aangename vooruitsig. Die weer moet net saamspeel terwyl ons daar is. Daar het vanmiddag ‘n bui hier uitgesak. Glad nie so erg soos voorspel was nie, maar ek glo nie die boere vind dit amusant nie. Hulle pars nog. 
 

Ons gaan vir 10 aande by Dwarswegstrand wees. Dis net een aand minder as wat ons Desember daar was, so dis eintlik ‘n lekker breek. Ek sien uit daarna om lekker te slaap met die see se gesuis in my ore en bedags voete in die sand te steek en met die kinders te speel. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 04/03/2024 - 20:27

Daar was hael storm by Grootbrak gewees vandag. Vriendin van ons het gister George toe gevlieg vanaf Jhb. Mis was so erg dat hulle nie kon land en Kaapstad toe gevlieg. Gisteraand weer probeer land by George, maar weer onsuksesvol...toe weer terug gevlieg Jhb toe. Vanoggend suksesvol na George. Hulle bly in Heroldsbaai...sy het video gestuur van goeie reens

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/03/2024 - 06:28

Daar was hael storm by Grootbrak gewees vandag.

Mens kan hoop vir die beste en dan gebeur so iets. Dit terwyl Feb/Mar veronderstel is om die beste tyd te wees om die Wes-Kaap te besoek. Op die ou end kan mens nie die weer beheer nie, en moet maar vat wat jy kry. Die Arabiere probeer wel met cloud seeding oor die woestyn, maar dis juis om reën te kry, nie om dit af te weer nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 05/03/2024 - 06:29

Vriendin van ons het gister George toe gevlieg vanaf Jhb. Mis was so erg dat hulle nie kon land en Kaapstad toe gevlieg. Gisteraand weer probeer land by George, maar weer onsuksesvol...toe weer terug gevlieg Jhb toe. Vanoggend suksesvol na George.

Dit is darem erge ontwrigting. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/03/2024 - 07:56

Ek het gisteraand betaal vir die twee aande by Hartenbos op nr 40 in die E-blok 5 en 6 April. Ek skuld egter vir die Kaapse Onderwyserstrust net meer as R4000 vir Dwarswegstrand 21-31 Maart wat ek nie later as volgende Donderdag nie moet betaal. En voor 18 April moet ek amper R4700 aan Sanparke betaal vir ons besoek in Junie. Daarna moet ek Desember se Dwarswegstrand se verblyf begin afbetaal. Verder moet ek geld vir diesel bymekaarskraap om Kruger wildtuin toe en terug te ry. Nou onthou ek hoekom werk ek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus