Na aanleiding van die gesprek in verband met porta potti's, het dit my laat dink aan 'n artikel in Wegsleep van Maart 2016. (As ek reg onthou)
Wegsleep tydskrif het daarin berig gedoen oor 'n man wat net na hy gehaak het, sy porta potti net daar op die staanplek leeg gemaak het, en gery.
Nou, dit in my opinie is varksig, ongeag of die ou kwaad was vir die oord of wat ook al sy rede was. Een van die "verduidelikings" was, "hy was seker kwaad vir die oord".
As daar by 'n oord nie spesifiek vir portas voorsiening gemaak is nie, doen ek een van twee dinge.
1. As ons binne so drie dae gaan op pak, ry ek die potti tot hy die huis en gaan maak dit in die toilet leeg en skoon, of,
2. As die potti moet leeg gemaak word waar daar nie voorsiening gemaak is nie, gaan maak ek dit in die ablusie se toilet leeg en sorg dat die toilet skoon is voor ek daar uit loop.
Op cp forum, noem iemand ook nou van 'n persoon wat haar porta in die stort (in die dames kant) gaan leeg maak het en so gelos vir ander om skoon te maak.
Liewe hemel, hoe varksig kan mense wees?
Willem, ek twyfel sterk of…
Willem, ek twyfel sterk of daar 'n apparte drein vir die PP's is, baie oorde het binne die ablusies, 'n gewone (aan gepaste) toilet spesifiek vir die doel. Dieselfde dreinering gekoppel. Ek dink dit gaan oor die gemors wat party mense agter hulle los
Ek sien ek gebruik dieselfde chemiekalia as Len.
Noudat Len die R98.00 noem, onthou ek dit is die prys wat ek vir dit betaal het.
Len, wat is die doel van die…
Len, wat is die doel van die pink chemikalia, vir my ruik die groen lekker, al rede waarom ek dit spefiek gebruik?
Ek het al gehoor dat een vir "solids" is, en die ander vir vloeistof.
pink chemikalia
Die pienk een gooi jy in die boonste spoel tenk.
Dankie vir die inligting Johann.
Plesier Willem👍 Ek gebruik…
Plesier Willem👍
Ek gebruik net die groen, en gooi dit in die boonste tenk voof ek water in tap. Dit gee 'n lekker vars reuk af👍
Die verskil......
Die verskil tussen die pienk en die blou/groen-aktiveerder is :-
- Die pienk is nie 'n aktiveerder wat afval kan afbreek nie. Dit is bloot 'n lekkerruik spoelmiddel.
- Die blou/groen aktiveerder het sterk chemiese eienskappe om die opvang-deel van die Porta se inhoud "af te breek"
- Die aanvanklike idee was om nie die aktiveerder as spoekmiddel te gebruik nie omdat die vermoede bestaan het dat dit die wit kleur van die toilet sal vlek
- Ek gebruik nou al oor jare net die blou-aktiveerder vir die boonste en onderste tenk van ons Porta en ervaar geen kleurvlekke nie. Die bietjie blou-aktiveerder wat ek bo-in die spoeltenk se 5 liter spoelwater byvoeg, is heeltemal te min om vlekke te veroorsaak.
Die idee agter om nie 'n chemiese toilet in die gewone rioolstroom leeg te maak nie, geld eintlik net waar septiese riooltenks ter sprake is. Die natuurlike ensieme in 'n septiese tenk moet nie deur chemikalië vernietig word nie. Die saak word egter oordryf omdat 'n paar chemiese-toilet wegspoele is 'n druppel gemeet teen 'n ablusieblok se stort, handewas, skottelgoed en toilet spoele in die septiese tenk.
By Skukuza het ek spesifiek gaan kyk, die nuwe chemiese spoelgeriewe is direk gekoppel aan die ablusie se gewone rioolstelsel.
Dankie Len, dit maak sin wat…
Dankie Len, dit maak sin wat jy sê👍
Ek het ook nog geen kleur vlekke op gemerk nie, maar, ek bekommer my ook nie te veel daaroor nie.
Ek onthou, by Hartenbos gebruik hulle ook 'n gewone toilet (binne in die ablusie)wat net aan gepas is vir die doel.
Kruger wildtuin riool plaas
Middag almal wat porta potties gebruik
Ek is effe versigtig waar ek myne leegmaak, omdat die chemikalie wel 'n suiwer septiese stelsel sekerlik letterlik in die kiem kan smoor.
Ek is egter redelik oortuig dat die groot kampe in die KNP lankal nie meer van septiese tenke gebruik maak nie, en normale rioolverwerking stelsels het. Dit is redelik sigbaar en soms te ruike by Satara. Dit is soos die kraai vlieg net oorkant die rivier in suidelike rigting, en sigbaar vanaf die teerpad na Orpen hek.
Verder glo ek dat Len se opmerking korrek is, dit is nou betreffende die verdunning wat plaasvind afkomstig van stortwater veral.
Lank lewe die gemak van 'n aanboord toilet.





chemiese toilet skoonmaakpunt
Ek verstaan dit 100%, maar tog wonder ek die wat dit het of dit na sy eie drein gaan ? Want orals waas daar een is is teen die gewone ablusie en wonder of hulle vir die chemiese toilette hulle eie opgaar tenk het ?