Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -4 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago

Vir die petrolkoppe

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

Ek was die naweek by `n moretskou vir "vintage"karre

Hierdie is een spesiale Mini met `n allermintige koopprys.

Te koop vir slegs R1.2 miljoen. 

Daar was Ferrari`s RollsRoyce`s Bugatti`s en en en...... maar ek het as ek my kon kry weer by die Mini opgeeindig.

Die agtergrond

.

Die Mini

.

.

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/02/2024 - 09:44

.............dis duidelik dat ouens wat hulleself met hierdie soort restourasies besig hou, nie tyd sal hê vir die lekker kampeerlewe nie.  Dankie, maar nee-dankie.

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 26/02/2024 - 10:17

Oulik, maar..............

.............dis duidelik dat ouens wat hulleself met hierdie soort restourasies besig hou, nie tyd sal hê vir die lekker kampeerlewe nie.  Dankie, maar nee-dankie.

Oom Len

So verskil ons almal maar party van ons wil die kar dinge so saam die kamp inwerk.

Die persoon wat 3 Ferrari`s op skou gehad het is 82 jaar oud en geniet elke oomblik van elke dag om karre te restoreer. Sy versameling bestaan uit 43 voertuie.

Ter inligting die  voertuie wat op skou was was in totaal meer as R100 miljoen rand werd.

Wildehond

Dankie vir die link nou lees ek ipv om my werk te doen

Groetnis 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 26/02/2024 - 12:23

Dankie Slowstrike ,indrukwekkende mini.  Wonder wat sal ń oorspronklike works Cooper S vandag behaal op ń veiling.

Die ou Landy is net so mooi. Ek het ń 100% oorspronklike 1957 series 1 kort bakkie gehad. Dit was die cutste dingetjie denkbaar. Het dit heeltemal meganies restoreer, die verf was oorspronklik en was party plekke al deur tot op die aluminum van was. ! Dit is vandag in ń goeie versameling. Moet sê die man wat dit by my afgerokkel het, het n rol note voor my neus geswaai waaraan ń kameel sal verstik.

Ek is desperaat op soek na ń skenker voertuig. Wil vir my ń gemene rat rod bou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/02/2024 - 13:19

.,,,sjoe dis baie mooi. As ek moet kies, sal dit daai Army groen LR wees. Sondae met hom kerk toery, en reg voor die deur met gin en tonic gaan stop, as dit nagmaal is.

Mens moet die tyd, liefde, geduld en geld hê, vir daardie restoureer en versamel stokperdjie. ek het net die tydlaugh 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 16:11

... is 'n ou wat Morris Minor's herbou en opknap. Hyself ry 'n karretjie, 'n stasiewa soos die een op die foto asook 'n bakkie. Jy kan ter eniger tyd voor sy werkswinkel verbyry - daar staan altyd 'n Minor of twee/drie waaraan hy werk. So hier en daar sien jy 'n "Te Koop" op een van hulle. Ek wil nie eers navraag doen nie, want ek skat dit is vrekduur. Maar watter "cute" voertuigies!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus