Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Dwarswegstrand bly maar lekker

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Twee van ons tien aande van 21 tot 31 Maart 2024 hier is verby. Dit bly ons gunsteling kus oord vir verskeie redes:

  • Dis klein; net 37 staanplekke.
  • Dis op ‘n privaatstrand. Glentana en Grootbrak is die naaste openbare strande, en dis min of meer halfpad tussen hulle. 
  • Dis veilig en kinders kan lekker fietsry en speel.
  • Die mense wat hier kampeer is lekker. Geen partytjies nie en teen 22:00 is dit stil behalwe vir die see se geraas. Mense staan ook nie te vroeg op nie.
  • Hier is baie dolfyne en voëls.
  • Die bestuur het ekstra krane ingesit, en amper elke staan plek het sy eie kraan of een naby genoeg. 
     

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/03/2024 - 11:52

Hier is net oor Desember lewensredders, maar ons kinders speel nog net in die vlak water en op die strand. Gister was ‘n prentjiemooi dag, aanvanklik bedompig maar later het ‘n aangename briesie begin waai. Hier is die uitsig van ons stoep af op nr 29. Ons sien die keer gereeld dolfyne.

A

So van 15:00 af het die wolke opgesteek, maar dit was steeds aangenaam op die strand. Daar het heelwat bloublasies en ‘n jellievis uitgespoel en ek het lekker fotos geneem terwyl die kinders heerlik speel.

B

C
 

D

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 12:08

Ek kyk so na jou 1ste foto hierbo, en dis duidelik, die oord is netjies en goed versorg. Saam met die punte genoem in jou inleiding, maak dit die geld werd.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/03/2024 - 12:43

Die omie en tannie op 23 is gister vroeg weg. Kort daarna stop die gholfkarretjie, sny die gras en rante om die plaveisel en vee dit mooi skoon. Toe is dit netjies vir die volgende intrekkers, ‘n jong gesin wat gisteroggend 02:00 gery het uit Kimberley.

Die afgterede paar in die Mobilodge op nr 30 langs ons (sigbaar in die aftergrond op die foto) toer al van 2019 af met die kombinasie (hulle sleep met ‘n Mahindra Karoo 4x4 auto).  Hulle het al 110 000km afgelê en staan al van middel Januarie af hier. Hy sê die Mobilodge sleep stabiel, en hy kry so tussen 7,2 en 7,8km per liter as hy sleep. Die 2.2 enjin trek bietjie swaar teen opdraendes maar plat paaie loop dit lekker. Hy sê afgesien van ‘n voorste hub wat onder waarborg geseize het, het hy nog nie probleme gehad nie. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 12:51

ek merk dat al die vensters en dak van die uitstoot slaapkamer met seil/skadunet toegemaak is. Dit beteken dat daai slaapkamer baie warm word, en die nut van die vensters verlore gaan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/03/2024 - 15:37

Hulle slaapkamer kyk wel Wes, maar dit kan moontlik vir privaatheid wees wat hulle die skadunette opgesit het?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 24/03/2024 - 09:43

Daar was deur die nag van 22 Maart donderweer, en die wind het opgesteek maar die storm is oor die see verby sonder reën. Gisteroggend het dit liggies gereën, maar dit was op die ou end ‘n lekker dag. Hier en daar ‘n paar druppels, maar oorwegend droog. Ons het fiets gery, speletjies gespeel, op die strand gestap en gespeel en moes toe SPAR toe, want ons het nie betyds ys gekoop voor die oord se winkeltjie 12:00 toegemaak het nie. 
 

Dit was so om en by 14:00, en was ‘n gelukkige ongeluk. Toe ons by die spoor oorgang naby die strandmeer kom, staan daar ‘n stoomtrein. Ons draai om en gaan parkeer en klim uit langs die trein. Skaars 15min later vertrek die trein Hartenbos toe, en kan die kinders dit ervaar, en sien hoe plat die trein ‘n R2 muntstuk wat op die spoor geplaas is trap. 
 

A

Ons het toe ons terug is gaan krieket speel op die strand, en is so 18:00 terug staanplek toe. Ons blou gazebo is op die foto hier onder wat van die strand af geneem is.

B

Die weervoorspelling het gewys dit gaan 0,2mm reën 17:00 en later die aand nog 1mm. Dit het eers skuins na 18:00 begin reën, en ek het met ‘n sambreel gestaan en braai. Die donderweer het opgesteek, en toe het dit al hoe harder gereën tot net na ons 22:00 gaan lê het om te lees voor ons gaan slaap het. Volgens die reënmeter naby ontvangs het dit bietjie meer as 10 keer die voorspelde volume gereën - 13mm. 
 

Die geseelde kappie van die Ranger het die toets deurstaan, en afgesien van die water wat langs die grondseil gemigreer het onder ons afdak in (die voorste paneel van die voltent is nie op nie) was ons kampie darem droog. Ons bure wat nou oppak om hulle ou CI Sprite terug Brackenfell toe te sleep met hulle Nissan Quasqai was lyk my nie so gelukkig nie.

C

Dis nooit lekker om nat op te pak nie, maar ek glo hulle het ‘n lekker langnaweek gehad. 
 

Ons sien verskriklik baie dolfyne, en hulle vermaak ons omtrent regdeur die dae. Hier is skermskote wat ek uit selfoon video’s geneem het. 
 

D

Ee
 

F

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 24/03/2024 - 10:05

Ek gebruik Windy op my foon, maar soos ek hierbo vertel het is hulle voorspelling van reën nie altyd so akkuraat nie. Op YouTube is daar ordentlike weervoorspellings. Ek moes eerder daarna gekyk het. 

video
0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 24/03/2024 - 16:54

.........daardie stoomtrein lyk pragtig opgeknap en versorg

Ek kan sommer sien julle kuier heerlik.  Geniet dit verder.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 24/03/2024 - 22:10

Dis jammer daai stoomtrein loop so min. Hy het begin Desember geloop, ons het gehoop om hom Januarie te gery het, maar het toe eers die 28ste gery toe ons al weg was. Vriende van ons was toe op hom. Trein waens sluit in die restaurant, bar en slaap kompartemente....so met trip kry mens volle gevoel. Wonder wat is rede dat hy so min ry? Seker omdat Power Van reeds spoor huur by Transnet?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 24/03/2024 - 22:14

Dis jammer daai stoomtrein loop so min. Hy het begin Desember geloop, ons het gehoop om hom Januarie te gery het, maar het toe eers die 28ste gery toe ons al weg was. Vriende van ons was toe op hom. Trein waens sluit in die restaurant, bar en slaap kompartemente....so met trip kry mens volle gevoel. Wonder wat is rede dat hy so min ry? Seker omdat Power Van reeds spoor huur by Transnet? Nie my foto nie  maar is van binne trein eet trok

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 25/03/2024 - 07:32

So rit met die trein moet ‘n ervaring wees. Die lokomotief en waens is pragtig gerestoureer. Maar vir ons gesin van vier kos dit ‘n hele paar Mandela’s. Ons wil graag die kinders Diaz Waterpark toe vat, en dis reeds R150 pp as mens net die middag van 14:00 af gaan. Dan moet ek ook nog voor 18 April die uitstaande balans van ons Krugerwildtuin bespreking in Junie betaal. Dis amper R5000. Om die trein van naby te sien was ‘n heerlike ervaring en darem gratis. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 25/03/2024 - 07:46

Chris, julle moet dit geniet. Toe ons verlede Maart daar was, was daar 3 Mobi Lodges gelyktydig en hulle het nie saam gestaan nie. Ek verbeel my daai Mobi met Karoo bakkie was ook op dieselfde staanplek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 25/03/2024 - 09:06

Ek verbeel my daai Mobi met Karoo bakkie was ook op dieselfde staanplek.

Dis moontlik, hulle sê hulle was al voorheen hier. 
 

Dis interessant, die soort kampeer toerusting verskil nogal taamlik van Desember. Hier is uit die aard van die saak meer afgetredenes as gesinne, en baie minder boswaens. Afgesien van ons Kavango en die Mobilodge is daar net twee Bushlapa waens en ‘n ander maak wat ek nie ken nie. Dan is hier drie motor homes en drie staanplekke waarop mense met net tente kampeer. Hier is ook drie staan plekke waar mense met sleepwaens met daktente staan. Die res is padkaravane wat wissel van baie oud CI Sprite tot natnuwe Okto dubbel as waens. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/03/2024 - 19:26

Lokomotief gaan net tot Grootbrak waar die Power Van tot Glentana gaan....die mooiste gedeelte is tussen Grootbrak en Glentana wat lokomotief nie doen nie....maar ervaring op lokomotief moet nice wees

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 25/03/2024 - 19:26

Dit was ‘n perfekte dag. Warm, maar nie ongemaklik nie. Ek en die kinders het heerlik gespeel op ‘n sandbank terwyl Salomien bietjie moes werk op haar skootrekenaar. Toe is ons so 12:40 Mosselbaai toe. Ons moes eers gou by Langeberg Mall stop vir ‘n paar aankope (ek het bv ons fietse se slot op die Ranger se ARB buffer gesit eergister en dit daar vergeet toe ons later SPAR toe ry, so dis weg) en is toe Diaz Waterpark toe. Was dit nou pret! Ons (veral ek en die kinders) het baie lekker gespeel. Ek dink ons gaan almal vroeg omdop vanaand. Oppad terug het ons bietjie verkeer gehad in Mosselbaai (die dorp trek my glad nie na die paar keer wat ons al daar was nie), en ons is bly om weer tuis te wees.

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/03/2024 - 13:04

Terwyl ek en die kinders op ‘n sandbank speel sien ek en Kara gelyk die gelukkie raak en ek tel dit net betyds op voor die volgende brandertjie. Dis blykbaar baie skaars om so pansy “dop” op te tel. Dis eintlik die geraamte van ‘n diertjie in die urchin familie.

A

B

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 26/03/2024 - 15:47

Lanklaas so 'n perfekte enetjie gesien. Die detail van daardie pansy shell is so pragtig. Ek dink sy (te mooi vir 'n "hy") gaan in watte saam huis toe om in resin epoxy gegiet te word.....laugh

Elke dag ietsie anders....geniet!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus