
Goeie dag. Ter inleiding die naam van ons toer. Die avon-toer. Ons is albei in die avond van ons lewe (albei oor die 60) en die avontuur wat ons op die toer wil beleef en ervaar.
Meer oor onsself. Ons is albei lief vir kamp. Het n 1968 opvou Jurgens karavaan. Lief vir see visvang en o ja, ons 2 hondekinders Petrus en Joey. Hulle moet kan saam toer en die avontuur saam beleef. Die probleem met die Jurgens was dit is eenvoudig te groot, te swaar, te moeilik om op te slaan en die belangrikste - die twee been kinders is ook lief vir kamp en het hom ge erf.
Laas jaar nadat aftrede geroep het het ek besluit om n oumens kamp treiler self te bou. Hierdie sou my winter projek gewees het, terwyl Ena kaas maak (een van haar afrede besig hou goed.)
Hierdie treiler moes aan die volgende vereistes voldoen:
- Moet nie lyk soos iets wat iemand sal wil steel nie
- Moet deur n Opel Corsa 1.4 gemaklik gesleep kan word. Maksimum gewig volgelaai mag dus nie meer as 670kg weeg nie.
- Ons twee moet vir niks hoef te buk, te klim, kratte in en uit te pak, of swaar goed optel of rondskuif nie.
- Van stop tot dop mag nie langer as 10 minute neem nie.
- Moet al die voorraad wat vir ten minste n week nodig sal wees kan saamry.
- Die Opel se agter sitplekke en kattebak is vir die honde kinders en hul goed. Die sitplekke is platgeslaan sodat hulle genoeg plek kan he. 7. Die bouproses moet 90% deur myself gedoen wees.
Wel na n jaar se bou en herbou is ons uiteindelik klaar met die kamptreiler. Wys en vertel volgende insetsel die treiler, aangesien hierdie meer n groet en ontmoet is.
Ons toer wat beplan word begin 13 April in Hartswater, strek oor Kimberley, Carnavon, Van Rhynsdorp, Vredendal, Clanwilliam, Lamberstsbaai, Saldanha en dalk to verder suidwaarts.
Die beplanning is om maksimum 300km per dag af te Ie, en by elke plekkie, of afdraai, te gaan kyk en ontdek.
Een van die grootste uitdagings was om slaapplek en kampplek te kry wat diere vriendelik is. Na lang geswoeg het ons ook daarmee sukses bereik.
Maar genoeg vir nou, wil julle nie nou al verveel nie.
Kampgroete
Die Potgieters
Welkom....
....Jan en Ena, ek is seker dat almal uitsien na die avon-toere se verhale.
Ek sal graag foto's van julle treiler wil sien, en hoe dit voldoen aan julle stywe kriteria, veral nr 3..
Baie welkom en gegroet. …
Baie welkom en gegroet.
Beslis 'n goeie begin en ek sien uit na die vertel. Punt 4 is baie belangrik.![]()
Goeie dag die familie…
Goeie dag die familie Potgieter. Baie welkom, en ek sien uit na julle vertellings.
Hallo Jan (en natuurlik Ena ook )!
Baie welkom hier op Kampforum en ons sien sommer baie uit na 'n lekker reis en kamp storie. Dis iewat van 'n gesukkel om ons kampvriende deesdae aan die gesels te kry en daarom is jou "openingstoespraak" 'n baie groot ligpunt.
Soos die manne en een dame hierbo gereageer het, ons sien almal uit na 'n lekker storie van die Potgieters se doen en late - laat waai dus asseblief.
Welkom.
Jan en Ena, baie welkom op die forum, geniet die saam gesêls en ons sien uit na alles. Dit sluit natuurlik die fotos van jul "home build" sleepwa / kampeerwa en avon toer in.
Ons is so paar mense hier wat al 70 verby gesteek het en steeds heerlik kampeer, ek stem natuurlik saam met die gebuk en swaar goed rond dra, maar doen dit maar nog solank ek kan.
Jou term ...
... "stop tot dop" is baie goed gestel. Ek kyk ook uit vir julle terugvoering.
Jan en Ena
Hallo julle. Ek wag al lank in spanning om weer van julle te hoor en veral dan foto's van die trailer te sien. Toe ek hierdie gesprekslyn nou oopmaak, sien ek dat julle vertrekdatum reeds môre is!
Laat hoor asb. van julle. Ek is vreeslik lief vir die weskus, was vier jaar laas daar, en kan nie wag vir nuwe nuus nie.





Hallo Jan en Ena (en Petrus en Joey)
Lekker gelees aan julle "groet en ontmoet" en ek sal baie graag julle toer volg...veral die Lambertsbaai-gedeelte
Ek sien ook uit na foto's van julle trailer en hoor graag meer.