Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -4 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -4 hours ago

Zepy Fishing and Game Farm.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Gaan nie weer die oord se resensie doen nie, min het verander.

Ons is Donderdag oggend 21 Maart 08:00 hier weg en het so tien uur daar gestop. Hierdie oord bly vir ons 'n wenner, die pryse is uiters billik en die kinders geniet die bokkies wat so rustig daar rond loop.

Die eerste aand het dit heerlik gereen en dit was 'n lafenis na die warm dag se harde werk om man alleen die hoof tent met tuis gemaakte add a room op te slaan.

Laat die fotos maar die res van die storie vertel.

Zelpy
Gereed om te vertrek.
Zelpy
Rambling Boy staan by ontvangs.
Zelpy
Die oorspronklike paneel skuif agter toe en maak plek vir 'n paneel met 'n deur in.(op die multi room)

Vervolg oo inset twee.

Vaalpark

Johann L

Sat, 30/03/2024 - 14:34

Zelpy
Die multi room maak in werklikheid die modulere tent nou 'n L-vorm met genoeg spasie binne vir die hangkas eenkant en dubbel bed stretcher in die middel.
Zelpy
Asook 'n bed tafeltjie aan die ander kant.
Zelpy
Na 'n goeie bui reen was ons staanplek steeds redelik droog.
Zelpy
Die opwas-dakkie was onodig die keer want ons het 'n skadunet oor hoofs gehad. Die dakkie gly gewoonlik in 'n gleuf in wat ek self aan gebring het.

Genoeg vann die karavaan, nou gaan ek met die onderwerp aan gaansurprise

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 30/03/2024 - 14:40

Zelpy
Oupa se bul het besluit hy braai die vakansie om vir oupa en ouma dankie te sê.
Zelpy
Need I say more❤
Zelpy
Een van die redes waarom die kleinseuns so erg is oor die oord.
Zelpy
Nog 'n rede.
Zelpy
En nog een.

 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 30/03/2024 - 14:58

Zelpy
Klein Armand slaan toe sowaar 'n eenhou in die putjie met sy eerste probeer.

'n Baie interesante put put baan, paar moeilike stukkies wat paar probeer slae gekos het.

Zelpy
Die onderdak swembad was te warm vir die ouman, ouma en die kleinseuns het dit darem geniet.
Zelpy
Na sowat 'n uur se water balon kaskenades het oupa die aftog geblaas, die twee besluit toe, dan koggel hulle maar die "ou balie" 
Zelpy
En so sak die son na 'n baie lekker kamp met die kleinkinders.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/03/2024 - 15:29

....lyk darem baie netjies ingerig. Ek sal heel tuis daar doedoe!!! Is dit die 2 rammetjies se hok??

Ek haal my laphoedjie af in eerbied vir jou en beterhelfte wat alles so "man" alleen op- en afslaan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 19:58

Geen gerief ingeboet nie, en almal wat reken mens leef uit 'n tas wanneer jy met 'n tent kamp verkeerd bewys (ek is een)laugh

Bly dat julle 'n lekker wegbreek gehad het - glo die seuns het dit net so geniet.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 01/04/2024 - 08:44

Zelpy is so 7 km uit Magaliesburg, rigting Rustenburg dit was eers bekend as Eastco Magalies.

Dit is 'n netjiese oord en baie rustig met pragtige uitsig op die Magalies berge.

Cradle of humankind is so entjie van daar af en ook die Sterkfontein grotte, albei die moeite werd om te besoek.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 02/04/2024 - 09:37

Johann, ons het ook vroeër jare baie maklik weggebreek Zelpy (Eastco Magalies) toe. Dit is so 35min vanaf ons huis. Toe ons eers begin kamp het by Konka, het die prentjie heeltemal verander.

Wat ek egter wel van Zelpy geniet het, is die feit dat die staanplekke almal skadunette op het en dan 'n sement blad wat 100% gelyk is. Oorlede Willem het dit ook by Zelpy geniet. Vir die manne wat stokke wil nat maak is daar ook die geriewe.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 02/04/2024 - 10:26

Dis verseker n lekke oord Johann dankie vir deel julle opset heel netjies

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus