Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -52 minutes ago
Bo Umfula Johann L -55 minutes ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Net fotos

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Fotos van Ingrid Lutz. Het vir haar en Habich in die Kalagadi ontmoet verlede jaar. Hulle probeer om mistens 2 keer per jaar vanaf Duitsland die pak kom besoek. Habich is psigiatriese nurse, sy het ń reisagentskap.

Here goes.

Kat 1

Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/04/2024 - 12:35

Dit is nou mooi, soos in geposeer vir die lens. Die mense het seker vreeslike kamera en zoom lens. 

Die ene teen die boom, is 'n wenner!!!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/04/2024 - 12:49

Ek hoop dat ons ook gelukkig sal wees om 'n kollekat in Kgalagadi oor sowat 2 weke te sien. Dit was die eerste katsoort wat ek tydens my eerste besoek (1986) gesien het - en die volgende (en laaste)  eers weer in 2007 (met verskeie besoeke tussenin). Beide kere was dit naby Twee Rivieren. En synde ons nou weer daar gaan oorbly vir 2 aande hoop ek vir die beste.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 06/04/2024 - 13:02

Hier volg dan so reeks fotos van ń Ratel en jongerige Leeu by Gharagab.

R1

R2

R3

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/04/2024 - 15:00

...wat het in beide diere se koppe geflits toe die foto's geneem was.

Die 2 stelle foto's spreek van geluk en geduld, of moerse toeval. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 06/04/2024 - 17:33

My vertolking van die interaksie. Sonder om nou te probeer slim wees.

Die Leeu het nie jag gemaak op die Ratel nie, die dat dit aan die Ratel gaan snuif het ipv gryp, maak dit so voorkom. Jong nuuskierige Leeu, nie honger nie. 

Die Ratel lyk na ń ou kalant, en het doen reg aan hulle humeurige hardegat lewe, deur die Leeu aan te val. Leeu is deur die veld geslaan, lees dit in sy gesig waar hy fronsend die ratel, wat steeds moerig lyk, agterna kyk.

Daar is ń paar interessante feite omtrent Ratels . Hulle vel is baie sterk, en los op die lyf. Kan bykans ń 180 binne sy vel maak  om n aanvaller by te kom. Ook umien teen slang- gif. Sal so rukkie komatose raak na n byt, maar ongeskonde wakker word. En natuurlik is daar nie ń bang haar op die hardegat se lyf nie. Aanval is die enigste opsie. Olifant of Leeu.

Wat se die kenners ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/04/2024 - 19:49

................van die fotos Herman.  Werklik indrukwekkend.

Ek sal graag 'n ratel in lewende lywe wil sien - nog nooit die voorreg gehad nie.  Kanse is redelik goed as ek dink aan ChrisB-hulle se onlangse ervaring in KNP.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/04/2024 - 07:01

Hulle het werklik nie ‘n bang haar op hulle koppe (of lywe nie). Toe ek in Botswana staptoere gelei het ry ons een middag ‘n wildrit. Soms wou die gaste nie stap in die middag nie. ‘n Gids by een van die twee klein lodges wat ook in die konsessie was laat weet op die radio dat hy die jong luiperdwyfie gekry het wat ons taamlik gereeld gesien het naby ons personeel blyplek en hoofkwartiere waar ek ook tussen toere gebly het.
 

Toe ons daar kom het sy al ‘n ent van die pad af geloop, maar ons was toegelaat om in die veld in te ry. Ons ry tot waar sy op ‘n ratel afgekom het wat besig was om ‘n skilpad te eet. Sy ruik so nuuskierig soos die leeu op die foto aan die ratel. Of altans sy probeer. Die ratel lê toe op sy rug met die skilpad se dop op sy maag en sien haar dus lankal. Voor haar kop naby hom kom begin hy met so onaardse gegrom. Sy skrik en besluit wys om liewer te verkas. Toe eet die ratel rustig verder. 
 

Ratels is op rekord waar hulle diere baie groter as hulle aanval.  Nie net leeus en luiperds nie. Buffels en olifante ook. En as dit ‘n manlike dier is gaan hulle vir die skrotum. As jy joune wil behou, bly weg van ratels af. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/04/2024 - 07:16

Dankie vir waarskuwing, dalk moet party politieke leiers 'n ratel raakloop, dan kan hy sy spies verloor.laugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus