Ek het my "damper shock" op my karavaan so 1,5 jaar terug laat vervang. Die handelaar kon nie by Alko n heavy duty kry nie en het toe weer die standaard een ingesit.....wat nou weer opgepak het.
Ek het nou n handelaar genader in Pretoria. Hy meen dis nie nodig om op my Expo n heavy duty op te sit nie. Ek het vir hulle genoem dat huidige een nie eers 1,5 jaar gehou het nie. Hul antwoord was dat dit normaal is dat hul net vir n jaar of wat hou. Ek weet nie of ek saam stem nie, want my Swing karavaan sin was 5 jaar oud en het hom verkoop met oorspronklike damper shock sonder enige probleme
My vraag: Is daar van julle lede wat al oorgeslaan het na n heavy duty shock en beter diens al gekry het? Is dit maklik om self te vervang of is handelaar aanbevole paadjie met so n werk?
Hoor graag van julle.
Meer as 1 ton moet swaardiens kry
Geert, ek het self die Kavango se inlooprem skokbreker vervang sonder te veel moeite. Die oue was gedaan, en was nie swaardiens nie. Volgens Al-Ko moet ‘n wa wat meer as ‘n ton weeg ‘n swaardiens skokbreker kry. Hier is ‘n gesprekslyn waar ek alles geplaas het oor die vervanging van my skokbreker en die stel van die remme (wat jy moet doen na jy dit vervang het). Jy kan van p2 van die gesprekslyn af lees.
Moet 'n wa meer as 'n ton???
Môre Chris S, dit is darem 'n vreeslike veralgemeende stelling. Dit beteken dat omtrent alle woonwaens en boswaentjies deesdae 'n swaardiens skokbreker moet hê.
Dalk is dit net die klein veselglas waentjies, soos Sherpa wat dan nie 'n swaardiens benodig nie.
Ek sal egter weer 'n swaardiens insit in die toekoms, dit hou dalk langer.
Dankie
Dankie vir jul terugvoering, waardeer. Sal môre hoor wat vra handelaars om dit vir my te doen....as dit te rof is sal ek oorweeg om aelf aan te pak.
Ons huis is teen helling en as ek die karavaan parkeer moet ek reverse....soos ek dan by helling opgaan, druk damper shock heeltemaal in...vandaar dat hy seker nie lank hou nie. Maar tog, my Swing het dieselfde gedoen en gehou
Heavy duty damper shock is in
Ek het vanoggend n handelaar in Centurion gebel en sy prys om hom te verskaf en te vervang was R350 meer as wat ek hom net sou koop. Hy het gesê ek kan maar direk die karavaan bring en hul sal help. Binne 30min was ek daar. Daar aangekom was 3 manne gereed en het 20min geneem om werk te voltooi. Terug huistoe...hele oefening was minder as 1½ uur.
Geert...
...en hoe voel die remme na die vervanging. Kon jy by gestaan het terwyl hulle aan jou wa gewerk het.
Ek sien in jou fotos die volgende gewig onderskeid;
ligte diens [standaard] ----1100 tot 2000kg
swaar diens -----------------3000kg
Dit is ook Alko produkte, en weerspreek dus wat handelaar vir Chris S gesê het.
Remme gestel?
Het hulle nie die remme gestel nie? As ek reg onthou moet dit gestel word na die inlooprem skokbreker vervang is, veral as ‘n ligte diens met ‘n swaardiens vervang is.





Geert...
....ek het ook so 'n ruk terug die Kavango se rem-skokbreker laat vervang. Volgens die persoon wat dit gedoen het, het hy 'n swaardiens ene ingesit.
Die Kavango se gewig is 1150kg leeg en maks 1500kg [plaatjie]. Dit kan 'n aanduiding wees om te vergelyk met jou wa se gewig.
Wat normaal is, is 'n ope vraag. Die lewe van daai skokbreker sal 'n funksie van jou sleepstyl wees, of eintlik stopstyl. Sekerlik ook die aantal kilo's/jaar wat jou wa loop.
My huidige skokbreker het nou 10900km gewerk. Ek het dit in Januarie 2022 laat insit, en dis nog so reg soos 'n roer.
Ek sal dink dat 'n swaardiens skokbreker langer behoort te hou as 'n standaard ene, veral op 'n ligte wa.