Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -54 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/10/2026 - 15:15

Ek gaan jou so noem, om te onderskei van neef Herman, wat onder die Swartbergpas bly.

Nou is ons 3 lede wat met Kavangos kampeer. Ek het 'n 2016 Extreme waarmee ons die land platsleep.

Chris Smal [Wildehont] van Worcester is die derde persoon.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 30/10/2026 - 20:26

Het vir die MG lugfilters bestel en vandag gaan afhaal by Midas. Toe ek uitstap kry ek n worsrolletjie én ek moet die Spin and Win wiel draai. En daar wen Neef ñ "bucket hat" nogal n rooie. Lyk nes Wessel se hoedjie, maar die een  is ń pragtige helder róói. 

 Von sé sy sal my maklik kan opspoor as ek dalk eendag wegraak.

Hat

 

 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/10/2026 - 21:42

...dalk moet jy NIE stemdag daai hoedjie opsit stembus toe nie. 

Die boerevereniging lede gaan jou skeef aankyk😁 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 30/10/2026 - 22:03

Ek kan net sien dat dit 'n bloedige warm dag in die Klein Karoo was. Die Midas-man het vinnig gedink om die wiel op die hoedjie te stop en so 'n ou omie van hitte uitputting te red. Volgende keer gaan jy sonder 'n hemp, dan kaalvoet en so aan....😸

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus