Forums
As jy lief is vir sport, veral vir rugby, en vir Suid-Afrika moet jy die vyf episodes kyk op DSTV. Wees gewaarsku dat die f-woord baie gebruik word. Maar dit gee mens ‘n agter die skerms insig op die 2023 rugby wêreldbeker toernooi uit ‘n Springbokke oogpunt en help jou besef dat hulle (ons) deur en deur verdien het om weer te wen. Dit herinner mens ook weer aan hoe uniek ons land en sy mense is en hoe baie ons dieselfde is ten spyte van ons verskille. Jy sal nie spyt wees nie.
DSTV catchup
Dit is op Sondae aande uitgesaai en is reeds al vyf verby, maar is beskikbaar op DSTV catchup.





Wildehont
Plek, dag en tyd (wat dit uitgesaai word)? Ek sal kyk maar vermoed dat dit dalk meer 'n manne-ding kan wees? - geniet wel die spel.