Forums
Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;
Berg& Dal 5 tot 11 Mei
Satara 11 tot 17 Mei
Tsendze 17 tot 23 Mei.
Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.
Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son
28
Ek is bly om te hoor 28 het son. Ons is daar bespreek vir ons komende besoek. Dis ons eerste keer aan daardie kant van die kamp. Ons het die laaste drie jaar naby die hek gestaan op onderskydelik 6, 3 en 2. Lg is sover ons gunsteling.
Ek hoop julle raak ook gelukkig met 28.
Nr 28
Ons gaan ook nou Julie daar staan. Het hom mooi bekyk verlede jaar uit beskikbaarheid van son oogpunt
Datums?
Ons vertrek 30 Junie van daar af. Wanneer klok julle in?
Chris S....
....ons gaan mekaar mis. Ons is daar 9 tot 15 Julie, en dan beweeg ons onder toe.
Verbasing oor....
...gewildheid van Tsendze, ek het seker 4 Junie bespreek, en dadelik Mopanie gekontak om staanplek te bespreek. Vanoggend gehoor dat my 1ste keuse reeds geneem is.
My bespreking val nie in die skoolvakansie nie, maar wel in die 40% afslag periode vir grootmense. Wys jou net daar is 2 seisoene in Kruger, skoolvakansies en grootmens periodes.
Gryskop tariewe
Wat is die ouderdom om te kwalifiseer vir gryskop tariewe...60 of 65?
Geert ...
... die kwalifiserende ouderdom is 60.
Amper daar
Kan ek oor agt jaar vir my hele gesin afslag kry?
Gesin afslag ???
Ek sal raai dat dit slegs vir die persone bo 60 sal geld. Bel sommer oor 8 jaar Ezi Bookings en vra hulle.
Onthou egter, jy bespreek 'n staanplek vir eerste 2 persone, en dan betaal jy ekstra per person[kind] wat saam met jou is. Dan kan jy 40% afslag kry, maar vir die botallige persone, gaan jy seker die normale fooi moet betaal. Dit klink net logies, of hoe?
Sommer ‘n grap gemaak
Ons sal in elk geval steeds tydens skoolvakansies moet gaan, en dis mos buite die afslagtydperk.
Grappies laat mens dink
Julle kan natuurlik tuisskool oorweeg soos kinders hoërskool toe gaan. Dit werk akademies fantasties, moontlik goedkoper as skool, en julle kan ter enigertyd vakansie neem.
My oudste twee was tot std 4 en 2 respektiewelik op skool. Die jongste nooit nie. Ek kan dit aanbeveel,aangesien jou vrou tog by die huis is.
My kleindogter ...
... (in Roemenië) was ook net haar eerste 5 jaar in 'n Roemeense skool. My dogter het haar toe begin tuis onderrig en sy het die afgelope Februarie haar Graad 12 voltooi (as 17-jarige). Of hulle in Suid-Afrika, VSA of waar ookal was - sy't aangegaan met haar skool-onderrig wat alles aanlyn was. Dit het vir hulle uitstekend gewerk. Dit sou die ideaal wees vir y seun se 2 kinders wat tans in HTS Drostdy is, maar my skoondogter sien nie daarvoor kans nie. Hulle ry hulle kapoet Worcester toe en terug. As hulle hier op Kleinmond gewoon het kon ouma ('n oud-onderwyseres) dalk van hulp gewees het.
Tsendze staanplekke
Ek het nou per epos 'n versoek ingesit om my staanplek vir volgende jaar te verander. Ek is effe bekommerd oor die gebrek aan son op nr 26, wat eintlik 'n baie lekker staning is.
Ek het gevra om dit uit te ruil vir enige van nr 28,29, 32 0f 34. As nie nou kan nie, dan hou ek 26 en probeer weer nader aan die tyd.
Bel
As jy nie regkom nie, bel hulle elke week. Mens is regtig bederf as jy eers op 28 gestaan het.
Bespreekte staanplekke
Hoe werk hulle met bespreekte staanplekke? Sê nou byvoorbeeld Wessel het staanplek 28 vir 10-20 Junie gevra. Ek wat miskien nie spesifieke staanplek bespreek het nie, kom miskien in van 8-12 Junie. Vorige ou het miskien 1-8 Junie daar gestaan.....so dis 2 dae oop voor Wessel inkom. Kamp is soos gewoonlik vol bespreek en net 28 is oop. Mag ek dan net 2 dae daar staaan en moet dan na 2 dae oppak en skuif na n ander staanplek wat oop is?
Geert...
...ek het geen idee hoe hulle dit doen nie.
Dalk gee hulle in jou voorbeeld die keuse of jy daar wil staan en skuif na 2 dae. Of, hulle gee die staanplek aan iemand wat net 'n aand of 2 daar wil kampeer.
Wat ek wel weet,is dat die ouens wat bespreek feitlik almal onmiddelik hulle staanplekke ook bespreek.
Ek hoop op 'n kansellasie, sodat 28 oop gaan, en/of dat ander plekke nog nie bespreek is nie.
Daar is ongelukkig 'n paar swak staanplekke, uit die oogpunt van son beskikbaarheid. Ek skat die meeste plekke is lieflike skaduplekke, soos nr 26 amper ook.
Goed om te weet
Dis goed om te weet dat mens plek vooraf kan bespreek, andersins is moontlikheid groot dat jy rond geneek gaan word as jy onbespreek daar aankom
Nagmerrie logistieke
Ek weet ook nie hoe hulle werk nie, maar soos Wessel sê bespreek mense wat weet jy kan - dadelik hulle voorkeur staanplek by Mopani se ontvangs sodra hulle die bespreking op die stelsel gemaak het. Die gewilde staanplekke word natuurlik eerste opgeraap, en as jou eerste keuse nie beskikbaar is nie kry jy jou tweede of derde keuse. Dis nou as jy bespreek wanneer die besprekings vir daardie tydperk oopmaak.
As jy later inkom sal dit net op ‘n kansellasie wees of op iemand wat nie die bespreking opneem wanneer dit deposito tyd is nie. Dan gaan jy moet vat watter staanplek hulle versoek het want die res is reeds gevat.
Geert...
....met Tsendze hoef jy nie te bespreek nie, maar dan moet jy neem wat hulle jou gee met aankoms.
Ongeag bespreekte plek of nie, mens MOET gaan aanmeld by Mopanie, dan bevestig hulle jou staanplek, hetsy soos vooraf bespreek, of daar toegeken.
Dit lol nogal as mense sommer net 'n plek beset in Tsendze. Dit het Julie langs ons gebeur. Mense het net ingekom en op nr 27 begin opslaan. Nog voordat hulle klaar was, daag die mense op, aan wie nr27 gegee was. Die het net aangedring op hulle staanplek, en die eerstes moes afbreek en skuif na 'n oopplek.
Ek vermoed Rodger, die bekwame opsigter, het radio kontak met mopanie. Hy het die gemors gou uitgesorteer.
Nagmerrie
Dis seker lekker om te weet dat n staanplek vir jou uitgehou word, maar ek stem met Wildehont dat dit n nagmerrie moet wees om dit so mooi te administrateer. Nog steeds gaan daar mense wees wat seker moet rondskuif tydens verblyf om bestaande bespreekte nommers te moet akkomodeer. As ek nou bespreking het sê byvooebeeld vir 1-10 Mei en en bespreek Staanplek 28 en n ander ou bespreek die staanplek 28 vanaf 10-20 Mei ....intussen kry ek die geleentheid om verblyf met paar dae te verleng, maar beteken dan ek gaan moet rondskuif na die 10de.
As iemand 10 dae staanplek 28 bespreek het en intussen besluit hy hy gaan sy verblyf opdeel tussen 5x dae by Tsendze en die ander 5x by Letaba.....tel Mopanie dit op as jy nie persoonlik hulle laat weet nie?