So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Goeie môre Anton, ek sien…
Goeie môre Anton, ek sien daai girls ie al spoggerig met die kamp opset.
Onze Rust, Colesberg
Het iemand kennis van hierdie karavaankamp? 'n Gradering elders gee die omgewing net 2/5. Wonder op grond waarvan - veiligheid of net geen uitsig? Nie 'n idee wanneer die gradering gedoen is nie. Die res lyk goed.
Onze Rust
Rona - ek kan my net verlaat op CaravanParks.Com (CPC) se resensies en eenkeer se persoonlike inloer. Daar is 11 resensies en dit gee die plek gemiddeld nogals nie 'n sleg gradering nie - 4 uit 5 vir sekuriteit, ablusies, staanplekke en waarde vir geld. Die laaste resensie is 2 jaar gelede gedoen. Ekself het eenkeer daar gaan inloer toe ons in Ciolesberg in 'n Lekkeslaap plekkie oorgebly het. Vir my het dit heel goed gelyk.
Ek weet dat Goeie Hout een of ander stel daar afgetrap het - ek dink 'n kragkabel van hom is vasgelê. Maar ek weet ook van 'n paartjie van Bellville (ene John & Nita) wat elke jaar lankstaners by Eiland Spa is. En Onze Rust is al vir jare hulle standaard oorbly-plek.
Persoonlik verkies ons Forever Gariep se staanplekke met privaat ablusie wanneer ons in daardie omgewing is - puikl!!
Rona ----Kaapse toer ???
Hoe lyk my julle is besig met Desember se toer beplanning.???
Chris is reg, Goeie hout het verlede jaar daar deurgeloop. Met 'n ryhuis is daar mos nie los goete buite as julle slaap nie.
Ek sal egter ook bly by Gariep se privaat ablusie staanplekke. Daarvoor MOET jy vooruit bespreek, baie gewild in Desember skoolvakansie .
Onze Rust
Hallo Rona. Dit is nie n karavaan staanplek soos ek en jy dit ken. Hier staan jy in n reguit lyn met karavaan gehak. Letterlike langs n braai. Dit is net vir 1 oornag. Maar ek het deurgeloop met my ekstra 30m kabels wat voete gekry het.
Sal maar Gariep Dam gaan staan.
Chris en Wessel
Baie dankie, dit is welkome inligting. Met nog geen idee van Desember se brandstofprys nie, loer ek in hierdie stadium na die kortste afstand Kaap toe. Ons ken nie oorslaapplekke op die N1 nie - het nog altyd die N12 verkies, maar die afstand tot by die N7 en daarvandaan na Tulbagh is verder. Ek vermoed elke km gaan tel. Neem ook kennis van die "moet vooraf bespreek", maar dit kan nie gebeur voor die Des. brandstofprys aankondiging nie. Waarskynlik dan te laat vir Gariep, sal maar moet sien.....
As ek net aan die N1 met die hordes trokke dink kry ek sommer 'n koors wat nog 'n naam moet kry. Daan reken dis ok - die trokke, darem nie die koors nie 👀
Dankie Goeie Hout
Met hierdie inligting klink dit dan eerder na 'n "hou verby" kamp, al sou ons dit net as aftrekplek vir een nag beplan.
Nou vir die laaang wag tot Desember.
N1 vs N12
Rona, speel met google maps, dis te lekker tydverdryf.. Ek het gou gaan kyk,
1] JHB-Bfontein-Kimberley na Drie susters [N12] =973km
2] JHB=Bfontein - Colesberg--Drie susters = 896km
Wat is 77km verder, met veel minder trokke en verkeer.
Ek sleep meestal roete 1 af Kaap toe.
Van Dullstroom af, maak eerste slaap by Aldam, so ongeveer 550km Dan kan julle dalk oorweeg om by Ritchie of Kambro te slaap.
Ritchie na KarooNP of Travalia is maar ongeveer 400km of 320km respektiewelik. Kambro is naby Britstown, wat pad na B.Wes korter maak.
Dis die lekkerste deel van toer, kos mens niks aan diesel nie.
N1 versus N12
Die N1 is bedrywig met die groot trokke - geen twyfel. En 'n gedeelte, net suid van Hanover, se oppervlak was maar treurig.
Maar die N12 tussen Kimberley en die afdraai na De Aar (net noord van Britstown) is vodde gery deur die "side tippers), veral as jy suid ry - want dit is die rigting wat hulle met vol vragte ry. Die gedeelte suid van Strydenburg, verby Kambro tot by die afdraai na De Aar is 'n nagmerrie - veral as jy 'n konvensionele padkaravaan sleep.
Neewat - ek trotseer 'n 100 keer eerder die N1 se trokke.
Vervelig
Geert se beskrywing van die N1 is vir my in die kol. Voeg dan nog al die trokke by wat mens heeltyd op die punt van jou sitplek hou, dan is dit nie 'n prettige rit nie. In ons werksdae moes ons hierdie pad tot vervelens toe ry en al wat mooi was tussen die Noorde en die Kaap was gewoonlik so vyf of ses Peterbilt trokke (die 379's) wat ek nie meer sien nie. Ek kon nie een bekostig nie en koop toe maar my bussie.....Indien ons (Daan) wel besluit om die roete te vat, wil ek die pad net oorkry - een stop. Reyneke Park Bloemfontein kan dalk werk. Ek onthou dit was al Len se aftrekplek en hy het nie te veel gekla nie. Dit gaan twee baie lang trekke wees, maar dan is dit verby.
Ek hoor wat Chris sê van die N12, maar is baie lief vir daardie gedeelte van die Karoo. Enigste manier om dit weer te sien, is ry dit. Die Kambro is ook een van ons gunsteling aftrek plekke - met min staanplekke en gewild oor Desember glo ek dat ek lank reeds moes bespreek het. Bietjie verder aan is Rooidam. Ons het nog net baie daar verby gery - moontlik ook 'n opsie. Maar goed, een trek van hier af Britstown toe is dalk 'n te groot hap. Ons ken nie Riverside Country club by Ritchie nie, maar op die N12 is dit 'n moontlikheid vir 'n eerste oornag plek. Daarvandaan iewers op die N1 naby Drie Susters of Beaufort Wes (kan maar net nie van dit af wegkom nie). Karoo NP - moet bespreek - dink dit gaan sekerlik vol wees in daardie tyd. In daardie omgewing is meer plekke, ek moet net weer my gedagtes laat gaan.
Nou het ek my kop deurmekaar gedink. Tyd vir 'n lafenis.
Ons kom al nader...
Steenbokkie is iets om in gedagte te hou. Dankie Wessel.
'n Ander plek wat ek tevore raakgesien het in die verbyry is Teri Lemveli (skat so 5 km suid van Karoo NP.) Het intussen gou op hul webwerf gaan loer (15km suid van Beaufort). Slegs 7 kampeerplekke, maar dit maak die opsies darem groter. Dit lyk mooi daar - miskien kom ek nie weer weg as ek eers skoene uitgeskop het op daardie plaas nie.
Stil pad Tulbagh toe.
Rona, as jy die Karoo wil beleef, sonder trokke en goeie pad, oorweeg die volgende opsie.
Ry N1 tot op B fontein
B.fontein na Kimberley met N8, na Kambro.
Draai in Britstown af en ry met R384 na Carnarvon, Williston en Calvinia.
Nieuwoudville en VanRhynsdorp langs na N7
Dan Piketberg, Porterville na Tulbagh.
Ek dink nie jy moet daaraan dink om van Dullstroom met slegs 1 oornag tot by Tulbagh te ry nie. Ek dink met die ryhuis ten minste 2 aande oorslaap.
Ry soos Chris en en ek, as ek woonwa sleep, rustig en teen optimale dieselverbruik snelheid..
Wessel,
Die pad wat jy voorstel hier bo is ons gunsteling (sny net die N1 heeltemal uit - N12 vanaf Witbank, alpad tot in Kby. Ek het nie fyn berekeninge gemaak nie, maar dink dis ongeveer 200km verder (een rigting) as die N1 en kan nogals 'n verskil maak aan mens se brandstofrekening. Maar dan - wanneer ons eers in Tulbagh is, is daar nie 'n manier dat ek kort-om draai nie. Lambertsbaai is naby en die roete hier bo genoem sal dan waarskynlik die pad terug wees. Suid Kaap sal maar moet oorstaan.
Indien diesel R10/l goedkoper word, dan skiet ons by elke kruising 'n "coin" en ry so die Kaap plat 😹





Goeiemôre! ☀️☀️☀️
Goeiemôre! ☀️☀️☀️