Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -22 minutes ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -1 hour ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -12 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -12 hours ago

Braai met 'n Weber

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê. 

Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.

'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.

Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.

Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai). 

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 13/08/2024 - 21:13

Hi Geert, die koppie braaipap wat jy noem, is dit klaar gaar of net die droë meel saam die ander bestanddele. Ek lees dat Chris S droë meel bygevoeg het. Ek vrae die stupid vraag want Nellie maak ook 'n pap tert, maar met slap pap en pak alles in lae voor dit ook gebak word. Nou wonder ek ook maar net. Lekker eet mense. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 05:06

... ken ook die paptert soos jy dit beskrywe.. Dit is presies soos my kok, Marie die vingerlek tert maak.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 07:06

Ek het rou meel met die res van Geert se bestanddele gemeng. Ek verkies sy resep se paptert bo die met die lae. Dis makliker om te maak ook. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 14/08/2024 - 07:22

Droeë meel. Ons gebruik altyd net die growwe pap...dis maar hoe oorspronklike resep gewys het. Weet nie hoe dit met gewone uitkom nie. Mens kan eintlik lekker speel met die resep en ander gunstelinge byvoeg.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/08/2024 - 11:02

Ek stap gister deur Makro opsoek na iets anders en merk toe op 'n Weber Smokey Joe (ChrisB se gunsteling) teen R1400, nogals 'n stewige prys vir dié dingetjie.  Reg langs dit staan (seker "made in China") iets soortgelyk vir R500 !

Ns. Ek weet ChrisB hou van sy tradisionele handelsmerke soos byvoorbeeld Toyota en hy sal seker bly by sy Weber Smokey Joe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/08/2024 - 11:17

... ek het die groot fout gemaak om een van daardie goedkoper mini-ketelbraaiers te koop. Dit staan hier in my garage op 'n kas. Ek wil nie sê dit is "gemors" nie, maar dit is baie naby aan sodanige beskrywing. Die roosters (kole en vleis) is van minderwaardige gehalte. En die hitte-beheer is nie vergelykbaar met die regte-egte Weber Smokey Joe s'n nie. Ek het dit aanvanklik gebruik as my enetjie om saam te ry, want die deksel het sulke lekker knippies om dit toe te knyp. Maar ek het moed opgegee daarmee en maar weer my hand dieper in die sak gesteek om die "real McKoy" te koop.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 11:52

Koop daardie een by Makro Oom Len. Kyk wat kos dieselfde ding op Takealot. Nogal “best price”.

A

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/08/2024 - 12:21

Daardie prys wat Len noem is 'n goeie prys. Dit is min of meer wat ek vir my laaste een betaal het. Ek sien dat Agrimark vra R1 699 en by Weber SA kan jy dit bestel vir R1 799. Ek sien Takealot se verskaffer is Allure Apex. Hulle wil mens rook met die prys.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 12:22

Mense daar moet fout met my en Marie wees. Ek sal waaragtig nie nog plek agterop Grompie hê vir 'n Weber nie. Die laaibak is klaar styfgestop, Herman is getuie, ek jok nie. 

Ek moet boonop keer, die agtersitplek ontaard in 'n tupperkas. Daar word omtrent net plek gehou vir die bestuurder met die laphoedjie en senu-agtige droge slukke.laugh 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 16:03

Daardie prys wat Len noem is 'n goeie prys

Dis die winskoop waarna ek verwys het - nie Takealot (hulle naam pas goed by die prys) nie.
 

Koop daardie een by Makro Oom Len. Kyk wat kos dieselfde ding op Takealot. Nogal “best price”. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 16:07

Voor ons kinders gehad het, het ons so Fong Kong mini ketelbraai saamgery as ons gaan kampeer het. Dit het heel goed gewerk, maar ons het dit sonder die deksel gebruik. Wat my pla van sulke braaiers is dat mens nie die hoogte kan verstel nie. Ek hou bv daarvan om biefstuk laag en vinnig te braai en wors hoër en stadig. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/08/2024 - 16:36

Ek hou bv daarvan om biefstuk laag en vinnig te braai en wors hoër en stadig. 

Soos ek hierbo genoem het demp jy jou kole om byvoorbeeld wors te braai. Maar uiteraard moet jy dan die deksel gebruik. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 14/08/2024 - 17:26

Wat my pla van sulke braaiers is dat mens nie die hoogte kan verstel nie

Ek sukkel ook as ek oop op direkte vuur braai  agv geen hoogte verstel nie. Hier by ons op die buitelug skoue is daar paar manne wat "gadgets " verkoop om jou rooster op verskillende hoogtes te kry....maar dis net op die 57cm Webers. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 14/08/2024 - 18:15

Ons het een van die klein reghoekige Webers. Paar jaar terug n lekker varkboud op indirekte metode gaar gemaak. Deesdae gebruik ons hom net vir Wildtuin en Pilanesberg as ons gaan picnic hou. Gooi reeds die kole en blits in by die kamp...by die picnic spot maak hom oop en steek aan die brand. Ek hou weer van boerewors vinnig op hoë hitte....so hierdie een maak lekker boerewors rolle as ons picnic

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 19:58

180° vir 20 min aan elke kant toe was dit gaar maar lekker sappig. Teen R140/kg is dit nie goedkoop nie, so dit sal ‘n nou-en-dan bederfie wees. Mens kan eintlik een vries en saamvat op ‘n toer, dit vat nie baie plek nie. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 16/08/2024 - 19:22

Iets wat ek baie lanklaas gedoen het was om vleis op Weber te rook. Paar fotos van n hele ruk terug. 2de foto is varkboud op rotisserie 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus