Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago
see water November 2026 Geert -17 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago

Oktober 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 11:00

...was vanoggend my voorland. So besluit ek dis 'n goeie warm sonskyn dag om die voordeur te skuur en te vernis. Wat 'n gesukkel!!!!

Die deur het baie windmaker figuurfriese op van boomtakke met 2 arende daarop. Dit is sekerlik die moeilikste om effens met skuurpapier skoon te maak. Ek het later maar met staalwol die goet se bleddie vlerke probeer skuur.

Ek is na die oefening genees van sulke "fancy" onpraktiese versierings aan houtdeure. Gee my dan maar eerder 'n netjiese deur wat gemaklike platvlakke het. 

Dis seker maar die tekens van die ouderdom wat kop uitsteek.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/10/2024 - 11:47

Josef Willem, het jy reeds plek bespreek daar? Toe ons verlede jaar April in Kenhardt wou oorslaap oppad Kgalagadi toe was alles vol bespreek met kontrakteurs wat aan ‘n nuwe sonplaas in daardie geweste gewerk het. 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 22/10/2024 - 11:53

Wildehond:

Ek het ook so verneem dat meeste plekke vol is en dit is toe dat ek besluit om eerder te gaan kamp, daar is darem staanplekke nog beskikbaar by Liefdood, al nadeel is daar is nie krag punte nie maar ek het sonpanele wat saam ry, so krag is ie n probleem nie, die warm water word verska deur n donkie, baie primitief maar die prys is reg vir dit wat jy kry. Gelukkig kan die sonpanele die klein Aircon trek en die battery krag is ook genoeg.

Ek het nog nie vas bespreek nie, sal eers deur Kenhardt ry en kyk of ek nie iets in die dorp kan kry nie en as dit dan nie kan nie dan sal ek liefdood te kant toe skuif.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 12:19

...begin 'n gesprek waar jy jou beplanning en oorslaap opsies bespreek. Dan is alles bymekaar.

Ek dink jou bekommernisse oor neusgewig en ratkeuses is uitgesorteer, veral as jy die link volg wat Chris S gegee het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/10/2024 - 13:36

Jy moet sommer jou gesprek af Kenhardt en Sederberge toe, begin met mooi fotos van jou sleep kombinasie. dis nou om ons ouer manne so bietjie jaloers te maak.

Ek het nou na die Conqueror Comfort gaan kyk, het dit nie standaard 'n "awning" oor die kombuis nie. Ek besef nou dis 'n boswaentjie wat so swaar gelaai kan word, en blykbaar steeds net ongeveer 80kg op bal druk.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Wed, 23/10/2024 - 08:22

Goeie more, hoop almal het n geseende dag, het gister aand 4 mm gereen hier by ons met hael so groot soos albasters, hy het goed afgekom, grasperk was wit gewees, darem nie skade gehad nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 23/10/2024 - 12:22

GrasGras versorg.

Dit is hoekom ons kamp so bietjie moet wag. Het duur betaal om nuwe gras te laat lê en vandag is dit presies twee weke. 

Die geld beslis werd.

Nuwe gras

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 06:52

....enige nuus oor die oorsaak van die brand.??

Was dit 'n rietdak, of konvensionele struktuur. 

Was daar gaste in die huis toe dit begin brand het?

Ek hoop die versekering sal die eis gunstig hanteer.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 09:11

Ek sien vanoggend die berig in Business live/motoring dat hy oorlede is.

Die wat daarin belangstel, kan sy loopbaan as renjaer daar gaan lees.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 24/10/2024 - 09:41

Willie was 'n groot gees in SA plaaslike motorsport. Het altyd sy renmotors self voorberei. Het altyd gesê dat hy nie 'n voertuig sal ry as hy dit nie self voorberei het nie. Daai groot v8's ook altyd gery sonder "power steering". Hoe hy dit gedoen het sal net hy weet.

Het persoonlik met hom te doen gehad in die era toe my jonger broer een van Ben Morgenrood se ren ingenieurs was.

'n Absolute legende.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 24/10/2024 - 10:31

Wessel, jou vrae hierbo verwys :

  • Die oorsaak is nog nie bevestig nie, maar die vermoede is 'n braai-kooltjie het uit die skoorssteen op die steil sinkdak beland en afgerol tot in die geut. Voor die huis, op die sypaadjie is dennebome wat hulle naalde op die dak waai as die wind waai.  Die geute word gereeld skoongemaak omdat die naalde dit verstop.  Dit word vermoed dat 'n braai-kooltjie in die geut beland het en van die naalde aan die brand gesteek het.  Sodoende het die dakbalke eerste aan die brand geslaan.
  • Ja, daar was gaste wat die huis oor die naweek gehuur het.

My kinders het gelukkig goeie versekering uitgeneem, spesifiek vir 'n gastehuis omdat dit aan toeriste verhuur word.  Die versekeraar is Echelon Private Client Insurance, 'n afdeling van Santam.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/10/2024 - 15:23

Ek wil net toets of die forum wel aktief is.

Dit wil mos voorkom of hier 'n doodse stilte toesak, sommer van vroeg op 'n Vrydag af.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/10/2024 - 07:32

...hoe gaan dit nou met die bosluis gasvrou.???laugh Ek hoop sommer gougou beter.

Onthou die boeretaat, so 'n stewige sopie KWV brandewyn voor slaap tyd.  Dis nou vanaf 15h00 elke 3 ure tot slapens. Verkieslik moet die verpleër ook die medikasie inneem. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/10/2024 - 11:09

Ek het vanoggend gaan volmaak, want daar word bespiegel dat brandstofpryse dalk kan styg volgende maand.

So 8km van my kasteeltjie, oppad Impala slaghuis toe, is daar 'n vulstasie genaamd Econo Langplaas. Hulle is tans die 2de goedkoopste in ons geweste, net die kooperasie klop hulle pryse.. Ongelukkig is dit vreeslik besig by die kooperasie, dus probeer ek nie eers daar ingooi nie.

Ek het vanoggend R18.88/l betaal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/10/2024 - 12:29

Wessel, jou navraag hierbo verwys.  Dit gaan nie baie goed met Annatjie se hand waar die bosluis gebyt het nie.  Haar handpalm, duim en wysvinger pyn baie en sterk pyn medikasie help op die oomblik nie veel nie.  Ons GP het nog 'n salf voorgeskryf wat die oppervlakkige pyn moet verlig. Die plek waar die bosluis gebyt het en omringende gebied van ongeveer 1cm, het botblou/rooi verkleur. Ons hou maar dop en indien nodig, sal weer dokter toe gaan.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 26/10/2024 - 12:52

Len dit is jammer om te hoor. Ons wens Annatjie alle sterkte en vinnige herstel toe. Is die GP seeker dit is n' bosluis of het julle die bosluis gesien. Dit klink vir my meer na n' spinnekop byt? Het sy n' hoofpyn ook? Dit gaan gewoonlik saam met bosluis en bosluis byt koors.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/10/2024 - 14:20

..................dis beslis 'n bosluis, die dokter het het dit self verwyder asook die agterblyfsels. Die bosluis het in die waai ( die "V" tussen die vingers) van haar duim en wysvinger gesit en dit het aanvanklik soos 'n bloedklontjie gelyk - sy het gedink sy het haar met 'n mes gesny en vandaar die "bloedklontjie" wat eintlik 'n bosluis was.  Die blêddie ding het daar vir minstens 5 dae gesit voor ons dokter toe is.

Dankie vir die herstelwense Paul.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 26/10/2024 - 16:40

Jammer om te hoor Len. Sy is seker alergies vir die bosluis se speeksel en dus die blou/rooi verkleuring. As dit bosluis byt koors is (n' parasiet) dan sou sy n' hoofpyn gehad het en n' koors. Die GP sou ook dan vir haar Doxycycline antibiotica voor geskryf het. Ja die blêddie ding is n' pess. Ek en my vrou het al n' paar keer bosluis byt koors gehad en ons is ook alergies vir die blêddie ding se speeksel. Ons hou Doxycycline in ons eerste hulp tassie en spuit ons beene en arms met Peacefull Sleep (Deet) waneer ons in die veld stap. Check ook mekaar van kop tot toone waneer ons terug kom.

Hoop sy kom gou daar oor.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 26/10/2024 - 16:47

Ek het vanoggend R18.88/l betaal.

Dis vrek goedkoop so ver van die kus af. Hier in Worcester by Engen betaal ek R19,19. Daar is ‘n onafhanklike depot anderkant die nywerheidsgebied wat goedkoper is maar ek vertrou nie die suiwerheid van hulle diesel nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus