124306 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Franschoek pas Heuwelsig Franschoek maurits -9 minutes ago
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -39 minutes ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -45 minutes ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -53 minutes ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -1 hour ago
Na 'n lekker brekkie ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -1 hour ago

Strydoms se 2025 Namakwaland toer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Thu, 03/10/2024 - 11:10
Forums

Ek begin die gesprek bloot om al die lekker gesels, voorstelle en raad rondom ons toer na die Suide van Namakwaland bymekaar te hou. Ten minste kan ek dan maklik by al die inligting uitkom.

Program lyk tans as volg;

MokalaNP:   20 tot 25 Augustus

Groenrivier Nieuwoudville: 26 Aug tot 31 Aug.

Strandfontein:  31 Aug ---5 Sept 

Van Zylsrus Kuilsrivier:    5 tot 10 Sept

Montagu/Prins Albert:      10 tot 15 Sept

KarooNP:  15Sept tot 20 Sept

Worcester

Wildehont

Thu, 03/10/2024 - 13:37

Moenie Strandfontein weggooi nie. Rooiduin is geheel en al off-grid en baie rustig. Tietiesbaai het ek nog nie self by kampeer nie maar ‘n goeie vriend gaan elke Paasnaweek daarheen. Langebaan het ook ‘n oord (ek vergeet die naam) en daar is Ou Skip in Melkbosstrand lekker naby Koeberg vir die kernfisikus. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/10/2024 - 13:47

Jislaaik, daar is soveel plekke net in Suide, dat mens uit dae raak. Ons is nie meer lus vir stop - slaap -ry nie, en nou neig ons na 4 voldae op ,n plek Dit rek die totale uit en tuis program liederlik lank. 

Ons dink tans aan twee hoof staanplekke, tewete Nieuwoudville en Strandfontein.  Vandaar sal ons dan daagliks verkennings patrollies ry. 

Iemand het iewers die afgelope 2 weke 'n oord genoem net voor Augrabies NP, maar ek kan dit nie onthou nie. Grootmens kwaal, ek het onthou, plek se naam is Kameeldoring

Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/10/2024 - 16:58

Wie het eerstehandse ervaring van aanbevole kampplekke op die dorpe.?? Dit is net vir oorslaap, en moet skoon en veilig wees.

Ek het darem 'n naam Joosteswerwe buite Carnavon, en Klipwerf by Calvinia. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 03/10/2024 - 17:35

... regtig aanbeveel. Ons het April oorgeslaap by Donkieshoek, Calvinia. Ons het in hul vaste akkommodasie gebly, maar hulle het ook kampeerplek.

Ons het enkele jare gelede by Groenrivierplaas by Nieuwoudtville oorgebly vir 2 aande. Dit was ook baie lekker - elke staanplek met sy eie ablusies.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 03/10/2024 - 19:43

Jip Wessel.

Kameeldoring.  Ag dis letterlik op Augrabies se voorstoep.  Wonderlikke plek met beperkte staanplekke en dan het jy jou eie ablusieblokkie.  Jy stook jou eie warm water.  Pragtig.  Daar is krag.  Ek beveel aan. 9/10.  Ablusie blokkie is met grondseile toegespan.  Ontspan dis veilig.  Jpu nure kamp so 100 meter van jou af.

Ek probeer fotos laai maar dit werk nie.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 03/10/2024 - 19:49

Dit is bietjie noord.  Ons probeer elke 2de jaar die kort toer doen.

Toe kom ons Prieska om (vanaf Kaap).  Mooi plekkie.  Dit is eintlik n gastehuis effek, maar hulle het grasperk wat Fleetlines toe laat en hulle het aparte ablusie blokkie vir ons.  Baie veilig, maar dorp is soos Baeufort Wes.  Baie bedelaars.  Ek raak eintlik bang.

Geniet.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/10/2024 - 09:59

Ek het vanoggend telefonies direk gesels met die eienaars van die gasteplaas. Dit maak alles net soveel makliker. 

Die gasteplaas maak ook voorsiening vir woonwa-staanplekke, met elektrisiteit by staanplekke en in die ablusieblok. Daar is sonderdak ablusies by die staanplekke, maar nader aan die plaashuis is ook 'n gewone toe ablusie vie koue Karoo-aande.

Die dame is so eerlik, en sê dadelik dat dit ongeveer 14km grondpad na die opstal toe is. Dit is blykbaar 'n goeie grondpad, maar sy weet die mense met teerpadwaens kla daaroor, nou sê sy dit maar vooraf. 

So 'n maand vooraf bespreking is voldoende.

Nou kan ek 'n 2de toer opsie beplan.laugh

Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/10/2024 - 10:57

Jis mense, ek verveel julle sekerlik met my geklets, oor 'n toer wat eers oor 10 maande begin.

Nadat ons oorslaapplek gekry het in Carnavon omgewing, het opsie 2 gestalte gekry. Kry die bevlieging en bel Ezi Bookings, en kry sowaar die LAASTE staanplek in Mokala vir die week wat ons graag daar wil begin.

Nou kan ons die res van die toer rustig vanaf die Mokala-datum beplan, om later KarooNP te bespreek.

Die plan is dus om by Mokala te begin, dan via Carnavon na Nieuwoudville. Vertoef etlike dae in Namakwaland, om dan te sleep tot in Bellville, Van Zylsrus. 

Die pad huistoe is dan via KarooNP, Ritchie, Bloemfontein om na 'n maand terug by die huis te kom.   

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 04/10/2024 - 11:16

Wessel jy moet die Karoo datum vasmaak. Dan kyk ons of daar nie weer dalk ń kuier kan gebeur nie. Is nog 10 maande weg, so genoeg tyd vir beplan. So Lapskag het meer as genoeg tyd angel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2024 - 11:28

..............sal jy omgee om ons mee te deel wanneer hierdie maandlange toer gaan plaasvind, vanaf wanneer tot wanneer ?  Wat is jou reeds vasgemaakte datums by Mokala ?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/10/2024 - 11:52

.... die toerprogram is tans as volg;

19 Aug 2025      Aldam net oorslaap

20 -25 Aug        Mokala NP

25 Aug               Joosteswerwe, Carnavon omgewing

26-- 5Sept         Nieuwoudville, Strandfontein of wat ookal

5 -10 Sept          Van Zylsrus, Kuilsrivier

10-15 Sept         KarooNP

15 Sept               Ritchie

16 Sept               Aldam

17 Sept               Brits

Tans is net Mokala bespreek en betaal vir bogenoemde datums. Ons sal nou rustig die res van toer beplan, om so spoedig moontlik [na 15 Oktober '24] die KarooNP ook te bespreek. 

Ek kan nie glo dat Mokala so gewild is nie. 

Herman, dit sal sowaar FANTASTIES wees om saam met julle te kampeer in KarooNP.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 04/10/2024 - 12:58

Het die datum op foon se dagboek gesit. Miskien moet ek met ouma praat dat ons ook ń langer wegbreek doen. Sy het net gister gepraat van Weskus. Julle weet mos hoe werk dit, solank die voorstel van dáái kant af kom, is dit so goed as afgehandel.angel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2024 - 13:25

.................Karoo NP  10 tot 15/9 kan aanskuif na 15/9 tot 19/9 mag ek dit dalk kan kombineer met my terugkoms van die Kruger Wildtuin gedurende Aug / Sept 2025.

Ons gaan gewoonlik in Mei Wildtuin toe, maar ek is lus vir 'n verandering  -  moet nog vir Annatjie oortuig.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/10/2024 - 14:42

....wat is die kans dat jy jou moontlike beplande besprekings sodanig maak, om by myne in te val.? 

Hoewel ek eers teen 15 Oktober my Karoo datums wil vas bespreek, moet jy nog eers Annatjie oortuig van jou "lus vir verandering". As ek 5 dae moet inlas om eers 15 Sept in Karoo te kom, beteken dit rofweg so ekstra R2000 bykomstig. 

Onthou die 40% afslag by Sanparke geld vir periode 18 Augustus tot 19 September. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2024 - 15:22

..............ek verwag nie jy moet 5 addisionelee dae invoeg nie, net gewonder of jy miskien 'n bietjie die dae en kampplekke kan skommel.  Annatjie se instemming is minder van 'n probleem, maar ons twee ou krokke se gesondheid so lank voor die tyd is beslis 'n risiko en ek sal nie graag 'n ander ou finansiële skade wil aandoen nie as ons om een of ander rede nie meer kan gaan nie.

Los maar tot later dan kyk ons weer.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 04/10/2024 - 18:56

Wessel, moet nou nie hardegat wees nie. Kom ons pas in by Len, dit moet gedoen word.

As jy sukkel met die langer bly en finansiële implikasies, wat ek beswaarlik glo, dan kan jy jou wa hier by my kamp kom opslaan. Jy kan dit elk geval doen, as jy tyd het.

Privaat ablusies, Lapa vir privaat gebruik, etc etc. En...ek en Giep kom kuier elke dag by jou as bonus wink

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/10/2024 - 06:41

....soos jy daar sê, wat is 'n paar aande tussen vriende.

Len, ek beplan nou om ten minste van 15 tot 19 Sept 2025 in KarooNP te wees. Ek vertrek dan op 20 September daarvandaan. Ek oorweeg om so 2 aande in Bontebok NP oor te staan, en dan Klein Karoo langs na Beaufort Wes. 

Len: kyk na jou beplanning, ek hoef sekerlik nie hierdie maand al Karoo se bespreking vas te maak nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 05/10/2024 - 07:26

Wat's die kanse dat jy die hele toer met 2 maande kan uitstel?devil Dan kan ek ook dalk saamkuier. As ek so na antie luister, is ons volgens haar beplanning Aug/Sep 2025 by ons ver kinders.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/10/2024 - 08:04

... nou krap jy my hele beplanning moertoe.laugh

Ek het ook die ongemaklike gevoel dat my Kaap toer dalk drasties kan verander, as my Miami-dogter die kleinkind kom wys. Haar skoonouers bly in Stanford, en dalk moet ek die minste wees en maar daar na kleindogter gaan kyk.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus