Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -3 minutes ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -18 minutes ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -20 minutes ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -49 minutes ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

Scam pogings wat toeneem

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Weet nie of dit buite die normaal is nie maar die laaste paar dae kry ek minstens 2 of 3 "snaakse" oproepe per dag wat almal duidelik pogings is om Oom Grootwind van sy paar pennies te help verlos. Vanmiddag weer..dametjie vertel my sy is van Absa Fraud en daar is pas iets soos R3.2k vanuit my rekening aan Eskom betaal....sy wou nog vertel hoe ek dit kamtig kan omkeer toe ek haar vertel sy probeer my sekerlik inloop (scam). Woeps sit sy die telefoon neer. Dalk verbeel ek my maar dis asof die tipe ding skielik baie begin toeneem. Julle ervarings? Natuurlik is daar die alewige "ping" oproepe waar die ander persoon (rekenaar?) net neersit sodra mens antwoord . Moet dalk maar Truecaller aflaai...maar ek dink nie dit keer alle sulke pogings nie. Terloops wat is goeie Afrikaans vir "scam", dalk boereverneukery?!

Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/11/2024 - 19:17

....die woord is bedrieg. Die boereverneukers wil jou bedrieg. Daai tipe oproepe is beslis aan die toeneem.  

Ek kry ook gereeld oproepe van ABSA towers----my kaart word vreeslik verbuig in winkels. My reaksie----ag baie dankie, ek gaan gou na my bank toe, en stop alles daar. Woeps is dit doodstil.

Dan ook van jou selfoon verskaffer, my geval MTN. Ons gaan nou die nommer staak, en aan iemand toeken, maar ek moet net 4 syfers vir hulle bevestig, om my nommer te behou. Doen mens dit, is hulle by jou bankbesonderhede. Die ergste is, MTN en ABSA is bewus van die slenter.

Nog ene---weet u dat daar 'n polis is, waar jy begunstigde is, en dit moet nou uitbetaal aan my. Hulle sal mens dan help dat die geld in jou rekening kom.

Wel, my reaksie is nou deesdae ---- middag julle ou bleddie skelms, soek 'n ander aap om te verneuk. Doodse stilte aan die anderkant.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 26/11/2024 - 19:40

Verstaan wat jy bedoel Wessel...ek is steeds op my MTN kontrak van seker sowat 6 jaar gelede met dieselfde selfoon as destyds. Kry elke week minstens een of twee oproepe van MTN se "online" mense om op te gradeer....kamtig omdat my data pakket oor 'n paar dae verval...die siele raak redelik moerig as ek vir hulle vertel ek doen nie besigheid met mense wat net 'n stem uit die donker ruimte is nie, dankie maar ek verkies om met regte mense by die plaaslike MTN winkel besigheid te doen...dis nou eendag as die huidige selfoon ophou werk! Daai 4 nommers waarna jy verwys is die OTP wat hulle nodig het om jou SIM kaart te ruil, selle ding, hulle hou niks daarvan as ek vertel ek is net ommie draai van my MTN winkel, is nou daar! En weg is hulle! 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/11/2024 - 06:00

Gelukkig is hier nie cell sein nie, anders het ek ook dalk deurgeloop. Hoekom ek so sê, is die magdom eposse wat dieselfde slenters probeer.

Doen hulle voor as Sars, ABSA, Nedbank, en omtrent orals waar ek " belange" het. Die enigste manier om dit te sien, is om die epos adres van die " sender" na te gaan, en somtyds is daar net ń klein verskil .

Die delete ek sonder om eers oop te maak, want die " klik hier om besonderhede te kry"  maak my maar skrikkerig vir ń virus. In my eenvoud dink neef dit is wat die skelms beplan.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 27/11/2024 - 06:02

E-poste van .............................................bedrieërs kry ek weer baie.  Veral van sogenaamde Standard Bank en Nedbank af. Tot vyf 'n dag en ek het nie eers rekeninge by hulle nie. 

Blok die e-pos adresse maar môre slegs klein verandering aan adres en word weer gestuur.

Kry gelukkig nie oproepe nie. 

 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/11/2024 - 07:56

‘n Vriend het my die plan gegee wat ek een keer met sukses probeer het. As iemand jou cold call, dan vra hulle gewoonlik of hulle met jou praat. In my geval vra hulle om met Christiaan te praat. Niemand noem my op my doopnaam nie, so dan weet ek onmiddelik dis bemarking. Dan vra hulle hoe gaan dit met jou. Sê dan; “Dit gaan goed dankie, maar sê eers vir my - wat het jy aan vandag?”.  In Engels natuurlik; “Tell me what you are wearing.” Toe ek die vriendelike dame wat gebel het die vraag vra raak dit stil aan die ander kant van die lyn. En toe dit sy die foon neer. 
 

Ek dink ek het al voorheen die artikel gedeel van die pret wat ek met ‘n swendelaar (ek glo dis Afrikaans vir scammer) gehad het wat op Gumtree adverteer het. As jy dit nog nie gelees het nie, doen dit nou. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 27/11/2024 - 09:01

aan die swendelaar: As ek nog altyd vermoed het dat ek my in goeie geselskap bevind op die forum, weet ek dit nou sonder twyfel. Op soek na nuwe besigheidsgeleenthede? - kontak net vir Wildehont. Met so 'n verbeelding, wat kan dan nou verkeerd gaan?laughlaughlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/11/2024 - 09:12

....oppas ou Chris S soek 'n motorhome met lekker groot ys/vrieskas. Stuur/plaas 'n paar fotos van julle bussielaugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 29/11/2024 - 16:42

So pas gesien ene Jeff Bezos (dink hy is onder die rykste mense op die planeet) het spesiaal net vir die uwe uitgesoek om 'n klein hupstootjie in die lewe te ontvang, nie te veel nie anders raak mens bederf, iets soos 10.8m VSA Dollar. Moet glo net my persoonlike besonderhede oa bank details vir die ou stuur. Dink julle dit sal voorbarig van my wees om te vra dat hy die bedrag eerder afrond na 11m toe? Dit maak die somme darem baie makliker!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/12/2024 - 22:08

Mense wat ons ken se bank besonderhede is gehack en klomp geld verloor. Rede blykbaar te wees die " No name brand" wireless kameras wat hy op wifi gekoppel het. Mens moet oppas wat mens op jou wifi koppel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus