Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -37 minutes ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -47 minutes ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -56 minutes ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago

Karavaan/Boswa kampering : verskeidenheid van voorkeure van hoe daar gekamp word

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis vir my altyd fassinerend om te lees/hoor hoe verskillende mense se kampering en sleep-reis voorkeure verskil.  Geert se reis (eintlik toer) proram elders op die forum het my aan die dink gesit.  Ek kritiseer geensins nie, maar vergelyk graag hoe ander kampeerders se kampvoorkeure met myne verskil.

Om hieroor 'n bietjie na te dink moet die volgende natuurlik as vertrekpunt inag geneem word:-

  • Die ouderdom van die kampeerder(s)
  • Enkel of getroud/in verhouding
  • Kinders wat saamkamp en hulle ouderdomme

Hier is my voorkeure :

  • Ons is net twee bejaarde getroudes sonder kinders wat saamkamp
  • Ons karavaankamp graag in ons teerpadkaravaan wat altyd slaapgereed is, ook tydens lang ritte
  • Ons reis nie verder as 500km per dag nie
  • Ons verkies om nie te toer nie, ons het net een vakansie-eindbestemming, maar oornag graag op lang ritte met die enigste doel om uit te rus voor die volgende dag se rit aangepak word.
  • Ons rits slegs 'n bietjie rond by ons eindbestemming
  • Ons verkies nasionale- en hoofpaaie wanneer ons die rit beplan, ten spyte van meer  voertuig verkeer.  Rede: teenspoed of gesonheidsprobleme 
  • Ons eindbestemming asook oornag kampeerplekke moet veilig wees en daar moet ook ander kampeerders wees  -  ons kamp nie graag alleen in 'n kampeerplek nie.  Ons geniet ander kampeerders se teenwoordigheid sonder om mekaar se drumpels deur te trap, veral kinders se joligheid, maar tog binne perke.
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/12/2024 - 06:44

In die era van afgetree, met al die kinders uit die huis, is ons kamp kenmerke as volg;

1]kampeer deesdae met 'n boswaentjie, Kavango bloot omdat dit op 'n stadium my idee van kamp sou gepas het. 

2] ons poog ook om minder as 500km per dag te sleep, verkieslik in daglig ure

3] byvoorbeeld na Kruger, sal ons nie oorslaap nie, behalwe as bestemming binne Kruger, tydgewys vanaf Brits, nie haalbaar is nie. Ten minste 1 Kruger besoek per jaar is lekker.

4] hou van toer, veral om sommer paar vliege met een klap te dood. Byvoorbeeld, verlede jaar se toer deur etlike Sanparke, tewete Mokala, Karoo, Camdebo en Bergkwagga. Bloot omdat dit koste besparend is, wat diesel aanbetref.

5] ons verkies ook normale teerpaaie, want risiko vir papwiele en meganiese probleme is kleiner. Boswa het voordeel dat kort stukke grondpad met meer vertroue aangepak word. 

6] kort grondpad afstande word wel gesleep, soos na Mokala, of na kampeerplekke op plase waar ander nie beskikbaar is nie. Die liefde/lus om honderde kilometers grondpad/geen pad as hoof roete te gebruik, ontbreek by ons.

7] verkieslik wil ons ook nie stoksielalleen in 'n kamp wees nie, uit veiligheids oogpunt. Dit het al by Aldan gebeur, en dis effe ongemaklik. 

8] ons plaas 'n premie op sekuriteit, omheinings en hekbeheer is belangrik. Sluit maar duur goete soos yskaste met ketting vas aan woonwa.

9] Ons vermy periodes wanneer baie mense met veral klein kindertjies op 'n oord toesak. Byvoorbeeld, ons poog om altyd in lae seisoen, oorde te besoek. 

10] Ons het geen probleem om gedeelde ablusie blokke te gebruik nie. Tog bederf ons onsself met privaat ablusie, as dit beskikbaar is en bekostigbaar is.

11] Sal 'n geselsie met naas kampeerbure aanknoop, maar tog afstand handhaaf. 

12] Tot hede reis ons op ons eie, maar dink dit sal lekkerder en veiliger wees om saam met ander te reis. Veral as die toer afwyk van groot hoofroetes af. 

13] Indien ons toer, selfs deur Kruger, verkies ons om langer as 4 aande op 'n plek te vertoef. Dit raak baie werk om net op/af te breek. Ons moet nog die enkel vakansie bestemming oorweeg, byvoorbeeld om 20+dae op een plek te vertoef. Dit laas gedoen met kinders in die huis, en seevakansies  

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 08/12/2024 - 07:15

... met meeste van die dinge wat Wessel hierbo noem. My wa is 'n 1993 Caravette 6B wat beslis nie gebou en uitgelê is om gruispaaie te hanteer nie. Ek sal kort stukkies gruispad (maks. 2km) aandurf en vermy selfs slegte teerpaaie. Gevolglik bly ons grootliks N-roetes.

Ons het egter nie 'n probleem daarmee om met 'n tent te gaan kamp op plekke wat ons nie met die wa kan bereik nie.  Veiligheid en sekuriteit is 'n baie groot prioriteit. 

Ons dae van naweek-kampering is verby. Ons poog om minstens vir 10 aande op 'n slag weg te breek. Sou ons ver gaan toer, slaap ons egter maklik vir 'n enkele aand oor. Vir daardie doel is my wa so leeg as moontlik - bykans alles word agter in die Hilux gepak.

Ons hou daarvan om alleen vakansie te hou. Daarom is karavaanklubs of toer saam met ander nog nooit 'n opsie gewees nie. Ons "mingle" egter graag met ander kampeerders met sport soos jukskei en rolbal (waar dit wel aangebied word).

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 08/12/2024 - 10:52

Ons het nie.............................................voorkeure nie en maak planne soos ons voel met kamp. 

Probeer ook sovêr as moontlik om N paaie te gebruik op ons roetes en het nou onlangs in Namibië op paaie gery waar jy nie ander voertuie sien nie. Voel bietjie ongemaklik daarmee. 

Sal maklik saam met vriende vir 'n naweek kamp soos ons in Durban gedoen het. Dan is ons deesdae ook meer gemaklik om in die Kruger vir langer te kamp in een kamp as te veel rondbeweeg. 

Op 'n lang toer sal ons ook weer maklik gaan want dit is lekker om plekke te sien wat ons nie ken nie. Montegu, Keurboomstrand en Ebb and Flow so "ontdek" en sal ook ander nuwe plekke wil probeer. Dit gesê is dankbaar dat ons gesondheid dit nog toelaat. 

Het bederf geraak, veral Elmarie met die geriewe van ons pad karavaan en is dankbaar dat my gejik so tydjie terug gekrap is toe ek na ander karavane veral die vir grondpad begin kyk het. 

Enigste verandering wat ons nou sal doen is 'n  motorhome maar gelukkig is hulle te duur. 

Sal in die nuwe jaar weer begin toer want al die takies by die huis is gedoen en weet die verveeldheid gaan my aanspreek. Die Weskus wagwink

Hou daarvan on deur karavaanparke te stap en ander se "erwe" te sien en hier en daar geselsie aanknoop.  Kuier egter nie saam nie behalwe as ons miskien uigenooi word. 

Gereeld saam met ons kinders gekamp en mis dit nou want almal is nou wyd verspreid. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 08/12/2024 - 12:20

... met Jan se opmerking t.o.v. langer in een kamp in Kruger te kamp. Daarom dat ons Mei 2025 vir 28 aande in een kamp (Krokodilbrug) bespreek is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 08/12/2024 - 14:37

Voor verlede jaar in 2022 het ons vir die eerste keer net in 3 kampe oor 'n maand in Kruger gekamp.  Voorheen was dit altyd 6 kampe oor 'n maand, min of meer 5 dae per kamp.  Hierdie jaar het ons dit selfs afgeskaal na net 2 kampe oor 'n drie weke periode, 14 dae elk.  Ons het die stadiger pas per kamp só geniet dat dit voortaan ons norm sal wees, maksimum van 3 kampe per besoek.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/12/2024 - 17:33

Ons is ook besig om die metode van Kruger kamp so effe te verander. 

Ek is nog nie daar waar ons 20+ dae in 1 kamp gaan staan nie. ek is bekommerd dat mens dit sleg tref met gebrek aan wild in daardie gebied. Daarom sprei ons, ons kampe om darem die risiko te verminder. 

Volgende jaar gaan ons ook net na 3 kampe, B&D, dan Satara en laaste Tsendze.

Soos ek hierbo met vorige inset genoem het, ons gaan vanaf Tsendze sleep tot in P.Borwa en daar in Safaripark oorslaap. Volgende dag huistoe. Lekker rustig bult op, sonder dat iets my jaag deur berge en op N1. 

Van Tsendze kan ons dan sommer ook die langpad oor Letaba sleep vir wildkyk ook. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 20/12/2024 - 06:54

Ons was paar jaar terug oor n lang naweek by n Dinokeng oord. Die kamp was propvol oor lang naweek. Ons het besluit om nog een dag te bly. Eerstens was dit n anti klimaks gewees om skielik van so n gesellige "aan die gang" oord tot stoksiel alleen daar te staan, want ons was enigste wat oorgebly het. Tweedens het ons ook skielik nie meer so veilig gevoel nie....kamp is stil en pik donker gewees omdat daar niemand was nie. Weet nie of ek weer alleen in n hele oord sal wil staan nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/12/2024 - 08:34

kamp is stil en pik donker gewees omdat daar niemand was nie

Ek kan verstaan dat dit ‘n antiklimaks moes wees na ‘n besige oord tydens die langnaweek. Maar ai, ons geniet dit al hoe meer hoe minder ander mense daar is. Dis seker ‘n kombinasie van faktore, maar wanneer ons met vakansie is wil ek so min as moontlik met ander mense (afgesien van my gesin) te doen hê. 
 

Die een oorsaak is waarskynlik die tyd wat ek in toerisme gewerk het. Daar is ‘n gesegde; The customer isn’t always right, but the customer is always the customer. Op toere veral, en by bosherberge (lodges) is die klient amper permanent in jou teenwoordigheid terwyl jy wakker is. Dit is ‘n baie mens intensiewe bedryf en jy moet baie praat en vrae beantwoord. 
 

Die ander oorsaak is dat ek geseënd was om in afgeleë gebiede te woon en te werk. Veral in Botswana was dit of die plek aan jou behoort, en op dertig staptoere het ek vir drie dae op ‘n slag afgesien van nie meer as ses gaste en vier personeel niks ander mense gesien nie. Daar was oorgenoeg wild en geen heinings nie. Dit was hemels. 
 

Toe ek en Salomien die eerste keer Kgalagadi toe was is ons eers Twee Rivieren, Mata-Mata en Nossob toe. Daarna is ons Mabuasehube toe. Die staanplekke is so ver uit mekaar dat jy kwalik ander kampeerders (as daar is) se ligte kan sien saans. Dit was amper presies 17 jaar gelede - ons is Oukersdag terug Pretoria toe. Die laaste twee aande was ons stoksielalleen daar. Ons het dit verskriklik geniet. 
 

Ek dink dis tyd om weer Polentswa en Rooiputs toe te gaan…

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/12/2024 - 09:13

Chris S, nou waarom nie weer 'n slag Mabua toe nie. Bevredig daai lus, jy het mos die regte toerusting, trokkie, boswa en sonplaas.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/12/2024 - 09:17

is sekerlik heerlik, maar in oorde/kampe waar mens weet jy is veilig. 

Ek sal maklik in Kalaghadi en Mabua omgewing alleen gaan staan. Dalk in Balule en Tsendze ook.

Of ek alleen in Onrus, Jongensfontein wil staan, ek twyfel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/12/2024 - 09:41

nou waarom nie weer 'n slag Mabua toe nie.

Van waar ons woon is dit vrek ver. Ek sal dit verkieslik ook nie weer alleen (met net een voertuig) wil doen nie. Ongelukkig is sulke uitstappies ook ‘n risiko met my goeie oog se retina wat moontlik kan loslaat. Ek sal ‘n satellietfoon en emergency airlift in plek moet hê voordat ek dit weer kan waag. Dit is selfs waar vir Polentswa. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/12/2024 - 09:59

... laat my onwillekeurig aan wat 'n vriend my vertel het. Hy's 'n afgetrede sakeman hier van Kleinmond. Hier is/was (ek weet nie of dit steeds so is nie) 'n klompie sakemanne wat jaarliks in 'n groep Mabuasehube toe gegaan het (so drie Land Cruisers met daktente). Die spesifieke vriend het een jaar saamgegaan, maar het in sy gewone boogtent geslaap.

Toe hulle die laaste oggend opslaan en hy sy tent moes opvou, kry hy 'n skrikwekkende ervaring. Met die opvou staan hy toe minder as 'n meter van 'n groot pofadde af wat aan die kant van die tent se vaste grondseil ingekruip (seker geseil) het. Hy weet te vertel dat hy nog nooit só hoog in die lug gespring het en 'n verdere twee meter van die slang af geland het.

Toe hy dit vir Ralie vertel, het sy dadelik gesê dat ek maar daarvan kan vergeet om haar by sulke wilde plekke in 'n tent op die grond te laat slaap.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/12/2024 - 10:16

....genaamd Marie.laugh

Dir is die hoof rede waarom ons stort/toilet SELDE uitgestoot word, as ons kamp. 

Tussen die yskas kompartement en die woonwa se binnekant, is 'n opening waar pype en elektriese drade deurkom. Dit moes ook afgedig word met 'n boere plan.

Ons het per geleentheid in Tsendze gestaan. Ons het in koelte van die boom op nr 26 gesit, toe sien ons hoe lekker kruip die meerkat verwante karnallies daar in. Kan nie nou op die naam kom nie. 

Nou verstaan julle waarom die Gecko so aanloklik is.laugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/12/2024 - 10:40

Die vorige keer wat ons daar kampeer het vier jaar gelede, het bure ‘n pofadder agter hulle yskas (wat op die grond gestaan het soos Oom Len se gasmodel) gekry. Moet ook nie Montagu toe gaan as Mnr Boucher  se onlangse ervaring in ag geneem word nie. Hier in Worcester kom hulle selfs in mense se tuine in. Tuisbly is dus ook nie ‘n opsie nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/12/2024 - 11:43

Ek het eenkeer gelees (en foto's gesien) op iemand se blog van 'n geval toe hulle in Nossob gekamp het. Hulle was 'n groepie bymekaar en het die betrokke aand om 'n kampvuur gesit. Die een vrou voel toe dat iets teen haar enkel skuur. Sy pluk toe vinnig haar voete weg. Dit was 'n moerske pofadder wat wraggies na die vuur toe tussen hulle in geseil het. Die foto wat ek gesien het was van die man wat die pofadder met 'n braaitang gevang het. - amper soos ek met my miniatuur pofaddertjie in Montagu.

Ek het weer die geval gehad (waarvan ek voorheen vertel het) van die jong Kaapse kobra wat onder ons kampvrieskas (wat destyds op bakstene gestaan het) in die Karoo Nas Park gaan skuil het. Deesdae gebruik ek 'n lekker opvoubare vrieskas-staander wat baie hoër van die grond af staan.

Die slangvanger (Gerrie Heyns) wat my van die pofaddertjie agter in die Hilux se bak verlos het, het nadat hy foto's van die klein kalant geneem het, sommer die slangetjie met sy "slangpik-bestande" handskoen aan sy hand opgetel en so min of meer in die middellyf vasgehou. Toe't ek gesien hoe probeer die mannetjie, of liewer vroutjie soos hy haar geïdentifiseer het, hom pik - 'n hele paar maal totdat hy die slang in 'n houer geplaas het. Hy vertel dat só 'n paar handskoene kos R10 000.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus