Herman Goossens, aangesien jy in Gonubie woonagtig is, sal ek jou indrukke van die volgende kampeer-oorde waardeer;
Yellow Sands.
Club Areena
Morgan baai
PSA of VSA naby Bonza baai
Gonubie
Ek het vir baie jare tot en met 2010, Desembers VSA toe gegaan, en dit aanvaarbaar gevind.
Blykbaar is dit nou teerpad tot by Morgan baai. Dink jy mens kan waag om buite seisoen in Morgan baai te kampeer??
Johann....
....ek wens ek kon so vêr roei, my een dogter en gesin is daar in Miami.😁
VSA = Vereniging vir StaatsAmptenare.
Ek was nooit formeel lid nie, maar die oord se tariewe is steeds uiters billik.
Wessel, Yellowsands is…
Wessel,
Yellowsands is wonderlik..ek hou baie daarvan. Baie kampeer staanplekke maar kan geweldig besig raak in piek seisoen
Areena het goeie staanplekke maar die permanente kampers het 70% van die staanplekke beset. Goeie, rustige kampterrein langs die rivier. Kyk vir nr 62/63
Morgansbaai het ook baie goeie staanplekke. Ablusies is onlangs opgegradeer. Teerpad al die pad en sal dit kan aanbeveel wanneer ookal.
PSA - BLY WEG
Gonubie het ek nog nie gekamp nie. Bietjie naby aan huis😀. Dit lyk egter lekker maar ek het nie persoonlike ondervinding of kennisse wat daar gekamp het nie
Morganbaai en Yellow sands
Dankie Herman, ons is in die fase waar ons buite seisoen rond kerjakker.
Genoemde twee oorde sal ek dan ernstig oorweeg in julle omgewing.





VSA
Wessel, nie geweet jy gaan met 'n karavaan na die VSA (Vereenigde State van Amerika) nie, sjoe, hoe gemaak op die see🤣
Jammer, moes net spot👍