Goeiedag
Soek alweer raad! Dis tyd vir nuwe bande vir my Amarok.
Die huidige Pirelli's is duur en nie geredelik beskikbaar nie.
So wat is die beste bande vir 80% pad en 20% grondpad/off road asook vir swaar karavaan sleep?.
Ek oorweeg tans General Grabber of Goodyear Wrangler.
Groete
Michelin LTX Force, duur,…
Michelin LTX Force, duur, maar uitstekend. General Grabbers ook goeie waarde vir geld
Kampvriend
Ek het gou na my buurman se 2 Amaroks gaan kyk. Die enkelkajuit wat hard werk rondom Brits na boere toe, het General Grabber AT3 op, grootte 265/70/R17 Dit lyk sommer na 'n band wat grondpaaie kan hanteer.
Sy dubbelkajuit het Continental Cross contact op, 255/60R18. Dit lyk of dit meer geskik is vir teerpad as growwe grondpad.
Dink nie jy gaan 'n…
Dink nie jy gaan 'n bruikbare antwoord hier kry nie. Meeste mense is maar geneig om die wat hulle self het op 'n spesifieke tydstip het "aan te beveel", en dis gewoonlik op emosies gebaseer en nie feite nie. Tans het my Ranger GY Wrangler op, vir wat dit werd is. Vorige voertuie het Bridgestone, Michelin, Kumho en Hankook op gehad. Ek was met almal gelukkig behalwe die Kumho's..."gelukkig" in die sin dat die bande gedoen het wat hulle moes maw goeie afstand ens. en wat ek as waarde vir geld beskou. Maar ek sal nie sover gaan om 'n spesifieke handelsmerk aan te beveel nie. Stel voor jy soek op die 'net vir sg, "comparitive tyre tests" of iets van die aard wat beter data sal verskaf en wat meer op tegniese feite gefundeer is. Dalk eerder die 4x4 community forum probeer, hulle het bruikbare band gesprekke/inligting.
AT bande
Dis al wat ek op my voertuie sit, al ry ek meeste van die tyd teerpad. Ek het altyd Firestone ATX opgesit, maar hulle het dit ongelukkig opgehou maak. Bridgestone Dueller AT is die naaste wat hulle nou maak. Daar is ‘n Dueller padband ook. Ek sal dit nie koop nie.
Die Ranger het ek gekoop met BF Goodrich AT KO2 bande. Puik vir van die teer af, maar volgens hulle 2/5 op nat paaie. Ek twyfel of ek weer van hulle sal koop. Hulle is seker vrek duur.

Alhoewel ek nou ...
... Dunlops op die Hilux het (omdat ek dit verniet gekry het) sweer ek by Bridgestone AT Duelers. Uitstekende diens nog al die tyd gekry. Ek was maar "reluctant" om my Bridgestones (wat reeds 35 000 km gedoem het) op te gee vir die nuwe Dunlops. Nou 20 000 km daarmee gedoen.
Stem met Grootwind. Ek hou…
Stem met Grootwind.
Ek hou by die bande waarmee die voertuig van die fabriek kom, tensy dit gladnie geskik is nie. Dit is ń beter oordeel as wat buurman aanbeveel.
As jy ń voertuig het wat met duur bande toegrus kom, dalk net bloot omrede jy eendag wil kyk of dit wel 200km/ h kan haal, gaan dit dalk nie goed verloop met ń bekostigbare stel wat nie geskik is nie. Skuus as dit grof klink, maar die specs is baie belangrik om na te gaan.
Prys verskil
Ek het gou gekyk hoeveel meer BF se KO2 wat ek tans het meer kos as Bridgestone Dueller vir my grootte band op die Ranger. Teen huidige dieselprys gaan ek nie eers R3000 verder ry met die besparing op die Dueller nie.
Aangesien ons bv Oktober beplan om Namaqua NP te besoek en hopelik nog sulke avonture gaan aanpak vorentoe, sal ek dalk eerder hou by die KO2 wanneer ek vervang, want hulle sywalle is versterk. As jy een band verloor vanwee ‘n sywal wat seerkry kos dit jou vier nuwes.
Wessel ...
... eerstens bekruip ek mos die pad. Ek sleep stadig (90 kpu) en ry bloots ook slegs 100 kpu. Ek ruil, balanseer en laat doen wielsporing elke 15 000 km. Ek kry met groot gemak 90 k plus op 'n stel bande.
Ek doen deesdae wat die sogenaamde slim mense sê wat ek nie moet doen nie. Ek bring my spaarwiel ook in rotasie - as volg:
Spaar op links agter, lg op regs voor, lg op regs agter, lg op links voor, lg na spaar. Sodoende vervang ek 5 bande op 'n keer en verkoop nie (soos menige keer) 'n voertuig met 'n ongebruikte spaar nie.
90 k is ongelooflik Chris…
90 k is ongelooflik Chris. 40k is die gemiddeld waneer ek ruil, Die loopvlak is nog heelwat meer as 1mm, maar dan is my vertroue nie meer daar nie. Met ń gemiddeld van 10k per jaar, voel dit nie darem nie rof rlke 4 jaar nie, en ek hou van ń stel nuwe bande. So die " nuwe" spaar word gekies uit een van die 4 jaar oue bande, en gelukkig het dit my nog nie in die g@t gebyt nie.
Die rotasie .Klink my jy doen dit net mooi anders as wat aanbeveel word vir moderne bande? My bande plek ruil so om , links bly links, voor word agter etc. Kry ek pap wiel, word band herstel en gaan terug op sy plek waar dit afgekom het.
Chris B
Sjoe, 90 000km op stel bande is goed. Ek sal moet kyk of ek dit gaan kry.
Ek stem met Herman saam, ek roteer ook bande sodat rotasie rigting dieselfde bly. Nie oorkruis nie.
Ek het lank gelede met Isuzu ook 90 000km gehaal met Good Year Wranglers.
Ek is nou op 1ste stel bande [ Bridgestones] wat slegs op Grompie in gebruik is. Vorige stel wat op vorige Hilux was, en oorgedra was na Grompie, het nie lank gehou nie. Dit maak my bekommerd, en daarom het ek gevra.
Dalk moet ek rustiger wegtrek, maar ek ry ook eintlik rustig. My bande is ALTYD al 4 gepomp tot 250kPa, wat pomp jy joune?? Wat seg die tegnies sterk ouens, wanneer hou 'n band die beste, pap, voorgeskryf, of effe stywer gepomp??? Teen 250kPa loop die bande mooi eweredig oor breedte af, nie meer in die middel as op skouers nie.
Continental Cross Contact…
Continental Cross Contact.............................waarmee die Ranger uitkom gee my altyd meer as 90000km.
Het 2 x Rangers by die werk gehad en nou my eie huidige een. Het my bande vervang op 95000km net voordat ons op ons lang toer gegaan het omdat ek toe nog van my salaris kon gebruik en nie pensioen geld later nie.
Ons het 'n vloot Rangers gehad en die wat vrag gedra het nooit minder as 60000km nie.
Stem saam met Herman en sal by die bande bly wat die vervaardiger opsit. Sovêr werk dit vir my.
Moet noem dat ek nog nooit in my lewe bande roteer het nie. Kom van my vakleerling dae af waar ek nooit genoeg geld gehad het vir 4x bande nie as ek sou roteer.
Pryse van bande
....wissel vreeslik. Ek het gou pryse gesoek vir my band grootte--265/65R17
Bridgestone R2900
General Grabber R3139
Good Year R3200
Pirelli R3700
Continental R3820
Mitchelin R5818
BF Goodridge R5939
Cooper R6759
Ek sal maar bly by Bridgestone, General, Good Year
Wessel…
Wessel.........................................................die voorwielbande was meer afgeloop as die agterbande en sou normaalweg net hulle vervang het.
Het egter al vier vervang en hoop hulle hou ook so 90000km want dan is dit weer eers oor 5jaar.
Net om te bevestig ek is nie soos die oulike gesegde wat 'n regter in onlangse saak oor een getuie gesê het nie.
"die getuie is baie ekonomies met die waarheid"
Dink julle vergelyk appels…
Dink julle vergelyk appels en pere! Bande is uiters kompleks en tegnies, een ou se "ervaring" is amper onmoontlik om met die van 'n ander te vergelyk. Daar is net te veel veranderlikes soos bestuurstyl (bv een ou trek relatief vinnig weg en rem ook meer as 'n ander). Net die twee veranderlikes behoort reeds 'n groot verskil in band lewe te veroorsaak. aan die ander kant iemand wat weer bestuur asof hy op eiers ry behoort geen probleem te hê om naby 100 000km band lewe te haal nie. Boonop is die band samestelling ook 'n groot rolspeler, oor die algemeen sal 'n band wat 'n lang lewe het ook 'n harder samestelling hê, prys wat mens daarvoor betaal is gewoonlik swakker padhou vermoeë, veral as dit reën. Kyk maar gerus na die reuse verskille (in F1 terme!) wat 'n band keuse maak in F1 wedrenne, harde "compound" hou baie langer as sagte "compound" - lg gee tipies beter prestasie maar korter leeftyd. So kan mens sekerlik 'n hele verhandeling skryf oor band prestasie! Wat band rotasie aanbetref is dit welbekend dat agterwiel aangedrewe voertuie min of meer naby aan dieselfde wys op voor en agterbande...rede is eenvoudig, agterwiele dryf die voertuig aan terwyl voorbande die stuurwerk doen (dus beide word aan redelike slytasie blootgestel). Voorwiel aangedrewe voertuie wys weer redelik slytasie meestal op die voorbande omdat die beide aandryf en stuurwerk moet doen terwyl die agter bande eintlik maar net saamloop as 'n passassier (met slegs bietjie slyytasie agv remming. Die stelling dat dit beter is om deurlopend dieselfde bande as waarmee 'n voertuig uitgekom het te gebruik omdat dit kwansuis die beste soos deur die voertuig ontwerpers gespesifiseer is, is nie korrek nie. Voertuigvervaardigers pas die bande wat die beste (goedkoopste) verskaffer (soos per tender) is. Die volgende toetse werp dalk bietjie meer lig op die onderwerp:
Grootwind...
....ek het so vinnig na veral die 1ste artikel gaan kyk/lees. Daar is maar 'n klein foutgrens [marge] tussen die top 5 bande bespreek.
Ek vermoed dat weinig forum maters sulke bande fundis [connoseurs] is ,dat ons op daai fyn detail agslaan. Veral ons vaal konserwatiewe pensioenarisse, wat met intreevlak trokkies net woonwa sleep, kyk seker maar hoofsaaklik na prys en lewensduur[kilometers] ![]()
Daar mag puriste onder ons wees wat hogere ander kwaliteite verlang, maar hulle is in die minderheid, raai ek.
In my storm en drang jare, waar ek in 13 ure reistyd van Brits na Bellville gerits het, was Continentals my band keuse op my Jettas.





Kampvriend
Darem lekker om eie Krismis boks uit te soek.
Swaar karavaan sleep behoort na my mening nie 'n faktor te wees nie. die swaar wa druk maar effens, minder as 150kg maks op die bakkie.
Die bande wat jy noem is sekerlik geskik. Ek het Bridgestone "all terrain" bande op my Hilux, jy kan gaan loer daarna en oorweeg.
Jy moet na die verskeie bande gaan kyk, en oorweeg hoeveel sywal [skouer] beskerming jy wil hê.
Ek is onder die indruk dat BF Goodridge goeie rowwe grondpad bande is, maar 'n bogger op nat teerpad.
Geniet die uitsoek