Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -8 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -10 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -15 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -16 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -17 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -18 hours ago

Watter bande?

Pretoria
Submitted by Kamp_vriend on
Forums

Goeiedag

Soek alweer raad! Dis tyd vir nuwe bande vir my Amarok.

Die huidige Pirelli's is duur en nie geredelik beskikbaar nie.

So wat is die beste bande vir 80% pad en 20% grondpad/off road asook vir swaar karavaan sleep?.

Ek oorweeg tans General Grabber of Goodyear Wrangler.

Groete 

 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 17/12/2024 - 14:34

Skuus, ek is nog dom met die skakels plaas, maar het gevra hoe bepaal voertuig vervaardigers hulle band keuse.  Hierdie stukkie handel net oor waneer jy bande vervang.

Bande

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 17/12/2024 - 15:38

Ekke verskil van die stelling dat "oorspronklike" bande die voorkeur behoort te wees. Die realiteit is dat byna alles wat in 'n spesifieke voertuig gepas word die resultaat is van die goedkoopste tender (uiteraard is daar darem ook vereistes wat gestel word tydens die versoek vir tender, soos bv dat wat bande aanbetref die keuse ook beinvloed word deur die tipiese gebruiks profiel, bv die meeste (almal?) SUVs se bande is basies "middle of the road", redelik vir snelweg gebruik en redelik vir "offroading". Kom ek gee een of twee voorbeelde....my eerste 3.2 Ranger klompie jare terug se fabrieks oorspronklike bande was GY Wrangler (om spesifiek te wees All-Weather oftewel AW). Die voorste bande het redelik vinnig stukke rubber uit die loopvlak verloor (geen 4x4 ry gewees nie) - plaaslike TWT ou het gereken dis omdat ek nie gereeld genoeg bande laat roteer nie, so gesê, laat die spul toe roteer, en Volia, daar begin die bande wat van agter na voor geskuif was presies dieselfde doe. Skaars 20 000km op gehad toe koop ek weer 'n stel (dis mos wat die OEM voorskryf), skaars 10 000 km later toe begin die storie homself herhaal, verdere 10 000 km word die trokkie toe gesteel. Nuwe trokkie kom toe met dieselfde Wranglers en raai wat....die storie herhaal homself. Uiteinde van die storie...daar is iets in die voorste suspensie geometrie van die Ranger wat nie met die spesifieke bande akkordeer nie. Op 20 000km agtergekom dat GY die spesifieke band model van die mark onttrek. Hulle is vervang met Wrangler ATs, Trokkie staan nou op 45 000km (so die nuwe ATs het nou sowat 20 000km gedoen en geen teken van die vorige probleme met die AWs nie. Ander voorbeeld (en daar is heelwat van die). Ma se Suzuki SX4 is nuut gekoop met Bridgestone bande op, swak padhou vermoeë en nog swakker lewensduur, en boonop 'n bandgrootte wat nie algemeen in die land te kry is nie. Vervang met Hankook bande met 'n effe anderse bandgrootte en myle beter as die Bridgestones, en onlangs met Firestones, ook heel gelukkig. Punt is , doen jou huiswerk behoorlik...dink dis wat Neef se artikel ook sê Wil net byvoeg, Wessel se stelling rondom Continental's en sy Jetta klompie jare terug.... Het self twee BMWs gehad wat met Conti's toegerus was (laat 1980"s en vroeë 1990's), daai tyd se Conti's was direk ingevoer uit Duitsland en was in 'n klas van hul eie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 17/12/2024 - 15:54

Eerstens - die stelling dat bande altyd in dieselfde rigting moet draai is beslis van toepassing op "directional" bande. Dit word aangedui met 'n pyl op sodanige band.

As jou voertuig nie toegerus is met "directional" bande nie, kan jy roteer soos jy goeddink. Ek het vir jare my agterbande oorkruis vorentoe roteer en die voorbande direk agtertoe. En ou "slimmie" het nog nooit 'n probleem ervaar nie, want my "common" bakkie-bande is nie "directional" bande nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/12/2024 - 16:09

....die goed wil net vorentoe of agtertoe draai. Ek kry nie dat Grompie so effe windgat sy stert sydelings uitgooi nie.devillaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/12/2024 - 16:11

nou hoekom so stil????

Jy begin die gesprek, die manne stry dat bloed loop en jy is doodstil!!! Het jy al gaan bande koop, en wat het jy opgesit.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 17/12/2024 - 16:15

Verstaan jou frustrasie Wessel, dis maar 'n Toyota ding, die goed het maar net nie die perde onder die enjin kap om so bietjie gat te kan swaai nie! Maar solank die bande draai, enige kant toe, is die Kaap sekerlik nog Hollands!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/12/2024 - 16:17

Grootwind, ek aanvaar dus dat Ford niks verander het aan die suspensie nie.

Fout moes by die spesifieke GY band gewees het, vervaardiging gestaak. Ander tipe GY blykbaar sonder daardie probleem.

Ek wonder of ander trokkies dieselfde probleem met daardie bande gehad het, net nooit daarvan gehoor nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 17/12/2024 - 16:49

Ook van LR Defender 3 en 4 met die probleem gehoor, almal beperk tot die vooras. Ongeag wat die bande mense my probeer wysmaak het dat ek meer gereeld moet roteer is die enigste logiese verduideliking dat dit iets met die suspensie geometrie te doene het (dis 'n ontwerps eienskap spesifiek tot 'n voertuig - jy sal seker ook nog die sports onthou wat die Territory suspensie gehad het!). Ek het ook erens gelees dat party Rangers wat met sekere Continentals uitgekom het ook so 'n probleem gehad het...bevstiging dink ek dat dit geometrie verwant is. Maar hoe dit ook al sy ek is doodgelukkig met die huidige Wrangler ATs, hanteer goed, en is redelik stil en skrik nie vir nat paaie nie. Ek is net jammer dat ek nie meer by die militere voertuig mense werk nie, ons het die nodige rekenaar stelsels gehad waarmee ons enige suspensie kon opmeet en dan simulasies hardloop wat die ware dinamika van die spesifieke suspensie kon wys....As Trokkie se huige Wranglers wel later ook probleme gee sal ek seker maar weer na Hankook toe beweeg, hulle het baie goed gedoen op die Territory destyds asook die SX4 en kleinsus se Figo. In alle geval is Trokkie en alle ander voertuie op my werf reg met bande vir die volgende paar jaar

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 17/12/2024 - 20:40

Chris is reg. Bakkie bande se loopvlak is nie directional specific nie. Ek weet net van Trekker bande, en my laaste Porche 959 se bande. Pirelli P zero is rigting spesifiek.

Maar klomp jare gelede  op die stadium wat kruislaagbande wegval, word vertel dat ń straallaagband nie goed doen as jy dit roteer om in die teenoorgestelde rigting te draai nie. En dít is hoekom ons vandag sit met die : Two schools of thought"

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 18/12/2024 - 08:14

Ek het reeds genoem dat ek baie gelukkig met Bridgestone AT bande op my voertuig is sedert ek my eerste Hilux bekom het. Danksy uitstekende diens deur genoemde bande, het ek maar grotendeels daarby gebly. Op 'n stadium het ek graag my bande laat roteer by Tiger Wheel & Tyre (TWT) - Somerset-Wes - omdat ek gereken het (hoe waar of onwaar ookal) dat hulle presisie-balansering onverbeterlik is.

Toe ek eenkeer weer die bande (wat al hoë kilometers gedoen het) wil laat roteer, is ek daarop gewys dat een van die bande eerder vervang moet word. Maar omdat TWT nie Bridgestone hanteer het nie, besluit ek toe om maar 'n ander handelsnaam op te sit. Hulle het egter net 2 of 3 van die spesifieke grootte Continentals gehad. TWT skakel toe die HiQ tak in Somerset-Wes om te verneem of hulle van hulp kan wees. Laasgenoemde kon help met Good Year Wranglers - wat ek toe laat opsit.

Dit was die swakste diens wat ek ooit uit 'n stel bande gekry het. Ek moes dit op 45 000 km laat vervang. En daarvandaan is ek terug na Bridgestone. Soos reeds genoem, ek haal lag-lag 90 000 km plus uit Bridgestone. Ek het nou Dunlops op want ek het dit kosteloos by my seun gekry toe sy jongste Hilux daarmee uitgekom en hy dit dadelik met Michelins vervang het. Hy ry net met laasgenoemde op sy voertuie. Hy het eenkeer BF Goodrich opgesit, maar nie naastenby dieselfde diens daaruit gekry nie.

Maar nou ja - so het ons elkeen sy eie voorkeure.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/12/2024 - 08:40

Ek lees nou Chris se ervaring, en ook Grootwind se ongemaklike ervaring met GY Wranglers, en wonder of dit toeval is of nie. 

Is dit moontlik dat sommige bande se vervaardiging resep net swak is, of kom daar produksie foute voor, wat daartoe lei dat 'n aantal besendings deurglip wat net vrot is??? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/12/2024 - 08:41

Dunlops op want ek het dit kosteloos by my seun gekry toe sy jongste Hilux daarmee uitgekom

Daar sneuwel die teorie dat mens by die bande moet bly waarmee ‘n voertuig van die vloer af kom. Ek het nog net een keer ‘n nat nuwe voertuig gekoop en dit was nie ‘n Hilux nie, maar ek kan nie dink alle Hilux bakkies kom uit met Dunlop bande nie. 
 

Ek dink dis ‘n kwessie van horses for courses. As jou SNV net kinders by die skool aflaai en mall toe ry of die enigste grondpad wat jou voertuig betree in die Krugerwildtuin is teen 40kph sou ek nie AT bande opsit nie. Die aggresiewe patroon raas meer en klou nie so goed op nat teer nie. 
 

Die teenoorgestelde is natuurlik waar van pad bande. Moenie daarmee in sand probeer ry nie. En as mens die boendoes ingaan, veral dik sand soos in Botswana sal iets soos BF AT KO2 wat versterkte sywalle het meer gemoedsrus gee en minder kans vir skade. 

0
Sandbaai

maurits

Wed, 18/12/2024 - 11:14

Ek wil net graag die volgende noem. Ek kan met redelike kennis van Toyota praat wat bande betref omdat ek by hulle betrokke was Toyota het kontrakte met verskillende bande verskaffers Tydens n sekere tydperk word n spesifieke band op die produsie lyn aan alle Dubbelkajuit bakkies gesit. Dit kan enige tydperk wees wat Toyota bepaal. Byvoorbeeld n week of langer. As die bakkie by die handelaar arriveer en die klient verkies ander bande het ons n ooreenkoms met ons plaaslike Supa Quik gehad dat hy die bande sou omruil na die klient se behoefte vir die betrokke klient se rekening. Toyota weet nie of die klient 4× 4 gaan ry en of hy net teerpad gaan hou nie. Hy volg dus n middeweg van om n gewone bakkie band op te sit.Ek dink julle sal begryp dit is n onbegonne taak om die produsie lyn te chop and chance na elke persoon se behoefte

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 18/12/2024 - 11:56

... hierbo noem is presies wat gebeur het toe my seun die keer BF Goodrich bande wou ophê. Hy moes die verskil inbetaal toe Hermanus Toyota hom tegemoet gekom het. Maar dit was ook sy laaste BF Goodrich bande waarmee hy ooit sou ry.

In die geval van sy huidige 4x4, wat met Dunlops uitgekom het, wou hy Michelins laat opsit. Hy besluit toe om die Dunlops op sy vorige 4x4 te sit. Maar toe vra hy my of ek nie eerder die splinternuwe Dunlops op my bakkie wil sit, wat toe reeds 35 000 km met die oorspronklike Bridgestones gedoen het. Dan sit hy my Bridgestones op sy vorige 4x4. Ek het aanvanklik sy aanbod van die hand gewys en oomblikke later besef dat ek seker eintlik "stupid" is om só 'n gegewe perd in die bek te kyk.

Pas nadat ek die Dunlops opgesit het, het dit aanvanklik gevoel of die Dunlops harder ry as die Bridgestones. Deesdae is ek seker maar gewoond aan die Dunlops en ry dit eintlik baie lekker.

Terloops - in aansluiting wat Wessel boontoe genoem het. Ek bly maar getrou aan wat die vervaardiger aanbeveel t.o.v. banddruk vir die Hilux - namens 2 Bar reg rondom sonder vrag. En slegs die agterbande 2.5 Bar met 'n vrag. Dit doen ek ook wanneer ek karavaan sleep.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/12/2024 - 12:10

....was ook op Grompie toe dit uit die fabriek aankom. Dit bevestig wel wat Maurits en Chris B genoem het, bakkie fabrikate sit dan beslis verskillende fabrikaat bande op, maar sekerlik onderhewewig aan hulle spesifikasies. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/12/2024 - 08:04

Daar's nogals 'n interessante artikel in die jongste uitgawe van Wegry/Sleep oor hierdie onderwerp. Die skrywer eindig met die wyse waarop hy dit doen. Sy manier van roteer is as volg:

Agterbande reguit vorentoe en voorbande oorkruis agtertoe. Ruil dan regter-agterband met spaar. M.a.w. hy gebruik al vyf bande in rotasie (ek ook soos bo reeds genoem).

Myne verskil 'n bietjie:

Spaar op links agter. Links agter na regs voor. Regs voor na regs agter. Regs agter na links voor. Links voor na spaar.

Hy doen syne elke 5 000 km en ek doen myne elke 15 000 km (wielsporing ingesluit).

Hy lê ook klem op korrekte banddruk. Ek gebruik die voertuig-vervaardiger se aanbeveling. In beide ons voertuie se geval is dit 2 Bar reg rondom, maar die Hilux se agterbande word 2.5 gepomp met vrag en wanneer ek karavaan sleep. Ek toets my voertuie se banddrukke elke 4de Saterdag - koud in die oggend. Ek gebruik my selfoon se kalender om my daaraan te herinner. Elke 12de Saterdag toets ek ook die spaarwiele se druk (2.5 Bar). Olievlakke en watervlakke word saam met die banddruk-toetse gedoen en ruitwasser-water word ook aangevul (met 'n klein bietjie spiritus in die water).

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/12/2024 - 08:28

Môre Chris B

Ek wou eers noem dat 2 bar effe laag is, maar dit is natuurlik relatief, en 'n funksie van die tipe band wat op jou trokkie is.

Myne het Bridgestones AT bande op. Dit spesifiseer op sywal ongeveer 1120kg drakrag teen 300kPa, dus;

250kPa is drakrag 933kg/band

200kPa is dit 747kg/band.

Streng teoreties gesproke is 200kPa heeltemal voldoende om bietjie druk van woonwa te hanteer. Tog glo ek ook daaraan om eerder bande, sommer al 4, te pomp tot 250kPa vir woonwa sleep.

Ons trokkies se BVM word aangegee as 2810kg. Dit beteken rofweg so 700kg/band, wat maklik verkry kan word teen 200kPa.

Ek het al vertel van die erge woonwa swaai wat ek een keer gehad het. Ek was toe baie dankbaar dat bakkie en woonwa se bande wel 250kPa gepomp was. Ek is oortuig dit het verhoed dat bande van velling klim.

Wat is resep vir spirits mengsel, en die rede daarvoor??? Ek gooi weer knerts Sunlight liquid in ruitwater.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/12/2024 - 08:46

... mammie glo in haar spiritus in water as sy ruite was. En sy't met die voorstel gekom om 'n bietjie in die voertuie se ruitwasser-water te gooi. Ek gooi net so 5 - 10 ml by as ek opvul met water. Doen dit enige bydrae? Ek weet nie.

Interessant genoeg het die oogkundige my aanbeveel om 'n mengsel van spiritus en water te gebruik om my bril skoon te maak. Ek meng dit so 25% spiritus by 75% water in my bril-spuitbotteltjie - werk soos 'n bom. In die verlede Windowlene op my bril gebruik en ek is toe afgeraai om dit te doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/12/2024 - 08:59

Ek het mos baie niksdoen tyd, toe loop ek gou om my kompleks bure se trokkies. Nogal interessant, ter aanvulling wat ek hierbo gespekuleer het, die 3 tipe bande se vragindeks is as volg, saam met my Bridgestone bande s'n;

Bridgestone           1120kg  teen maks, 300kPa druk

General Grabber   1120kg teen 350kg

Good Year Wrangler  1120kg teen 350kg

Continental Cross       1120kg teen 350kPa

Laasgenoemde 3 bande moet dus effe harder gepomp word om dieselfde drakrag te kry as myne.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 26/12/2024 - 16:45

Wessel, die maks dra vermoeë van 'n band (teen maks druk) is bloot 'n boonste data punt. Deur bv 'n band wat 933kg kan dra teen 250kPa se dra vermoeë teen 200kPa te bereken as (200/250)*933 = 747kg is verkeerd. Die fout wat jy maak kom in by die aanname dat die verwantskap tussen druk en dra vermoeë lineêr  is. Dit is geensins die geval nie. Ek dink ook jou lys van bande en hulle dra vermoeë is 'n oorvereenvudiging, bv die GY Wrangler kom in minstens x variante, elk met sy eie eienskappe en vermoeë (sien lys hieronder - ek het nie gekyk of hulle almal plaaslik beskikbaar is nie, die lys is bloot ter illustrasie van my punt):

GY Wrangler AT Adventure

GY Wrangler Workhorse AT-LT

GY Wrangler DuraTrac

GY Wrangler AT Adventure met Kevlar

GY TrialRunner AT

GY Territory HT

Ek het ook nie gekyk na die sakie waar dit ander bv Bridgestone aanbetref nie, maar ek dink jy verstaan wat ek probeer sê.. 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus