Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -52 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Verbeel ek my of het............... Oktober 2026 saam gesels Len Loader -1 hour ago
Herman Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Lekker Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -1 hour ago

Brad Harison [BH] en water

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Wat is julle ouens se ervaring met BH-proppe en water. Iemand het navraag gedoen op die FB-Kavango forum daaromtrent. Syne het nat geword, of in poeletjie water gelê, en nou skop sy stelsel se aardlek uit.

Ek het nog nooit nodig gehad om my sonpanele en ander goete wat BH proppe het, in die reën te gebruik nie. Ek wonder nou of dit raadsaam is om sulke BH-koppelinge ook droog te hou. 

Hoe maak julle ???

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/12/2024 - 16:03

of in poeletjie water gelê

Uiteraard sal dit ‘n kortsluiting veroorsaak. Ek weet darem nie of nat word per se dit sal veroorsaak nie. My Kavango het ‘n BH koppeling op die dak wat die sonpaneel (wat kan afhaal, maar daar in ‘n raam sit) koppel met die laaistelsel. Ons het al in stortreën gery sonder enige probleme. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 21/12/2024 - 17:45

Gebruik mens die Brad H koppelings vir hoë spanning ook? Bv 230volt. Die 12v gedeelte van ń wa loop mos nie deur die aardlek nie?? Elk geval is die 12 v spanning te laag by om in skoon water ń kortsluiting te maak. Of ek is verkeerd geleer.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/12/2024 - 19:38

...nou vra jy my vas. Ek twyfel of BH vir 220V ingespan word. Ek weet wel dit kom in verskillende graderings volgens stroom grootte.

Ek wonder of die feit dat 12V van sonpaneel en 220V bymekaar kom in beheerstelsel, wat dan kies watter toevoer gebruik moet word, tog nie kan veroorsaak dat aardlek uitskop as 12V kort gesluit is nie. Onthou, ek spekuleer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/12/2024 - 19:41

....volgens die ou se foto is dit juis daardie BH-prop wat op die dak in water gelê het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus