Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -2 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -7 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -8 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -9 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -10 hours ago

Len gaan weer Kruger Wildtuin toe in Junie 2027

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek gaan nie toelaat dat gras onder my voete groei nie al het ek nie meer 'n Exclusive om mee te kamp nie. Julle gaan dus nog met my opgeskeep sit, maar verdra my tog maar.

Gegewe my gesondheidstoestand en die feit dat ek nou 'n alleenloper is, het ek op aandrang van my kinders 'n elektroniese instrument wat ek aan my arm dra wat gekoppel is aan 'n 24/7 nood-sentrum om onmiddellik bystand te verleen as ek iets oorkom.  Die enigste vereiste is daar moet 'n selfoonsein beskikbaar wees. Ek kan net die noodknoppie druk (as ek kan) en dan praat die nood-sentrum direk met my.  Ek kan enige plek in SA wees dan sien die sentrum die GPS-koördinate presies waar ek is en stuur dadelik 'n ER24 ambulans na my. Terselfdertyd sien die operateur al my detail en mediese geskiedenis op sy/haar skerm en bring die inligting oor aan die ambulans personeel. As ek geval het of in 'n ongeluk was en nie kan praat nie, stuur my instrument 'n sein outomaties af na die nood-sentrum. Ek moet nog vasstel hoe die nood-sentrum tewerk sal gaan as toegang tot die plek waar ek is, beperk is, soos in die Kruger Wildtuin. Jammer vir hierdie lang relaas, maar julle sal later sien hoekom dit nodig is om dit te verduidelik.

Ek is bespreek om vir 10 dae vanaf 14 Junie 2027 by Skukuza in die Kruger Wildtuin te wees.  Ek het ook 'n vlug vanaf Kaapstad tot op Nelspruit bespreek waar ek 'n voertuig sal huur vir die volgende 10 dae en dan ingaan by Malelane-hek.

Ek sal in Skukuza wees een maand voor my 80ste verjaarsdag en het besef dat ek nie meer maklik die 2000km tot in die Wildtuin en weer 2000km terug per motor sal kan aflê nie. Vliegtuig vlieg is dus die aangewese reismetode om in die Wildtuin te kom.

In Skukuza is ek bespreek in een van die nuwe, opgeknapte rondawels. Kyk gerus in die ondergemelde skakel hoe dit binne-in lyk.  Ek sal my wat verbeel om in so 'n luukse affêre in die Wildtuin tuis te gaan.

https://www.youtube.com/…

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/10/2026 - 21:59

....BAIE goed vir jou!!! Jou ou rakker, hoekom nie!!!

Jy gaan dit nie dalk oorweeg om 'n toegeruste 4x4 met daktent op Nelspruit lughawe te huur nie?? Ek vermoed die huurgeld, plus kampeerplek se koste, is dalk duurder as luukse rondawel en kleine Jimny.

Sien jy nog kans vir leertjie klim na 'n daktent???

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 28/10/2026 - 07:34

... goeie nuus Len. Hoe lees die slagspreuk op sommige van die ouer Land Rover Defenders: One life, live it.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 28/10/2026 - 08:04

Wessel, op hierdie stadium is my enigste begeerte om binne die Kruger Wildtuin te wees. Ek het na baie lang oorweging besluit om my kampskoene op te hang en het oor langer as 'n jaar al daarmee vrede gemaak.  Ek sal altyd lief bly vir die kamplewe, maar my ouderdom en riskante gesondheid-toestand het my laat besef dis die regte ding om eerder die kamplewe vaarwel te roep. Dit lê tog vir elke kampeerder voor en my tyd het aangebreek.

Wat daktent-klimmery betref, ek sal dit maklik kan doen, maar die risiko van val is net te groot.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 28/10/2026 - 08:05

Gaan groot en geniet dit terwyl jy kans kry, daai rondawel lyk luuks, ek beny jou daai lekker kuier. My gebed is dat jou gesondheid sal hou om dit ten volle te geniet.

1
Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/10/2026 - 08:21

Môre Len, dit was 'n onnadenkende vraag gewees. Ek wil nie eers op my jong ouderdom 😁met daktent leertjie sukkel nie.

Ons is Mei volgende jaar in willetuin, gaan mekaar mis daar. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 28/10/2026 - 11:53

Dit is goed om selfs met veranderende omstandighede plan te maak om in die Kruger te kan kom. 

Mooi man.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 28/10/2026 - 12:49

Lekker .....klink opwindend oom Len. Ek dink daar is baie voordele aan om die vlieg opsie te kies. Ek kyk kort kort na Airlink se videos hoe hulle daar in Skukuza land....lyk ongelooflik, maar daai vlug is duurder as Nelspruit toe, maar wil myself nog eendag treat met so n vlug

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 29/10/2026 - 11:55

Gegewe my omstandighede het ek nie eintlik meer 'n ander keuse as om Wildtuin toe te vlieg nie, maar ek het tog 'n bietjie gekyk na die kosteverskil tussen reis per motor en viegtuigkoste.

Airlink retoervlug tot in Nelspruit :  R5 179

Motorhuur 11 dae en 2200km - Toyota Starlet Cross :  R5 465

Totaal : R10 644

Sou ek met my Pathfinder reis teen 11kpl beloop die koste R6 335 en twee oorslaapkoste van R 1700 elk, dus R3 400 - Totaal R9 735  Dit sluit natuurlik nog 4000km se slytasie en risikos uit.

My verblyfkoste in Skukuza se nuwe opgeknapte rondawels is R20 513 vir 10 dae.

Hoe sê ChrisB altyd, " 'n bietjie nuttelose inligting".

Ek berus maar hierby, maar kamp in die Wildtuin bly koning !

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 29/10/2026 - 13:00

Ek sou ook die einde van die jaar opgery het Jhb toe na die kinders en kleinkinders. Daar het egter 'n "spesiale"aanbod opgekom met Airlink na Lanseria lughawe vanaf Kaapstad. Kry toe 3 retoer kaartjies vir R9300. FLYSAFAIR se pryse op daardie stadium was oor die R14000. Dit was toe vir my die logiese keuse om eerder te vlieg as per pad te reis. My dogter hulle het 3 voertuie en skoonseun het 'n voertuig vir ons aangebied vir die tydperk daarbo. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/10/2026 - 15:15

....wyse besluit om te vlieg.

Ek kyk jou beraming van 2 aande se slaap in een rigting, en besef jy voorsien dat die 3de oorslaap seker by familie in Pretoria is. 

Ek weet 'n Toyota maak 'n pad [tydgewys] kort, maar 2 aande oorslaap van jou huis tot in Nelspruit is effe min.😁

   

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus