Sê Von vir my nou vanoggend. " Lyk my ons bly in calamity central".
Twee weke gelede kry sy ń erge sinusinfeksie agv allergieë. Die Olienbome blom, die hele wêreld hier is onder ń laag stuifmeel.
Dag na ons dogter by lughawe aflaai, begin sy nies, en toe hoes en nou het sy so " rattling" hoesie.
Verlede Dinsdag werk ek kop onderstebo by my ou Nissantjie, vonkverdeler afgehaal en omgebou na ekektronies. Kom regop, en daar seize my rug. Geskuifde kussingkie...... nou loop ek soos ń ou man met ń dr.l in sy broek, kan nie kouse aantrek nie, doen strekoefeninge elke halfuur, en moet gereeld lê. Dit behoort glo na ń paar weke, let wel paar wéke, beter te raak.
En ń uur gelede kom Gawie raporteer dat die gastehuise se krag af is, hy wou grassnyer inprop. Db beloer, als is reg, niks getrip nie. Selfde kabel as ons huisie......
Calamity Central klink reg. Hello 2025, bring it on.
Sterkte
Mag die rug gou regkom. Dis vrek sleg as mens gewoond is aan rondbeweeg en beweeglik wees en iets haak uit of kry seer.
Ek het eergister uit die bloute jig in my linker groottoon gekry. Ek het nie skaap geëet nie (dis wat my gewoonlik ‘n aanval gee) en het Sondag laas alkohol gebruik. Toe ek so 11:00 agter my lessenaar opstaan toe voel ek dis seer en teen uitvaltyd kon ek skaars loop.
Daardie aand het ek behoorlik les opgesê. Ek het rumatiekpille wat ek drink as ek ‘n aanval kry, maar die het tuis gelê Wornsdag. Dit was teen gister beter maar steeds seer, en vandag voel ek dit nog net as ek daarop trap of die toon beweeg. Ek hoop die allergie en die rug voel gou beter.
Sterkte Herman …
Sterkte Herman dit is nou 'n terugslag vir julle.
Hoop op spoedige herstel vir julle tweetjies.
Strek oefeninge is nou een ding wat ek lui is om te doen vandat ek ophou kompeterend wees. Weet dit is goed vir jou maar ai ek sukkel.
Chris S....
....sommer so bietjie boereraat, indien jy nie die produk ken nie.
Kry by die apteek vir jou A.Vogel se Multiforce Alkaline powder, en drink dit voorkomend.
Volgens my huisarts moet ek so 2 liter water/dag drink om suur uit die niere te was. Jig is seer, maar nierstene is veel erger.
Neef Herman
Sterkte met rug. Dit is nie lekker.
Mag die rug gou reg kom.
Sterkte.
Ai nee man, ................
...............wat is dit dan met julle jongerige ouens en skete !
Die lewe is 'n lied, vra maar vir 'n oubok, sonder probleme (op die oomblik).





Herman...
Die enigste "calamity" is jou rugkussinkie. Dit is bollie van 1ste water. Yvonne se allergie kan verdwyn, en jy sal gou die elektrisiteit uitsorteer.
Dis daai bleddie klein jakkalsies wat mens se lewe [sonder r] so kan bemoerak, wat my meestal net onkant vang..