Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -3 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -4 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -8 hours ago

Toeka se sleepvoertuie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Herman se inset vanoggend het my die gesprek laat begin.

Kom ons gee ons bietjie oor aan die goeie ou dae toe; "men were men and smoke Gunston" en "women were double ....."

Terug na Herman se Valiants, rondom 1968 het jy hulle gekry in modelle--Rebel, Regal en VIP. Die Rebel het 'n reguit 6 gehad van 3.8 liter. Jy kry nog te koop deesdae  vir so R130 000. Baie gewild gewees, en blykbaar die beste outomatiese ratkas daai dae gehad.

Daai tyd was die tyd van die "muscle" karre---Ford Fairmont, Fairmont GT, Perana 1.6 tot 3l met V6 enjin. Dan die lekker ou 8 sitplek Ford Fairlanes, baie gewild gewees by die groot gesinne.

Met die Chev produkte sal julle moet help, ek onthou die  Kommando, Constansia, Impala. Ook reguit 6 en V8's. As ek reg onthou het die Constansia net 2 ratte outomaties [power glide?] vorentoe gehad.

Daai dae het Mercedesse en BMW's so effe in die landelike boere mark begin inbeweeg. Ek onthou byvoorbeeld die BMW3.0S, 'n sedan/gesinskar, wat jy met handskoene [leer]  moes hanteer. Kringe om die Ford en Chevs gehardloop. BMW en MB het toe reeds onafhanklike vering [spiraal] gehad, en die ander nog bladvere. 

Daai dae het min mense met Audi's woonwa gesleep, seker omdat dit voorwielaandrywing gehad het.

Nou moet julle ouens deelneem en selfs foto insette van die karrelaugh sal geniet word. Korrigeer asb as my geheue my in die steek gelaat het met sekere inligting.

 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 11:24

Die het veel later woonwa en boot-slepers geword. Hier en daar het mense met enkelkajuite woonwa gesleep, as ek terugdink aan my kinderdae op Hartenbos. 

Dit was die Ford F150, Chev, CMC Dodge dae. Die Ranchero's en Holden bakkies, effe sag vir werk en gebaseer op Fairmont en Holden Monaro het ook hier en daar verskyn.   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 30/01/2025 - 19:01

Nuuskierigheid het my laat gaan loer wat die " Sleep voertuie" van hier vroeg in die 1970's se  engine specs was. Nogals interessant.

Chev 4.1 115kw 329 Nm

Ford straight 6 3.9l 96 Kw 319 Nm

Valiant V200 3.7l 108Kw 272 Nm

Mercedes 2.8 straight 6 115 Kw  245 Nm

Bmw 2800 CS 125 Kw 234 Nm

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/01/2025 - 19:42

...was in vandag se terme maar ondervoed. Die Chev en Ford het darem meer as 300Nm gelewer. 

Daai MB280, veral in die klein bak, kon nogal hol, maar skielik lyk daai 245Nm maar min vir sleep.

 

Dan was daar ook nog die Cortina's , die Ford  Granada's en die VW kombi's met die v6 ford masjiene. laasgenoemde kon net nie lekker koel loop nie.. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 30/01/2025 - 20:04

Hallo julle.

Ek het groot geraal in n VALIANT REGAL.  Dit was n awesome motor/kar.  Ek gaan nou soek vir n foto maar hy het ons Spreite Alpine gesleep soos n droom.

Hy het n bagasie bak gehad vir nog 6 tente.  Maar hy was n liter eater.

Lekker aand. 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 31/01/2025 - 06:36

Herman, ek dink weer daai spesifikasies is eintlik nie te sleg vir daai tyd. Enige iets oor 220Nm is tog sterk genoeg om te kan sleep, veral as jy in ag neem dit is petrol.

My 280 Dt Isuzu het ook maar net  74kw en 224Nm standaard gelewer. Ek het wel 'n Cirrus Intercooler laat insit en die ratverhouding  verander, en toe was die krag baie meer aanvaarbaar en aangenaam vir sleep. (100km en 309Nm). Met die verandering het die rewolusies met 750 rpm verminder in 5de rat, wat ook die gewone rit baie meer gemaklik gemaak het. Voor die verandering was dit 3200 rpm teen 120kph teenoor amper 2500 rpm.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/01/2025 - 07:29

....ons moet nie toeka se karre se wringkrag met hedendaagse bakkies vergelyk nie. Ook nie eers met jou 280 Isuzu nie. 

Bakkies het totaal ander tipe ratkaste en ewenaars in, ingestel op spoed, en bakkies s'n vir wek en vrag karwei/sleep.

Ek dink egter dat wat op 'n stadium beskikbaar is/was , was net aanvaarbaar. Vrede gemaak om stadig te sleep. Nou se dae wil ons beweeg, bult op en af teen verkieslik bo 100km/hrwink 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 31/01/2025 - 07:47

Nie algemene kennis nie maar die Valiant was op sy dag die top verkoper in Suid Afrika....wil nogal gedoen word met 'n 6 silinder. Die enjin was ook grootliks volledig plaaslik vervaardig, ek was in die 70's 'n beurshouer van die groot ingenieurs groep Dorbyl (kort vir Dorman Long Vanderbijl) en hulle het o.a. die enjins se krukaste asook die blok en 'n paar ander goed vervaardig. Wat hulle outo ratkaste aanbetref was daar niks beter daai tyd beskikbaar nie. Wat sleepspoed aanbetref was dit seker ook maar 'n funksie van die paaie destyds, bv. die pad tussen Jhb en Durban was uiters smal, Van Reenens Pas was 'n riller (smal met baie skerp draaie, nie die mooi pad van vandag nie). Wat wel die screamy meemies uit my pa ge-irriteer het was die klomp karavaan slepers wat die gewoonte gehad het om in sulke groepe van 5+ te sleep teen 'n slakkepas met geen gaping tussen hulle nie...het dit byna onmoontlik gemaak om met ons destydse Opel Rekord Olympia by die spul te kon verbykom. Seker ook hoekom baie mense vandag steeds niks van karavaan slepers hou nie!

Daar was daai tyd ook nie juis minibus taxi's nie...ouer Valiants het gewoonlik hulle pad gevind na die taxi bedryf toe, verbasend hoeveel mense in daai Valiants kon pas!

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 31/01/2025 - 07:47

Wessel, ek vergelyk nie my bakkie met daai voertuie nie. Ek het maar net 'n voorbeeld gegee.  As jy daai voertuie se krag met vandag se petrol voertuie (sonder turbo's) vergelyk, dan is dit heel aanvaarbaar. Baie van daai voertuie het ook net 3 spoed outomatiese ratkaste of 4 spoed handratkaste gehad. 

Ek het die voorreg gehad om by my Oupa-hulle groot te word. Hy het 'n Zodiac v8 gehad (Basil green) en daarna toe koop hy vir hom 'n splinternuwe Chev Constantia 1969. Lieflike voertuig en het geloop.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/01/2025 - 09:18

....my opmerking was niks persoonliks nie. 

My Pa het 'n reguit 6 Chevelle [1968] gehad. Eenkeer ry ons rugbyspannetjie per "pa se karre" via R62 na Ladismith en daar was ook 'n MB 250se in die bondel. Op die plat dele en draaie het hy onder ons uit gery, maar teen die lang bulte het die Chevelle en Fairlanes weer opgevang.

Wat teen die BMW's en Benze getel het vir woonwa sleep, was die onafhanklike vering agter. Die swaar ou Jurgense, met gekromde ou stabiliseerdes en al, het daai gatkante grond toe gedruk, dat daai agterwiele so teen 'n hoek gestaan het. Die duurder MB, soos 280 en op, het oor die ewenaar agter 'n ekstra kompenserende skokbreker gehad. Die' het met die op/af beweging stywer gepomp en so die sak van stert tee gewerk.

    

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/01/2025 - 09:22

....ek stem saam met jou Valiant opmerkings.

Net 'n regstelling, die omies het nie aspris so 5+ saamgesleep nie. die 2de ou het net nie genoeg woema gehad om die ou voor hom verby te steek op die enkelbaan paadjies nie.

Dit was moeilik om die kontrepsie in die pad te hou met padkos frikadelletjie in 1 hand, en pyp in die ander hand. Dit nog sonder kragstuur ook. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 31/01/2025 - 09:54

Jy vergeet van die oompie se lap hoedjie Wessel...jy is mos 'n boffin in die dra van lap hoedjieslaugh 

Wessel op 'n heel ander noot, een van my oud kollegas wat ook steeds konsultasie doen is op soek na iemand wat weet van die toets en sertifisering van hoë druk stelsels (teen API standaarde dink ek). Dis mos een van die belangrike areas in kern stelsels...jy het nie dalk kontakte nie? (stuur sommer vir my 'n Whatsapp na nul agt drie 417 75vier een) 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/01/2025 - 10:59

....dan is die saak mos reg.laugh

Hoekom het jy daai veranderinge laat aanbring??

Ek het op 'n stadium daaraan gedink om my 260 Isuzu se krukas te laat verander om beter kraglewering teen laer rewolusies te kry, en toe maar gelos. 

Die 260 petrol het maar 205Nm gelewer, maar het 'n bielie van 'n ewenaar gehad, met verhouding 4.777.  Dit het gehelp met sleep, maar spoed was laag.  

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 31/01/2025 - 11:17

Wessel, my groot rede was om bietjie meer "sleepkrag" te kon kry. Die Intercooler was ook om die uitlaat temperature af te bring. Dit het altyd gevoel of ek die enjin moor teen 'n spoed van 120kph en rewolusies so hoog. Met die hoër wringkrag kon ek baie gemakliker teen laer rewolusies ry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus