Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nossob se "hide" Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -52 seconds ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
N12 Oktober 2026 saam gesels Geert -9 minutes ago
Ons het in presies dieselfde… Media24 se koerante en… neef Herman -18 minutes ago
N1 vs N12 Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie Goeie Hout Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Soldate in DRK.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Neef lees maar net wat die joernaliste en politici kwytraak. My TV is lankal nie meer in gebruik vir nuuskanale nie, kyk eerder op Internet, en dan baie versigtig om als net te glo.

Hier by is nou ń vreeslike moddergooiery oor die troepe wat slegs in ń "ondersteunende" hoedanigheid ontplooi sou word. Nou lei ek af dat die situasie op die grond sodanig verander het, dat hulle aktiewe deelname nodig was. Daar was ongevalle, soos in ñ aktiewe militêre konfrontasie sal gebeur. 

Eerstens verstaan neef dat die profesionele soldate is. Dat hulle opleiding sodanig is dat die spesifieke take waarvoor hulle aangewend sal word, in lyn is met die opleiding en dus vaardigheid?? deeglik ingeoefen. Dat die leierskorps voldoen aan wat verwag word.

Nou verstaan ek is daar nie ń Lugmag vliegtuig of enige ondersteuning  beskikbaar om die, noem hulle " krygsgevangenis" wat ń agterdeur oop kry, te gaan haal nie. Nie eers die gewondes te casevac nie. Wat doen dit aan ń soldaat se moraal.

Om op te som is hierdie so klap in die gesig vir elke burger in die land, dat ek my kop in skaamte sak. 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/01/2025 - 20:00

Ek is jammer vir die lewensverlies, maar ek gaan my nie skaam nie, want die gewone landsburger is nie te blameer nie.

Wat is die waarheid;

die minister seg hulle is daar om vrede te bewaar, die ander sê dat hulle ammunisie kort. Skiet hulle so baie om vrede te bewaar? Word die ander vredesmagte ook aangeval en gewond??

Daar word ook gespekuleer dat plaaslike magte onder dekmantel daar is, om mynbelange van hooggeplaasdes uit eie bodem te beskerm.  

Ek vermoed dat totale weermag in totale onbevoegde wanorde verval het. 1MIL in Pretoria wat toentertyd seker van die beste hospitale was, wat toerusting en medici aanbetref, is glo nikswerd. So waarheen moet die troepe [gewondes] afgevoer word.

Nou word Denel genoem as die sondebok,wat sekere toerusting nie verskaf het nie. Hoe word kontrakte aangegaan en in 10jaar volg niemand op, as daar niks gelewer word nie. Maak nie sin vir my nie.

Dan is daar die bekgeveg tussen Ramaphosa en Ruwanda president, wie vertel die waarheid. 

Nee wat, net die regering van die dag, met korrupsie en kader ontplooiing is te blameer vir die gemors. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 31/01/2025 - 20:59

My gesprek het nie met ń politieke inslag nie. Die onvoldoende opleiding,of dan standaarde, is vir die Omie problematies.

Help regtig nie ek gee vir Cyril die skuld dat slegs 30% van skoolkinderds wiskundige geletertheid deurkom nie.

Dat die toelatingsverysdes vir PF, of Staande mag,  matriek met Universiteitstoelating is, sê vir my die Soldate is uitsoek materiaal.

So, waar is die fout?? Los dit maar daar.

Elk geval. Lank gelede het ń goeie maat vir my vertel. " Die dag as die ANC nie meer aan bewind is in die land van ons nie, wil jy nie hier wees nie". 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/02/2025 - 07:33

Môre Herman, jou laaste sin hierbo noop my om die vraag te vra.

Wie/watter party is nou rerig aan bewind ??? Streng gesproke behoort dit die RNE te wees, maar wat gebeur in praktyk???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus