Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -14 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -14 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -18 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -23 hours ago

Magistraat sit met 'n dilema

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

In 'n klein dorpie in Texas USA sit 'n magistraat met 'n groot dilema!

Regs langs die plaaslike kerk is daar 'n 'n baie gewilde bordeel, wat finansieel baie goed doen.

Die eienaares van die bordeel - 'n pragtige jong blonde dametjie, besluit toe om haar besigheid te vergroot, sy laat toe groot aanbou, baie smaakvol en nog 30 kamers by. Die plek is uiters gewild, lewer uitstekende diens met kwaliteit personeel, sorg altyd dat die kliente se behoeftes eerste kom!

die pastoor en sy gemeente is uiteraard baie ongelukig dat die huis van swak reputasie reg langs die kerk is, van die bordeel kliente gebruik soms die kerk se parkeerterein!

Pastoor reel toe 'n biduur een Woensdag aand om te bid teen die euwel. Die hele gemmente plus baie inwoners van die dorpie, wat nie lidmate van die kerk is nie daag op en daar word ernstig gebid. Daai nag isdaar 'n hengse elektriese storm en 'n weerlig straal slaan die huis raak en die hele plek brand tot op die grond af, gelukig sonder enige lewens verlies of beserings!

Die blonde eienaares dagvaar toe die kerk vir opsetlike saak beskadiging, en sy eis vir die herbou vand die gebou plus verlies van inkomste.

Die kerk staan die eis teen en hul prokereur voer aan dat dit 'n natuur ramp was en heel buite die kerk se hande.

Nou sit die magistraat met die dilema, hy reken hy het 'n hele gemeente met hul pastoor wat nie glo aan die krag van gebed, en hy het 'n hele spul prostitute wat nog nooit in die kerk was wat vas glo aan die krag van gebed??

Het iemand raad vir die arme man?

 

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 21/05/2017 - 20:14

Ja, die kerk wat geglo het, skryf dit nie aan die gebed toe nie en die bordeel wat moontlik nie geglo het nie, glo nou dit was die gebed.    Hier is nogal 'n groot les te leer in so situasie.   Wys jou hoe die mensdom is....

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 22/05/2017 - 13:15

Die magistraat moet vir die kerk en die bordeel vra om albei te bid.   Elkeen moet vra vir wat hulle wil hê die uitkoms van die hofsaak moet wees.   Dan moet hulle kyk wie se gebed word verhoor.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus